Openbare beskermer gevra om Clifton-herrie te bekyk

Betogers op Clifton se Vierde Strand waar hulle ʼn skaap geslag het as deel van ʼn betoging teen rassisme. Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Die ANC in die Wes-Kaap wil die openbare beskermer vra om die beweerde voorval van rassisme in Desember op Clifton se Vierde Strand in die Kaap te ondersoek.

ʼn Herrie het in die Kerstyd ontstaan nadat dit aan die lig gekom het strandgangers is aangesê om die strand te verlaat. Die strandgangers, onder wie die ANC se provinsiale sekretaris, Faiz Jacobs, en sy familie is na bewering deur die private veiligheidsmaatskappy PPA aangesê om die strand te ontruim nadat lede van die firma ʼn aandklokreël vir 20:00 ingestel het.

Mense het woedend op PPA se optrede gereageer en dit vergelyk met die wetgewing tydens die apartheidsera toe swart mense verbied is om sekere strande te besoek wat vir wit mense gereserveer was.

Die kwessie het tot ʼn rasseherrie in die Kaap aanleiding gegee. Die burgemeester, Dan Plato van die DA, het ontken die voorval het iets met ras te doen en het die ANC daarvan beskuldig dat hulle goedkoop politieke punte probeer aanteken.

Die strand het intussen die middelpunt van gemeenskapsbetogings oor die Kerstyd geword.

In sy brief aan die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, vra Jacobs sy moet vasstel of PPA met die toestemming van die Stad Kaapstad of sekere raadslede opgetree het, onder andere JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, of belastingbetalers vir hul dienste betaal, of PPA geldelik tot die DA bydra en of PPA ʼn geregistreerde veiligheidsmaatskappy is.

Die stadsraad ontken dat hy enigsins by die voorval betrokke was en beskuldig PPA daarvan dat hy sy mandaat te ver gevoer het deur die strand te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alida ·

Natuurlik sal die onbekwame zuma aanstelling bevind dit was rasisties.Almal is gevra om te loop ongeag kleur.

khat ·

Natuurlik sal ANC nou wi punte werf dis die anc se taktiek om propeganda te verspry wat van al hulle kaders wat die land se koffers leeg plunder en vir julle infromasie almal is gevra om die strand te verlaat want ek stem saam wit en maak nie saak wat se kleur jou vel is nie ek stem dis in elk geval te gevaarlik om daai tyd in aand op strand te wees ons polisie kan jou nie beskerm nie hulle vang dronk bestuurders op ons paaie so ek stem dit het niks met ras te doen nie anc kom by of verlaat die regering

PJC ·

Hierdie klomp sal enige geleentheid wat opduik gebruik om amok te maak.

Johanna Botha ·

Daar jaag ons die oorsee se besoekers mooi weg ….weg is nog meer werksgeleenthede .. .baie slim van die mense ! ????

Jack Sadie ·

Die media het hierdie voorval toetentaal deur die hoender se agterend geruk. ‘n Persentueel onbenullige groepie wou aandag trek. En die sensasiebeluste media het dit aan hulle gegee. Swak Petoors!

Hannes ·

Wonder of Maroela al tyd gehad het om die verklaring uitgereik deur die sekuriteits firma te bestudeer.
Hoor graag julle kommentaar daarop.
Dankie

Lourens ·

Ek het ‘n berig van Times Live gelees waar hul onderhoud voer met die sekerheids firma se CEO, en volgens hom het hulle net die mense op die strand om 20:30 ‘n “heads up” gaan gee oor kriminele elemente wat by strand 3 bedrywig was. Hulle het blykbaar nié die mense aangesê om die strand te verlaat nie.
So hoe nou, wie lieg.

Grassie ·

Kyknet nuuskanaal het ‘n eensydige berig uitgesaai oor die “rassisme” op Clifton. Een of ander swart minister het ‘n laaaang spreekbeurt gekry en uitgepak oor die rassisme van die wittes. Gelukkig het gewone besoekers die gebeure afgeneem en op faceboek geplaas. Dit dui aan hoe die skaap lewendig aan sy ore gevat en see-in gesleep is – dit was simbolies hoe die witmense in die see in gesleep gaan word. Daarna is die skaap se slagaar afgesny sodat die bloed op die sand spuit, simbolies oor hoe die witmense se bloed vergiet gaan word. Tussendeur kon jy die deelnemers hoor dreunsing “one settler, one bullet”. Daar was ook haat slagspreuke op T-hemde te sien. Nou wie is nou die werklike rassiste en geweldstokers? Die werklike feite is deur Kyknet verdoesel, soos wat hulle maar gewoonlik doen. En hul eensydige weergawe is die wåreld ingestuur.

Diefie ·

Nou is ek alweer “confused”. Op ‘n kol is daar gesê dat dit iets te doen het met een of ander tradisie!? Nou ‘n betoging teen rassisme?

Mariette ·

Als een nederlander kan ik van ver maar net se dat julle in SA die mooi land en sy kinders vernietig. Is het klaar gevlug Nederland toe nadat ik 20 jaar in SA gebly het. Al wat mooi is in die land maak julle blank en swart stukkend

Linette Sauer ·

Als een Nederlander is jy presies waar jy hoort. Jy het dalk in Suid-Afrika kom ryk word en geskep terwyl jy kon. Daarom noem jy jouself ‘n Nederlander.

Lj ·

Hierdie was opsetlikke moeilikheid soekery, jy mag nie diere op enige openbare plek slag nie punt. Nou is die skuldiges onskuldig en die onskuldiges skuldig en as jy nie jou sin kry nie is dit rassisme.

Wonner ·

Gaan die SPCA die saak ondersoek van die skaap wat daar geslag is of is dit toelaatbaar?????

Lanie ·

Dis belaglik. Daar is nie toiletgeriewe vir die publiek nie. ??????

Justice ·

`n Mors van tyd – die Publieke Beskermer het nie die mandaat om privaat instansies te ondersoek nie – slegs staatsinstellings. Die PB kan eerder dringend aandag gee aan belangriker sake van wanbestuur wat sedert 2012 by hul kantoor sloer.

mc ·

Iewers moet joernaliste aanspreeklik gehou word vir die vals nuus wat hulle die wereld instuur, Die helfte van die politieke gemors gaan oor vals nuus, en elkeen spring soos ‘n aap op die wa.

Linette Sauer ·

Een vragie: Verlaat lewensredders nie die strand op sekere tyd nie? Ek glo dit is vir veiligheidsredes en om kans te kry om skoon te maak vir die volgende dag se besoekers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.