Openbare beskermer moet Gupta-verslae vrystel

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer

Die Demokratiese Alliansie het Sondag die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gemaan om verslae vry te stel oor die welgestelde Gupta-familie, en gesê dit sê baie dat sleutel politieke figure nie in een van die verslae genoem word wat Mkhwebane tot dusver vrygestel het nie.

Dit volg ná berigte Sondag dat Mkhwebane versuim het om verskeie verslae oor die Guptas vry te stel. Die DA het haar versoek om dié verslae Maandag tydens haar perskonferensie vry te stel, in die belang van deursigtigheid en die Suid-Afrikaanse publiek, het Glynnis Breytenbach, woordvoerder van die party, gesê.

“Mkhwebane het die afgelope agt maande versuim om minstens vier verskillende ondersoeke oor die Gupta-familie vry te stel,” het Breytenbach verduidelik.

Dié verslae sluit in, maar is nie beperk nie tot:
– die verslag oor die ondersoek nadat die DA ʼn klag gelê het oor die onwettige landing van ʼn vliegtuig met Gupta-trougaste by Waterkloof-lugmagbasis in 2013;
– verskeie verslae oor die ondersoek na die verhouding en finansiering van Gupta-media The New Age, staatsbeheerde instansies soos die SAUK en die Noordwes-regering; en
– die verhouding tussen sekere ANC-politici en die Guptas.

“Dit sê baie dat sleutel politieke figure nie in een van die verslae genoem word wat Mkhwebane tot dusver vrygestel het nie, ondanks die feit dat daar talle klagtes teen die betrokke individue gelê is,” het Breytenbach bygevoeg.

“Gegewe die vlaag van verslae wat aan die lig gebring het hoe groot die ANC se staatskaping is, is dit nou meer belangrik as ooit dat die openbare beskermer ondersoek moet instel en verslag moet doen sonder vrees of voordeel.

“Die DA was besorg oor haar aanstelling en spesifiek dat sy nog altyd in en rondom die regering gewerk het en spesifiek aangedui het dat sy ʼn ‘vriendeliker verhouding met die regering wil hê’, wat nou klaarblyklik die waarheid is.

“Mkhwebane het egter nou die geleentheid om in die beste belang van die Suid-Afrikaanse publiek op te tree en die verslae vry te stel tydens haar perskonferensie en die DA moedig haar ten sterkste aan om dit te doen,” het Breytenbach gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

snoefie ·

sy weet aan watter Kant haar brood gebotter is. sulke openbarepostem moet due kandidate deur die opposisie partye voorgestel word.

kitta ·

dit behoort goed te werk. as ob, polisie, weermag kommissaris, hoofregter kandidate deur fie opposisie partye voorgestel word. keer bet vir die eff se kandidaat.

Anoniem ·

Snoefie, ek stem 100% saaam met jou. Die openbare beskermer moet nie deur diegene aangestel word teen wie die publiek beskerm moet word nie. Hierdie nuwe openbare beskermer is glad nie haar sout werd nie. Kan mens haar nie aankla omdat sy nie haar werk ordentlik doen nie?

wouter se mouter ·

Vir my is n advokaat iemand wat gereeld in die hof verskyn. Ek weet nie hoekom sy rondloop en vir die mense vertel sy is n advokaat nie as sy (waarskynlik) nog nooit namens enige persoon in enige hof verskyn het nie.

santie ·

Sy het seker die regte “pampiere”. Ek is net bekommerd aan watter kant sy is.

Jennie ·

Wat gebeur deesdae in daardie kantoor. Hoor niks. Geen verklarings. Geen verslae. Is daar dan nou nie meer sake om te ondersoek nie?

Michael ·

My opinie is dat sy n hansie my kneg is vir Zuma en nie vertrou moet word nie .Tuli madonsela het haarself bewys dat sy onafhanklik is en vertrou kon word

John ·

OB uitgeskryf spel o, wee… Hoe klink daai liedjie Puppet on a String nou weer…

Grassie ·

Sy het onlangs aangekondig dat sy die staatskaping-bewerings gaan herondersoek en dat die ondersoek twee jaar sal neem. Dit is beslis bloot vertragingstaktiek want dan het Zuma se termyn reeds verstryk en intussen knoei hy en sy geldbase lustig voort. Sy is duidelik ‘n Zupta-dissipel en ek dink nie die DA gaan veel uitgerig kry nie.
Dit is skrikwekkend om te sie hoe diep Zuma en sy korrupte vriende hulle in die land se ekonomie ingegrawe het en ook ontstellend om te sien dat die ander ANC-leiers niks daaraan doen nie. Miskien kan hulle niks doen nie. Miskien kan die pot nie die ketel verwyt nie.

Anoniem ·

OB bestaan nie meer nie want die demokratiese republiek bestaan nie meer nie. Sy is die ANC Beskermer vir die ANC kolonialisering van Suid Afrika!

zoom zoom ·

Sy is daar geplaas in daai pos deur die zuptas om hulle te beskerm. Sy gaan nie in hulle slegte boekirs wil kom nie.

petro ·

Sy is maar net weer n pion van Zupta en die Guptas wonder net hoeveel miljoene sy aangebied is

al ·

Hierdie verslae is baie ernstig en die politieke partye en publiek het die reg om te weet. Dis ñ skreiende skande dat hierdie verslae met ñ slaphand hanteer word.
Dis waarom misdaad handuit ruk – want die regering en betrokke partye is geen voorbeeld vir ons landsburgers en jeug nie. Ñ Kultuur word geskep en gevoed van ek vat wat my nie toekom nie.

Jan ·

Intussen het sy ABSA skuldig bevind en beboet. Jip, haar groot bydrae gaan wees om as buffer en weerligafleier vir Zuma en die ANC te dien. Sy gaan verseker nie die party en baas aan wie sy behoort ondersoek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.