Openbare Beskermer ontvang US-eregraad

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Donderdagoggend ʼn “ere-Matie” geword met die toekenning van ʼn eregraad aan haar deur die Universiteit Stellenbosch (US).

“Sy het die eer opgedra aan haar personeellede en gesê haar span doen die werk asof hul lewens daarvan afhang,” het Oupa Segalwe, woordvoerder van die OB, in ʼn verklaring gesê.

Madonsela was een van drie persone wat ʼn eregraad ontvang het. Eregrade is ook toegeken aan die internasionaal bekende fisikus, prof Neil Turok, en die visioenêre sakeleier, Michiel le Roux.

“Die graad Doktor in die Regsgeleerdheid (LLD), honoris causa, is aan Madonsela toegeken vir haar onwankelbare toewyding aan die Grondwet, haar bydrae om diskriminasie deur middel van wetshervorming uit te roei, en haar rol as onverskrokke kampvegter vir geregtigheid,” het Martin Viljoen, woordvoerder van die US, in ʼn verklaring gesê.

Die Fort Hare-universiteit het in 2013 ook ʼn eregraad aan haar toegeken.

“Le Roux het die graad Doktor in die Handelswetenskappe (DComm), honoris causa, ontvang vir sy revolusionêre vernuwing van die Suid-Afrikaanse bankwese deur ʼn eiesoortige bankstelsel te skep wat in die werklike behoeftes van veral die laerinkomste-gedeelte van die bevolking voorsien,” het Viljoen bygevoeg. “Die graad Doktor in die Natuurwetenskappe (DSc), honoris causa, is aan Niel Turok toegeken vir sy uitnemende bydrae as fisikus en kosmoloog, en sy voortgesette beywering as onderwysaktivis om die wetenskapswêreld vir ander Afrikane te ontsluit.”

Die US ken jaarliks eredoktorsgrade toe om erkenning te gee aan uitnemendheid op ʼn verskeidenheid vakterreine en om sulke individue as rolmodelle vir die universiteitsgemeenskap te identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

J.Z ·

Maak haar die president sodat SA weer aansien in die wereld kan kry.

CHRISTA ·

EK STEM! EK het lankal gese “the right man for the job is a woman’ en ons hoef nie eers verder te soek nie!!!

Manna Pieters ·

Dis ‘n vrou waarvoor mens net respek kan hê. Sy verdien die toekenning. Dis Suid Afrikaners soos sy wat ons trots maak.

Theo ·

n Bittere baie dapper vrou, onder uiterse moeilike omstandighede, wat miljoene Suid Afrikaners hoop gee. Welverdiend!!

Gideon Roos ·

Sy en haar span is heelwaarskynlik die enigste mense in die hele staatsdiens wat hulle werk DOEN. Sy het my volle ondersteuning en respek.
Dit is wat gebeur as jy iemand aanstel wat die kwalifikasies het om ‘n werk te doen, en nie omdat hul velkleur jou ‘n BEE sertifikaat sal gee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.