OB soek duidelikheid oor haar mag

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het ʼn aansoek ingedien waarin sy ‘n hofuitspraak dat haar bevindinge en regstellende stappe nie bindend is nie, betwis.

Die aansoek hou verband met die DA se hofsaak teen Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK. Regter Anton Schippers het verlede maand in die DA se guns beslis en beveel dat die SAUK Motsoeneng moet skors en dat daar binne 14 dae dissiplinêre stappe teen hom geneem moet word.

Schippers het in die uitspraak sy interpretasie gegee rakende die rol van die Openbare Beskermer. Madonsela het vroeër vanjaar ʼn verslag bekend gestel oor Mostoeneng waarin sy bevind het dat sy aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ʼn salarisverhoging van R900 000 (van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen) gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies. Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ʼn nuwe bedryfshoof aangestel moet word. Die minister van kommunikasie het Motsoeneng egter in Julie permanent aangestel.

Die DA het aansoek gedoen om ʼn tussentydse interdik om Motsoeneng te skors hangende ʼn hersiening van die besluit om hom aan te stel. Motsoeneng het intussen ook geappelleer teen die hof se beslissing dat hy geskors moet word.
Schippers het onder meer in sy uitspraak gesê: “Anders ‘n bevel of beslissing van ‘n hof, is ‘n bevinding deur die Openbare Beskermer nie bindend op persone en staatsorgane nie. Maar die feit dat die bevindinge van en remediërende optrede deur die Openbare Beskermer nie bindende besluite is nie, beteken nie dat hierdie bevindinge en remediërende aksie blote aanbevelings is wat aanvaar of verwerp mag word nie.”

Madonsela het haar kommer uitgespreek oor die “wydverspreide verwarring” wat die uitspraak tot gevolg gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JJOBSON ·

Thuli praat te sagkies,sy word all over power – haar body sal later i teiken word. Die spreukwooed sê SKIET OM DOOD TE SKIET aldus RIA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.