Openbare gedenkdiens vir Ollie Viljoen

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Vriende, familie en aanhangers van Ollie Viljoen kan dié musieklegende Vrydag vir oulaas groet.

Viljoen is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede. Hy het in sy slaap heengegaan nadat hy verlede week weer in die MediClinic Panorama-hospitaal in Kaapstad opgeneem is weens ernstige probleme met sy bloedsomloop.

Sy dogter, Enel, het aan Maroela Media gesê haar pa se gedenkdiens vind Vrydagmiddag om 16:00 by die NG Moedergemeente in Stellenbosch plaas. Die publiek is welkom om die diens by te woon. Talle bekendes in die vermaaklikheidsbedryf het reeds aangedui dat hulle die diens gaan bywoon.

Intussen stroom huldeblyke steeds in vir die bekroonde trekklavierspeler. Die musikant Valiant Swart het Maandag op Viljoen se Facebook-blad geskryf: “Vandag het ek en my gesin lentedag gevier met braaivleis en bier. My seun het vuur gemaak, my dogter het jasmyn gepluk, en ek en my vrou het in die kombuis gedans. Ons het Oom Ollie Viljoen se musiek oor en oor geluister, al vier albums wat ek van hom het: ons twee se ‘Wild en Wakker’ en ‘Vuur en Vlam’, sy ‘Blues en Susters’ met Anna Davel, Lou-Ann Stone, Schalk Joubert en Kevin Gibson, en my gunsteling: sy klavier-album ‘Ollie speel Jim Muller’ – stylvol, effortless, virtuoos, onsterflik.”

Lees ook:
‘Hoop daar is trekklaviere in die hemel’
Ollie Viljoen oorlede
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Gebede vir sieklike Ollie Viljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Garath ·

Oom Ollie, Jy het ons baie ure van lekker musiek verskaf. R.I.V

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.