Openbare sittings by parlement raak verleentheid vir die ANC

Argieffoto

Die openbare sittings voor die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee oor moontlike wysigings aan artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, is besig om ʼn verleentheid te raak vir die ANC-regering.

Só sê Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

“Dit raak duidelik dat die voorleggings nie uitspeel soos die ANC voorsien het nie. Die oorgrote meerderheid voorleggings deur kundige partye is nie net sterk gekant teen die onteieningsvoorstel nie, maar lewer ook skerp kritiek op ANC-beleid en bevoegdheid oor die mislukking van die grondhervormingsprogram tot dusver,” het Mulder gesê.

Die hersieningskomitee is tans besig met sy tweede ronde sittings en die sterk teenkanting teen die verandering van artikel 25 van die Grondwet het na vore gekom. “Hierdie sittings die afgelope vier dae was spesifiek om instellings wat in hulle skriftelike voorleggings gevra het om mondelings te kom getuig die geleentheid daartoe te gee,” het Mulder bygevoeg. “Die teenkanting teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet word duidelik onderstreep deur die feit dat 33 (82%) van die 40 mondelinge voorleggings gekant was teen die verandering van artikel 25. Slegs sewe (12%) was ten gunste daarvan.”

Mulder het gesê die ANC sal hierdie teenkanting, asook die meerderheid teenkanting wat in skriftelike voorleggings uitgespreek is, nie kan ignoreer nie. Meer as 700 000 skriftelike en elektroniese voorleggings is ingedien waarvan sowat 60% teen die wysiging gekant was.

“ʼn Proses van openbare deelname is van die grootste belang om legitimiteit te verleen aan die skep van enige nuwe wet, maar ook aan enige beplande verandering van ʼn wet. In hierdie geval meer so aangesien die land se Grondwet ter sprake is. Alle mense in Suid-Afrika het ʼn gelyke geleentheid gehad om voorleggings te doen, en indien die meerderheid teen die ANC se beoogde verandering aan die Grondwet gekant is, sal dit regtens ʼn sterk saak stel teen enige verandering. Dit sal die ANC loon om hierop ag te slaan. Die mense van Suid-Afrika het gepraat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

humor ·

Aan al die partye en instansies,dankie vir al die harde werk in deelike kundige insette Maar is daar hoop dat hierdie mens met hul gryp kultuur sal hoor.

Johanna Botha ·

Die anc is n verleenheid vir die hele SA ….alles val inmekaar en hulle geraamtes le rye agter hulle… saa eskom prasa ….ag noem maar op …die rand se waarde se presies wat die wereld van die anc en SA dink !

Simon ·

Hulle het uitgehaak toe Ernst die spieël voor hulle ophou.

Basjan ·

Simon, jou kommentaar is nog die beste wat ek nog gehoor het! Wat ‘n treffende vergelyking!

Kobus ·

Geldige vraag, maar vra eerder die VF+ (of is dit -?) eerder direk.

Eish ·

Natuurlik het hul Rotsroets ondersteun!
Elk van die parlementêre stoelsitters het Afriforum erg verkwalik vir die waarheid buiten die VFplus.
Nadat n getuie sy getuienis gelewer het en daar is geen vrae nie, beteken dit eenvoudig sy getuienis word aanvaar. Stilswye is soms n beter antwoord as die gesproke woord. Al die punte het die VFplus reeds in die parlement op verskeie geleenthede geopper.

PW ·

Ten minste het hulle nie saam met die ander hom teengestaan nie (wat die meer polities korrekte din sou wees om te doen).

Eddie ·

Hulle het. Hulle het geen kommentaar gelewer nie, maw hulle stem saam wat gesê was

Grysburger Pretoria ·

Die ANC gaan onteiening sonder vergoeding deurdruk in weerwil van logika of teenstand. Hulle is ten volle bewus van die chaos wat daaruit sal voortspruit maar hulle is bereid om die kans te vat in die hoop dat dit hul eie posisie sal versterk. Alles wat Ernst Roets gesê het is van toepassing op hulle, ‘n Marxistiese beweging teer op chaos en kan nie onbepaald in ‘n ordelike omgewing bly voortbestaan nie. Soos Thabo Mbeki se broer dit raakgevat het, die kwessie gaan nie oor grond nie, dit gaan oor oorlogvoering teen die wittes. Deur die huidige samelewing te destabiliseer weet die ANC hulle behoort gemaklik en ongestoord vir nog 20+ jaar te regeer.

Vryheid ·

Stem saam. NIKS gaan die mag honger anc keer nie, die pad na die verwoesting van die land is klaar begin stap.

FM ·

Ag jong, almal weet wat die VF plus se standpunt is. Het hulle vir Ernst ge opponeer?

Anoniem ·

Mnr. Ramaphosa as Jy Jou verkiesing wil red sal Jy baie sterk moet staan teen die wysiging ! Trots teenoor realiteit LUISTER WAT SÊ DIE HANDELSBANKE ! Loer oor die Limpopo na waar afgetrede Oom Robert sit en loer na Ex-Zimbabwe Boere van weleer wat vir Hom kos produseer het maar waar Hy nou kos moet invoer van die einste Boere wat Hy met Sy Grondhervorming oor die grense verjaag het ! Moenie die WIEL weer wil ontwerp nie ? Asb tog Oom Cyril

Joshua ·

Oom Cyril en sy rassistiese onbevoegde ANC regime is n FRAUD.

Ria ·

Ria. Lief om na dit te kyk…noem dit die “happy hour”…

Staak ·

Dit het nognie die onteiening debat nek om gedraai nie, ons kan met die sterk teenkanting aanvaar dat dit sal geskied soos die wet nou daarvoor voorsiening maak, dit is immers waarvoor die verhore gehou was dan nie.

Gerhard ·

Daar was nog nooit ‘n debat nie, alles net oëverblindery om die doel te bereik.

John ·

Mulder2-sweep-in-die-hand klink miskien moedig, maar waar haat en nyd broei werk g’n raad of raat nie, inteendeel. Onthou, die EFF en skoothond Bluf, wil mos wit banke laat duik, so hier kan 2-vliee-met-een-plakslag bygekom word. Begeerte en die geleentheid om dit te bevredig is nou saam in die kooi. Die dae is boos, soos die oumense altyd gese het, en dit sal erger word. Sjina gaan nou die skild wees teen Trump se waarskuwing en dan gaan die groot gruwels inskop. En as die planne uiteindelik uitskop… who cares… Dan het ons die grond etc… so dink die massa ‘wil-he-e-e- ers’. Dis sad maar ‘n feit. Die boere wat vir grond wil sterf sal nie eers op daai grond begrawe mag word nie… As die skrif aan die muur duidelik uitsyfer, lees… Is dit nie hoekom ons in gr 1 so moes gesuffer het nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan lees die ANC se Vryheidsmanifes:
The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!
Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;…..
To banish famine and “LAND HUNGER”?? Daar staan dit…..LAND HUNGER. En dit is wat hulle gaan doen…..terwyl ons besig gehou word met ‘n kamtige “wêreld-klas konstitusie”???

Eina ·

Wat het die VF+ (a.k.a. die Mulder/Groenewald familie klub) die afgelope 30 jaar vir die Afrikaner gedoen? Behalwe om ons aan die slaap gesus? Dit het ‘n minderheids regte groep gekos om internationale politieke aandag te trek.

FW, Kortbroek en VF+ is verskillende kante van dieselfde munt.

Gerhard ·

Ek stel voor jy kyk na ‘n lys van berigte op MM waar die VP+ betrek word en jy sal agterkom jy is verkeerd. Hulle is seker een van die eerste organisasies wat oorsee betrokke is met bewusmaking, en dit met minder hulpbronne as AfriForum.

Terloops ·

Eina, dit moet pynlik wees om in onkunde te leef. Verander jou gesindheid, doen ondesoek en jou oë sal oopgaan vir wat die VF+ doen… vanaf plaaslik tot nasionaal.

RN ·

Die ANC gaan hulle min steur aan die teenkanting, maar hulle gaan die gevolge dra

Jerry ·

Kyk na die positiewe! Die meerderheid voorleggings is nie ten gunste van verandering aan die grondwet. Wanneer laas was ons deel van die meerderheid. Dit is duidellik dat daar gronde van gemeenskaplike belang bestaan tussen die meerderheid van die groepe en kan hulle ook in die toekoms deur n samewerking en koordinering platform die klimaat skep teen die implementering van verdere ekonomies ongunstige NDR programme.

Grassie ·

Die hele proses waarmee die ANC nou besig is, is al in 1993/94 haarfyn beplan. Onthou, CR was toe die ANC se hoof-onderhandelaar. Hulle kon dit nie op daardie stadium deurvoer nie want die witmense was nog in beheer van die polisie, weermag, staatsdiens en ekonomie. Hulle het met Afrika-geduld gewag tot die wit leeu gereduseer is tot ‘n tandlose, gekastreerde magtelose uitskopleeu en nou dat die tyd reg is slaan hulle toe. CR het daardie tyd van die politieke toneel af verdwyn en is deur een of ander instansie of instansies skatryk gemaak. Nou is hy volstoom terug en aan die gang, Hy weet sy ideologie kan die land laat val, maar dit maak nie saak nie, sy rykdom is veilig in die buiteland belê. Let daarop dat CR, toe hy verkies is, dadelik gesê het hulle gaan dit doen, ‘n uitgemaakte saak, voordat al die besprekings en meningspeilings plaasgevind het. Daar is nie meer ‘n omdraaikans nie.

Awie Opperman ·

Die afsluitinspunt dat suid-afrika gepraat het verwys. Ek sal nog nie die sjampanje se prop skiet nie. Sowat 700k mense wat waarskynlik eiendom besit het, het voorleggings gedoen. Ek sal ‘n kans vat en sê dat die 700k ook waarskynlik oorwegend blank is. Die regering sal voortgaan met hierdie katastrofiese beleid en ons sal alternatiewe reëlings moet tref om ons en ons kinders se toekoms in hierdie land te verseker.

Ongelukkig ·

(a) Die probleem gaan kom indien die ANC nie voldoende stemme in die 2019 kry nie. Hulle gaan koalisies sluit met “julle weet wie” en DIT is vir my kommerwekkend.
(b) Ek het weer rustig gaan kyk na Ernst Roets se voorlegging. Alles is waar wat die slimme man gesê het, MAAR (en kruisig my maar … dis my reg om te mag verskil) ek dink Roets kon dieselfde gesê het (m.a.w. dieselfde spieël opgehou het) en dieselfde feite voorgehou het met ‘n ander gesindheid (sonder om kruiperig of wat-ookal te wees) en hy sou baie meer sukses behaal het. Ek vergelyk Roets met byvoorbeeld die bedaardheid van Prof Koos Malan en Carel Boshoff. Laasgenoemde het veel meer vermag deur die wyse waarop hulle die feite oorgedra het. En voor julle wonder: ek is ‘n stoere ondersteuner (ook finansieel) van Afriforum, die Sakeliga en Solidariteit.

Lena Jonk ·

Stem 100% saam Madels net ons Almagtige God sal die ANC tot stilstand bring. Bid en vertrou, ek glo God sal al die smeekgebede oor die wereld hoor. Daar gaan weer lig kom.

Katerina ·

Dan stel ek voor hy begin nou uitendelik. Die uur is laat.

Dienkie ·

@ Madels, AMEN op jou kommentaar, Net soos wat die NP tot niet gegaan het, kan dit ook met die ANC gebeur. NIKS is by GOD onmoontlik nie.

Nonnie ·

Gaan kyk wat het met Rust de Winter gebeur… Al d boere was uitgekoop en ‘n eens suksesvolle boerderygemeenskap se harde werk het verval in toegegroeide lande en murasies.

Nonnie ·

Gaan kyk wat met Rust de Winter gebeur het.. Boere uitgekoop deur destydse regering en die eens suksesvolle boerderygemeenskap se harde werk het verval in droe toegegroeide lande en net murasies wat oorgebly wat eens praghuise was. Met ‘n vorige besoek vertel ‘ n man aan my dat dit baie sleg gaan met hul vandat die boere weg is. Hul kry bitter swaar en lewe net van d staat se sassa gelde. Hul wens d boere kan net weer terugkom.

Die Stem ·

Hoewel ek sou wou hoop dat die regering ag slaan op die uitkom van die sessies, twyfel ek sterk.
Hulle gaan intussen aan met uitsprake en beplanning.
CR het vandag weer verduidelik hoe dit sal werk.
Ons hoop maar die hoop beskaam nie.

Think for a second ·

hegelian dialectic – 1. Ek wil xyz he… almal se nee. 2. Ontwikkel n probleem en maak die wereld naar. 3. Mensdom vra vir n resolusie. 4. Preposisie is om xyz in plek te stel om nr 3 te befredig…. Nr 1 bereik.

Geweeg en te lig bevind ·

Presies. Die probleem is egter dat die ANC nie sal stop by wat voorgestel word om die probleem tot almal se voordeel op te los nie. Soos met BEE in alle ander industriee sal hulle die voorstelle implementeer en dan gelydelik hul vereistes verhoog (temperatuur verhoog sodat die paddas bly sit) en sodat voedsel sekerheid en belasting inkomste behoue bly tot ALLE land onteien is. Mens hoef net in enige besigheid in SA in te stap en kyk hoeveel vanilla gesiggies jy daar sien om dit te verstaan. Dis tog waarom ons kinders in vreemde lande woon en werk en dis waarteen ons nou opstaan. Selfs die mees liggelowigstes en hopers van ons verstaan teen die tyd dat wat die ANC se en wat hulle doen, twee verskillende dinge is.

Lynne ·

@Think for a Second – jou Wiskundeformule het ‘n negatiewe resultaat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.