Openbare swembaddens in JHB gesluit

Argieffoto

Die Johannesburgse stadsraad het Donderdag gesê van sy openbare swembaddens moes noodgedwonge gesluit word weens ʼn tekort aan chemikalieë om die water higiënies te hou.

Die raad het gesê die swembaddens wat hierdeur geraak word, is in Florida Lake, Sydanham, Eastbank in Alexandra, Roodepoort en Davidsonville.

“Hoewel dit jammer is dat die inwoners in hierdie areas nou van toegang tot swembaddens ontneem word, wil ek inwoners verseker dat hierdie sluiting van die swembaddens gedoen word ter wille van die veiligheid en gesondheid van swemmers,” het Nonhlanhla Sifumba, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling, gesê.

“Die verkrygingsproses vir chemikalieë is byna afgehandel en behoort teen die einde van die week gefinaliseer te wees. Die vertraging in die verkrygingsproses is veroorsaak deur, onder meer, die oop tenderproses wat die departement volg om swembadchemikalieë aan te koop.”

Sifumba het gesê die departement poog om die kwalifiserende diensverskaffer betyds aan te stel sodat die nodige chemikalieë nog bestel kan word vóór ondernemings vir die Kersvakansie sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

En die banale onbevoegdheid storm voort, en net as ek dink daar KAN nie NOG iets wees wat met n snot verskoning (nogals onder andere), belieg word nie dan suprizzzz die ANC LEGACY OF INCOMPETENCE my. Pateties verby.

Jankees ·

En dit terwyl Amerika n 17 biljoen ton oorskot het. Ek het 2013 laas betaal vir myne. Hulle gee dit verniet weg.

Adrian ·

Yankee bly jy in amerika ek wil ook van daai oorskot bekom

bgj van der westhuizen ·

al waar dit op neer kom is swak bestuur
nou ly die belasting betaler daar onder en die mense wat die swembaddes wil gebruik

Hennie ·

Niks het rerig verander onder die DA nie. Maak ook maar net n groot geraas en rig niks uit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.