Openbare verhore oor grondonteiening afgehandel

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlementêre gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee het Saterdag die provinsiale openbare verhore oor artikel 25 van die Grondwet in Kaapstad afgehandel met een van die grootste vergaderings tot nog toe.

Die komitee, wat altesaam 34 verhore in al nege provinsies van Suid-Afrika gehou het, is deur die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies opdrag gegee om te bepaal of ʼn hersiening van hierdie artikel en ander klousules nodig is om grondonteiening sonder vergoeding, in openbare belang, moontlik te maak. Die komitee moes ook aanbevelings maak watter grondwetlike wysigings nodig sal wees.

Honderde lede van die publiek het Saterdag se verhoor by die Friend of God Church in Goodwood bygewoon. Die kerk het ʼn kapasiteit van 1 500. Lang rye mense het nog tydens die verhoor buite gestaan terwyl persone hul insette gelewer het.

Vincent Smith, medevoorsitter van die komitee, het gesê hy is vol vertroue dat dit ʼn demokratiese proses was. “Almal wat ʼn geleentheid wou hê om te praat is toegelaat om sy sê te sê. Die komitee het toegelaat dat demokrasie seëvier.”

Sy eweknie, medevoorsitter Lewis Nzimande, het met hom saamgestem. “Selfs al was dit ʼn volgepakte saal vol emosie, was die mense van Suid-Afrika geduldig en het hulself gedra. Die komitee is trots op die verdraagsaamheid wat mense getoon het, selfs toe hulle heeltemal van sprekers verskil het. Dit wys hoe die hele Suid-Afrika in die algemeen saamwerk – ons gun almal hul siening.”

Smith het gesê die komitee sal nou, ná die verhore, honderde duisende geskrewe insette hersien en diegene wat aangedui het dat hulle graag mondelings in die parlement aangehoor wil word, sal genooi word om dit te doen.

“Hierdie proses kan dalk lank duur, aangesien ons ʼn groot reaksie gehad het op die saak. Ons wil seker maak dat ons ʼn deeglike werk doen,” het Smith verduidelik.

Sodra die proses afgehandel is, sal die multiparty-komitee breedvoerig samesprekings hou oor die saak voor dat daar aan die parlement terugvoer gegee word.

Die ANC het egter vandeesweek aangekondig dat hy voortgaan met sy plan om die artikel te wysig. ANC-leier en president van die land, Cyril Ramaphosa, het Dinsdag gesê sy party sal, deur die “parlementêre proses, ʼn voorgestelde wysiging aan die Grondwet afhandel wat die voorwaardes duidelik stel waarvolgens grond sonder vergoeding onteien kan word”.

Die ANC in die Wes-Kaap het Saterdag die komitee gelukgewens dat hy die verhore suksesvol afgehandel het. “Die mense van die Wes-Kaap het gepraat. Van Oudtshoorn tot Beaufort-Wes, Citrusdal tot Swellendam, en uiteindelik Kaapstad, ons mense het onomwonde en oorwegend gesê artikel 25 van die Grondwet moet gewysig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Die Stem ·

Hoewel ek my stem ook laat hoor het, het ek geen vertroue in die proses nie.
CR het reeds aangekondig dat die regering voortaan met hul beplan ING.
Hierdie proses is dus net oëverblindery en n vreeslike onnodige uitgawe.
Daar is geen kans dat die goeddeurdagte redenasies en sienswyses, van mense wat aan die prises deelgeneem het, in ag geneem gaan word nie.

Snowball ·

En so eindig nog ‘n klug onder regie van die ANC, wat kunsmatige geloofwaardigheid aan die grootste leuen en sirkus in SA verkry, deur mense te laat glo hierdie verhore gaan enigsens ‘n rol speel in die wysiging van die grondwet en die grondonteiening wat gaan volg. CR has spoken.. die res is net formaliteite.

Chris ·

Nog n klug. Hulle het lankal klaar besluit. Hulle is magsbehep en wil die land verder vernietig. Rommelstatus is nie goed genoeg vir hulle nie.

Jannie ·

WAT ‘N TOTALE KLUG WAS DIT NIE…’N VERMORSING VAN TYD…EN DIT VIR ‘N VOORAF OPGESTELDE AGENDA!!!

Paul ·

Die prosedure soos per die grondwet vereis is geminag, vat CR en die ANC hof toe!

Johan ·

Vat die plase die armes onder die armse gaan die swaarste trek.

Ella ·

Netnuus berig vanoggend dat 139 plase reeds deur ANC geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding “om die grondwet te toets”.
Wat gaan van die eienaar word wat dalk jare suksesvol daar geboer het? Mag hy iets saamvat soos n trekker, stroper, meubels, vragmotor om elders weer te gaan probeer?
Wie gaan sy skuld oorneem?
Dan, hoe gaan dit oorhandig word? Is daar n lys van verdienstelike mense wat dit sal
benut? Of is dit nou “a free for all”?
Mnr Ramaphosa, die wittes van die land het jou aanvaar en vertrou om die regte besluite te neem maar jy het hierdie mense se n die rug gesteek en ons is nou vreemdelinge in ons eie land. Maar dis wat julle wou he…
My hart huil vir SA.
Geseend is die wat reeds begrawe is en die wat alreeds n heenkome elders gesoek en gevind het.
God seen Suid-Afrika.

Johnny ·

I will only be able to give my input on this matter when the President provides a detailed and lucid explanation of the complete redistribution process and answers at least the following questions logically and satisfactorily:

Why must the Constitution be changed when it already makes provision for expropriation without compensation?

Who is the “our people” that he refers to that will be the recipients of the land and what will the position of the rest of the population be in this regard?

How will the land be distributed “equally” amongst more than 60 Million people?

Will it be divided on a per family or per person basis?

What will the size of each piece of land be to guarantee “equal” distribution?

Who will decide which person will get what piece of land (for instance, who will get a piece of the Karoo and who will get a piece of Sandton?)

Who will the title deed holders of these pieces of land be or how will records be kept regarding which person is entitled to what piece of land?

Who will be responsible for the rates and taxes and upkeep of each piece of land?

What will become of a piece of land when the “title deed holder”/ “occupier” dies or wants to move somewhere else?

How will the masses of land demanders be kept from murdering each other over a piece of land ?

(The above is also relevant to the businesses he wants to expropriate for “his people”)

Willem ·

Me think the president will give this to his spokesperson to answer.

Tydmors ·

Die besluit is lankal geneem. Om nog te dink jy kan met die terroriste onderhandel is waansinnig.

Koos de Meyer. ·

‘n Rinhkals bly ‘n rinhals. Daai slang in gras kan jy nie vertrou nie.

Klein Boer ·

Hoe sal ons ooit weer kan boer ! . As hulle nie jou grond nou vat nie, leef jy in vrees dat hulle dit wel nog kan kom vat. So ons moet nie kapitaal op plaas spandeer nie. Ook wie gaan ‘n plaas in die toekoms koop?

Hanna Hoekom ·

“Our people” will soon become “hungry people” and trust me, hungry people are DANGEROUS people. Good luck CR! I will be out of here soon since I do not qualify as being part of “our people”.

Paul ·

Ons het ‘n waansinnige kaptein aan die stuur van die skip.

marco polo ·

Ek wonder of ek en al die blankes wat nie grond besit nie, ook nou grond gaan kry. Ek wil nie n plaas he nie, n stukke grond in die berge iewers in die Weskaap sal reg wees met my.

koos ·

ek besit 2 huise. 1 word verhuur.
1. gaan iemand my besoek en ‘n oudit doen oor waar woon ek en waar verhuur ek, of gaan die onteining sonder vergoeding sommer so “at random” gedoen word?
2. Gaan wit mense met 2 eiendomme, hetsy dorps/stedelike erwe met huise of plase, gedwing word om albei eiendomme af te gee sonder vergoeding, of net 1?
3. As ek nou verkoop, sal ek toegelaat word om te verkoop, of sal dit gesien word as ‘n poging van my om “weg te kom” deur darem nog geld te maak, m.a.w. van my eiendom afstand te doen EN “vergoeding” te kry?

Johanna Botha ·

Voor die verhore klaar is toe neem anc klaar sy besluit …so hulle steur hulle nie eers aan wat daar gese was nie ….wat n mors van tyd !

EP ·

Ons gaan dieselfde pad as Zimbabwe volg. Wat my dwars in die krop steek is dat Oos-Kaap mense emigreer na die Wes-Kaap en maak dan daar aanspraak op grond??

Klugspel ·

Dit was die grootste klug ooit. As die PRESIDENT van die land klaar afgekondig het dat LAND onteien gaan word sonder vergoeding, die huidige grondwet WEL daarvoor voorsiening maak maar hulle dit nog STERKER wil bewoord in ‘n nuwe paragraaf in die grondwet, HOEKOM MORS JULLE JULLE TYD MET DIE VERHORE??? Dit is reeds besluit, en die wittes het GEEN se nie, hou op om te dink die ANC gee om of wil onderhandel, hulle wil oor julle loop met ‘n STOOTSKRAPER en julle sit maar en vat alles .. want ten minste het die ANC eers met ons GEPRAAT daaroor? BELAGLIK, hulle doen dit net om die buiteland te paai, die BESLUIT IS KLAAR GENEEM.

What a joke! ·

Wat n klomp twak! Als een groot klug!!!!,
Die hele klomp vrot lot het lankal besluit wat hul gaan doen en die was maar net n baie bedrieglikke swak toneel spel…

Alesia ·

CR moet Sy plaas eerste weg gee.
Plaas CR tronke bou en Polisie reg ruk . Doen iets aan die crime!!! Wat die Armste Mense moet deurmaak Ons vroue S en Kinders van alle rasse. Begin daar!!!!!! Maar Nee hy will iewers self kriminele kweek Wat nou land gaan gryphon en plaasmoorde veroorsaak. Behep met mag Ai so jammer. Hy saai paniek onder die Klein belastingbetaler groep hy gaan weer Baie kennis verloor met Mense Wat ha waai .

Gerhard Burger ·

Waarom hierdie tipe van goed ‘openbare verhore’ genoem word – soos in hierdie artikel, weet ek nie. ‘n Openbare Verhoor – soos ‘n Regterlike Kommissie van Ondersoek, word met getuies, ondervraging, kruisondervraging, regsverteenwoordiging, bevoegdheid om te dagvaar, eedsaflegging ens, gevoer. Hierdie is niks anders as Openbare Sittings nie – waar slegs verskillende standpunte en voorstelle gestel word nie. Ek sien iewers Waldimar Pelser het tereg daarna verwys as “… openbare sittings.”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.