Openbare vervoer tot stilstand geruk nadat polisie 300 taxi’s skut

Argieffoto: ANA

Argieffoto: ANA

Openbare vervoer in Durban is erg geraak nadat die eThekwini-metropolisie oor die naweek meer as 300 voertuie geskut het.

Eugene Msomi, eThekwini-metropolisie se woordvoerder, het gesê van die voertuie waarop daar beslag gelê is, het 163 van die taxibestuurders nie die korrekte roetepermitte gehad nie. “Ons moes reageer op die hoë vlakke van wetteloosheid in die taxibedryf. Soos jy weet, is meer as 80% van konflik in die bedryf oor roetes,” het hy gesê.

Daarby is 120 meter-taxi’s, 18 munisipale busse en vier privaat busse geskut omdat hulle onvoldoende of geen dokumente gehad het nie.

Verlede week is drie mense doodgeskiet by ʼn taxistaanplek in Brookestraat toe ʼn skietery tussen mededingende taxi-verenigings ontstaan het oor die winsgewende roete tussen Port Shepstone en Durban.

Msomi het gesê die polisie het verneem dat die plaaslike minibustaxibedryf van plan is om roetes te staak weens die polisie se optrede. “Dit is hul volste reg. Ons kan hulle nie keer nie. Maar wat hulle nie kan doen nie, is om die taxibestuurders met die nodige permitte te verhoed om ʼn diens te lewer.” Hy het Maandag gesê die polisie het tot dusver nog nie van gewelddadige optrede verneem nie, maar daar is “’n vlak van intimidasie aan die gang”.

Hy het gesê die eThekwini-metropolisie het voorheen die voertuie laat gaan wanneer die bestuurder die borgtog betaal het, maar van nou af sal hulle nie die voertuie vrystel totdat die sake afgehandel is nie.

Tydens ʼn vorige betoging in Mei toe die taxibedryf gestaak het oor hul voertuie geskut is, het taxibestuurders beweer die probleem het by die provinsiale vervoerdepartement gelê wat glo ʼn reuse-agterstand met die uitreiking van permitte gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sue ·

Uiteindelik word daar opgetree. Wens hulle wil dit regoor die land doen. Dis n feit dat taxi bestuurders dink hulle is onaantasbaar en kan maak net wat hulle wil. En sodra daar teen hulle opgetree begin hulle geweld toepas, wat weer maak dat die sake nooit verder vorder nie. En dit verhoog hulle gevoel verder dat hulle kan maak soos hul wil. Strenger optredes gaan ons paaie veiliger maak. Dis n feit.

ELSABE ·

HULLE STOP OOK NET EENVOUDIG WAAR HULLE WIL!!!! OF HULLE MAG OF NIE!!!!!

ELSABE ·

KYK IN SPITSVERKEER IN DIE MIDDAG IN E’SKIA MPHAHLELE STRAAT HULLE RY SOOS HULLE WIL EN WAAR HULLE WIL. METRO AAN DIENS MAAR DAAR WORD NIKS AAN HULLE GEDOEN NIE, HULLE GESELS TE LEKKER MET HULLE PELLE EN OF IS BESIG OM TE EET OF OP HULLE SELFONE.

THEA SWART ·

baie goeie idee wanneer kom julle Pretoria toe hier gaan julle ‘n “killing “”maak met die aftrek van die taxis hulle is absoluut arrogant en die enigste wat belasting betaal en geregtig is op ons paaie of daar kinders in die ander voertuie is dit traak hulle net eenvoudig nie – hoe vinniger hulle die customers kan aflaai en nog gaan haal is hulle heel gelukkig – asb kom Pretoria toe

BUSFARK VAN PLETSEN ·

En wat van die Kaap N2 van Grabow tot in die Kaap

Debs ·

Mooi dis ‘n begin. Brei dit asseblief uit na ander provinsies toe !!!!!

Landie ·

Mense julle gaan in Pretoria geld maak soos bossies om die taxi’s te skut. Stop oral, kom kyk bietjie daagliks hoe lyk Kerk-straat. Geen mens kan prober om oor die straat te loop nie, want die taxi’s staan halfpad oor die strepe. Hulle staan doodstil by ‘n groen verkeerslig sodat die verkeer agter hulle tot stilstand gedwing word. Dan wil hulle oor die rooi lig jaag. Maar nee, die metropolisie dink dis ‘n lekker day-job om kaartjies te loop en uitskryf vir voertuie wat te lank op parkerings staan. Julle is luigat en bang vir die taxi’s, dit kan ons almal sien!!!

Jan maak n Plan ·

Dis nou voorwaar n vreeslike mooi gesig. Ek wonder nou net of die munisipale busse wat geskut is ook boets kry en wie dit betaal???? Ook wonder ou Jan nou aan iets anders – RSA is mos nou kwansuis n demokratiese land nie waar nie. Dit is dan seker die taxi drywer (nie bestuurder nie) se demokratiese reg om op n roete te ry soos hy goed dink. Dink net, dan is daar ook n prys oorlog en die kliente “score” daarby. Demokrasie op sy beste.

Dee ·

Dit is ongelukkig so dat die taxis ‘n monopolie het en bewus is daarvan. Natuurlik is dit so dat die verkeer in Durban veel rustiger is vanmore en dit is stiller omdat geen toeters gehoor word. Dit is ook so dat vele besighede ‘n tekort aan personeel het omdat taxis die grootste publieke vervoer is in Durban (asook in ander stede). Die metropolisie ignoreer bloot taxis wat vir passasiers stilhou in die middel van die ryvlak en selfs tussen robots.

Jaco ·

Amper te goed om waar te wees. Kan seker bly wees besluite en skud word deur hulle eie mense gedoen anders was dit weer rasisme. Baie geluk Durban. Hoop net julle kan dit volhou.

Dee ·

Dit sou ideaal wees Jaco maar soos ek in ‘n vorige skrywe gesê het, is personeelvervoer die struikelblok. ‘n Skoonmaker het my vanmore geskakel en verduidelik dat hy nie vervoer het vanaf Phoenix na Durban. ‘n Klerk het ook nie opgedaag want sy ry ook taxi vanaf Phoenix. Dit is ongelukkig die anderkant van die muntstuk, gesien uit besigheidshoek.

Hein ·

Dis voorwaar goeie nuus; ons moet seker nie asem ophou vir wanneer so iets hier bo in Johannesburg gaan gebeur nie, maar een ding gaan seker wees: assuransie mense gaan ‘n kalm dag hê en baie minder mense gaan op die paaie sterf!

Retha oux ·

Van die handelinge van die Taxi bestuurders teenoor ons nuwe Go George Busse, word dit hier ook gedoen, amper al lekker om in die strate te beweeg. Hul word daagliks afgetrek en deurgegaan en indien daar fout is van die pad afgehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.