Openbare werke verloor glo R35 miljard in vyf jaar

Minister Thulas Nxesi (regs voor). Foto: GCIS

Minister Thulas Nxesi (regs voor). Foto: GCIS

Die departement van openbare werke het die afgelope vyf jaar nagenoeg R35 miljard verloor weens onregmatige en verkwistende konstruksies en die verhuring van regeringsgeboue, het The Star Maandag berig.

Die verlies van R34,98 miljard is ontbloot tydens die departement se hersiening van ongeveer 1,3 miljoen transaksies van die Eiendomsbestuurshandelsentiteit (EBHE) sedert 2009. Die verliese is in ʼn vertroulike verslag vervat wat die koerant glo onder oë gehad het.

Die verliese was “as gevolg van prosesse in die voorsieningskettingbestuur wat nie nagekom is nie”. Dit blyk egter dat daar die afgelope vyf jaar ‘n bestendige afname was in die verliese van openbare fondse.

Volgens die verslag was daar in die 2009/10 finansiële jaar ʼn verlies van R22 miljard, R4,9 miljard in 2010/11 en R3,8 miljard in 2011/12. In 2012/13 was daar verliese van R3,1 miljard en R600 miljoen in die laaste jaar. Nagenoeg R1,1 miljard het weens bedrog verlore gegaan.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, sal na verwagting Maandag tydens ʼn mediakonferensie meer besonderhede oor die verslag verskaf. Die verslag sal na verwagting beskikbaar gemaak word na dit Dinsdag in die parlement voorgelê is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Ek stem!! Dink net hoeveel die “gesteelde” geld al vir die E – TOL kon betaal het! Die wapens, Nkandla, DIE geld nou , laas week se 2de wapen skandaal….die land van melk en geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.