Operasie Fiela: 23 vas in Oos-Kaap

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Nege mense is die naweek tydens Operasie Fiela in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê wetstoepassers het die naweek op Gelvendale, Bethelsdorp en Port Elizabeth se noordelike dele toegesak. Die operasie het 16:00 Vrydagmiddag begin en Sondag tot ʼn einde gekom.

Volgens Soci is 11 verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms, terwyl nog ʼn verdagte in hegtenis geneem is vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen. Daar is ook op meer as ʼn ton perlemoen beslag gelê en twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Soci het gesê 1 538 mense, 847 persele en 373 motors is deursoek tydens die operasie. Daar is op R24 000 se kontant, dwelms met ʼn straatwaarde van R3 000 en ʼn 9mm-pistool en ammunisie beslag gelê.

Volgens Soci is R16 000 se verkeersboetes uitgereik tydens die operasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Puik gedoen al die betrokke wetstoepassers. Opvolgwerk sal deur ons wetsgehoorsame burgers waardeer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.