Operasie Lockdown: 468 vas in vyf dae

Foto: SAPD

Altesaam 468 verdagtes is binne vyf dae tydens Operasie Lockdown in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Die verdagtes is tussen Donderdag 29 Augustus en Maandag 2 September, die sewende week sedert die aanvang van Operasie Lockdown, in hegtenis geneem. Van die 468 verdagtes is 231 reeds deur die polisie gesoek.

Daar is ook beslag gelê op 13 vuurwapens, ammunisie, 32 messe, 278 g kristal-metamfetamien (tik), 318 g dagga en 2 000 ℓ alkohol.

Foto: SAPD

Volgens die polisie is daar ook tydens een operasie in Valhalla Park in Bishop Lavis op 1 406 Mandrax-tablette beslag gelê. Padblokkades is op Baden Powellweg, by die N2-weegbrug asook Jakes Gerwelrylaan gehou en vier mense is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Boetes van R210 000 is uitgereik.

Volgens brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het wetstoepassingsagentskappe onder meer klopjagte, voetpatrollies, voertuigkontrolepunte en padblokkades binne die geïdentifiseerde gemeenskappe uitgevoer.

Die weermag, verkeersbeamptes, metropolisie en wetstoepassingsbeamptes van die verskillende eenhede van die polisie maak deel uit van die operasie.

Operasie Lockdown is in Julie 2019 in hoërisikogebiede in die Wes-Kaap van stapel gestuur. Dit volg ná ʼn pleidooi deur gemeenskappe en die plaaslike regering vir daadwerklike ingryping teen die geweld en misdaad op die Kaapse Vlakte en omliggende gebiede in die Kaapstad-metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ig

I like!!!!!!

Wielspore

Slegs met ‘n yster vuis kan wet en orde in die land herstel word, die tyd is nou reg vir dit. Die wat nie daarvan hou, kry vir jou ‘n ander land waar jy kan voortgaan met jou onwettige bedrywighede. Vir die wat daarvan hou, ondersteun die instansies in hulle werk.

Hennie

Soek hulle ‘n sterretjie!?
Ek sou my dood skaam om te rapporteer dat ons 3g van die en 5 g van daai dwelm gekry het. Maar natuurlik is daar vet omkoopgeld betaal!

Arno Scheepers

WELGEDAAN…..hou so vol. Ons strate en dorpe moet veilig wees vir ons kinders en vrouens.

Dan

Goeiste..

Welgedaan inderdaad, mag hierdie maar net die BEGIN wees van wetstoepassing en wetsonderwerping wat uitkring na die res van SA…
God Bless us all. Deur Sy Krag en Genade is elkeen van ons toegevou.