Operasies gekanselleer weens tekort aan narkose

Argieffoto

Argieffoto

Operasies wat nie dringend is nie, is glo vandeesweek by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gekanselleer as gevolg van ʼn tekort aan narkose.

Jack Bloom, die DA in Gauteng se woordvoerder van gesondheid, het Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is ʼn nypende tekort aan narkose in die provinsie.

“Ander hospitale in die provinsie ervaar soorgelyke tekorte, maar die departement erken nie dat daar ʼn dreigende krisis is nie,” het Bloom gesê.

Hy het gesê dit is die nasionale departement se skuld omdat farmaseutiese tenders laat toegeken word en die kontrakte van sekere gekodeerde medisyne verwyder is.

Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Caroline ·

Dit is net so tragies soos hier in die Oos-Kaap. Dis net jammer niemand skryf oor die omstandighede hier nie. My pa het prostaatkanker, en gister het hy uitgvind dat dit nog nie in sy gebeente versprei het nie, waaroor ons baie dankbaar is. Die groot probleem is dat daar GEEN DR’s by die Provinsiale hospitaal PE is om dit te kan opereer nie. Die dr wat my pa gesien het sê niemand is gekwalifiseerd genoeg om dit te doen nie. Al kry hulle 1dr gaan dit niks help nie, waar sal jy op die lys wees voor jy geopereer word, watter jaar en hoe vêr sal jou kanker versprei wees. Meeeeeer dr’s is nodig. 2weke gelede het ‘n vrou wat daar werk my ouers aangeraai om media toe te gaan. Getroue mense wat daar werk wil ook weggaan weens moedelloosheid en frustrasie. Gister is my pa weer deur ‘n dr wat hom gesien het, aangeraai om media toe te gaan. Due dr gaan weg deur die swak omstandighede. Hoekom moet ons goeie mense verloor wees swak omstandighede, as hulle weggaan wat gaan van ons mense word, en hul versorging? Die staat gee glad nie meer om nie, hulle Eet lekker en spend lekker en steel lekker. Moenie aan die mense in die parlement mediesefondse gee nie! Laat hulle staatshospitale gebruik. Mense sterf onnodig deur die swak dienste wat aan ons land se mense verskaf word. HELP!!!!!!!!!!!!

Nina ·

Ek sit met trane in my oë. Ek hoop werklik jou pa kry betyds die regte hulp en versorging! Dis tragies en so onnodig! Baie sterkte aan jul almal…x

Jan ·

Geen tekorte vir Nkandla en staats sallarisse nie, om nie eers van oortyd wegneem etes te praat nie!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.