Operasies ‘weens stukkende lugversorging’ uitgestel – DA

Die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg. (Foto: Facebook)

Die DA in Gauteng sê meer as 100 operasies moes die afgelope twee weke by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gekanselleer word – ten spyte van ʼn groot agterstand wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is – omdat die lugversorging in die meeste teaters buite werking is.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê alle teaters – buiten twee ortopediese teaters – word geraak.

“Mediese personeel is uiters gefrustreerd omdat hulle nie hul werk kan doen nie, terwyl pasiënte ly weens operasies wat uitgestel word,” het Bloom gesê.

Bloom sê swak instandhoudingwerk is weereens die probleem, ten spyte daarvan dat R200 miljoen oor die afgelope vyf jaar aan die hospitaal bestee is om verouderde infrastruktuur te herstel.

“Verlede jaar is nagenoeg 2 000 operasies weens verskeie redes by die hospitaal gekanselleer of na ander hospitale verwys. Waglyste vir operasies het ook kommerwekkend gegroei omdat hulpbronne herlei word vir die behandeling van Covid-19-pasiënte.

“Dit is onaanvaarbaar dat ʼn groot hospitaal operasies moet kanselleer omdat sy masjinerie nie werk nie,” het Bloom gesê.

Hy sê hy hoop die lugversorging word binnekort herstel en dat stappe gedoen word om te verseker dat operasies nie in die wiele gery word omdat toerusting, wat in stand gehou kan word, nie werk nie.

Maroela Media het ook ʼn navraag aan die Gautengse departement van gesondheid gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dries ·

Dit sal my glad nie verbaas as hierdie tipe goed gesaboteur word, juis sodat daar net kan rondgesit word en niks doen terwyl salaris getrek word.

Pieter ·

Dankie anc en julle kinders eff. “Alles is we want….” maar niks word instant gehou nie.

Jakes ·

Hierdie hospitaal is tiperend van hoe dinge werk in n derdewereldland soos SA. Onbeholpenheid en onbevoegdheid is gewoonlik die norm.

Racheltjie Debeer ·

Daai R200 miljoen het seker in die bestuur se sakke beland.

Androclus ·

Hulle het nie ‘n idee om met geld te werk nie,nie veral as hulle dit kan verdeel onder mekaar nie.

Hennie J ·

Eish, when I applied for and got the job as aircon technician, I thought it was for a popcorn technician.

Cecilia ·

R200M begrot waarvan dit in d geldsakke v korrupte amptenare beland het. Of as d opgradering gedoen is het d sogenaamde BBEEE maatskappy d werk gedoen met onbevoegde onopgeleide skape wat d job gekry het want hy het familiebande met 1 vd amptenare wat d Tender proses goedgekeur het

Anel ·

En hulle wil ‘n Nasionale Gesondheidsorg i stel? Behoede ons!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.