Opgeskorte vonnis ná hy glo broerskind verkrag

court-hammer_thumb‘n Man van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy sy vyfjarige broerskind verkrag het, het Dinsdag ‘n opgeskorte vonnis gekry in die Nelspruit-streekshof.

Die 43-jarige man is op 24 Januarie 2011 in hegtenis geneem nadat die meisie beweer het sy is die vorige dag deur hom verkrag.

Die man het onskuldig gepleit op aanklag van verkragting, maar is skuldig bevind aan seksuele aanranding nadat die klag verander is.

Landdros Erwin Sithole sê die beskuldigde se ma het onbewustelik bewyse vernietig nadat sy haar vingers gebruik het om die kind se private dele te ondersoek.

Sithole het die man tot vier jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Hy sê die beskuldigde se naam sal in die register van seksuele oortreders geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

lorayne ·

Piesang,
Kastrasie sal nie help nie. . . die probleem is meer tussen die ore as in die broek! Sulke gemors sal dan voorwerpe gebruik om nog steeds seksueele aanranding te pleeg. ‘n Wrede dood is vir my ‘n BAIE beter opsie!

"Huh!" ·

Vier jaar, opgeskort vir vyf jaar. Hoekom hom nie sommer ‘n diploma en suigstokkie gegee nie? Dit sou dieselfde gewees het.

"Huh!" ·

Wat is seksuele aanranding op ‘n vierjarige anders as verkragting? Of is verkragting te “kras” gestel?

Elizabeth ·

Feitlik ELKE dag is daar berigte van verkragtings. Strawwe nie genoeg om hul af te skrik nie? EK DINK BESLIS SO! Stuur ‘n boodskap aan enige verkrgater/voornemende verkragter en gee die vonnis wat hul toekom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.