Opgeskorte vonnis ná hy inbreker skiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mpumalanga wat ʼn onbekende man doodgeskiet het omdat hy geglo het dit is ʼn inbreker, het Donderdag ʼn opgeskorte vonnis ontvang.

Nelson Nobunga (39) van Sibayeni village is Donderdag in die Tonga-streekshof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklag van strafbare manslag, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Staatsaanklaer Joy Ndlovu het aan die hof gesê enigiemand sou dieselfde in Ndlovu se situasie gedoen het. “Dit beteken nie dit was die regte ding om te doen om die slagoffer dood te skiet nie, maar dit kon met enigiemand gebeur het,” het Ndlovu gesê.

Die beskuldigde se vrou het getuig dat hulle geslaap het toe hulle iets op die dak gehoor het. Haar man het sy vuurwapen uitgehaal en in die rigting van die vermeende inbreker geskiet.

Landdros Edgar Moletsane het aan die hof gesê Nobunga het verkeerd opgetree. “ʼn Normale persoon sou nie direk op sy aanvaller kon skiet net om hom skrik te maak nie. Jy moes gedink het voordat jy geskiet het, want nou is iemand dood. Dit is ʼn baie ernstige misdaad,” het Moletsane gesê.

Nobunga is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is, wat beteken dat hy die sewe jaar tronkstraf sal uitdien indien hy binne die volgende vyf jaar aan ʼn soortgelyk misdaad skuldig bevind word.

Hy mag ook nie meer ʼn vuurwapen besit nie.

Die oorledene is onbekend en niemand het nog sy liggaam opgeëis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus Muller ·

Is vyf jaar opgeskort? Dan moet hy twee jaar sit. Ek vermoed die volle sewe jaar is vir vyf jaar opgeskort

Sune van Heerden ·

Dagsê Kobus

Dankie, dit was inderdaad ‘n fout. Ons het die wysiging aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

bernard ·

en oscar kry net 5 jaar en hoekom kry die man dan sewe jaar?

Leonora van BIljon ·

Jip – en die ou mag nie mee ‘n vuurwapen besit nie. Hoekom mag Oscar of het ek die deel gemis waar sy wapens ook afgeneem is en sy lisensie opgeskort is?

MartinLJ ·

Oscar moes alle sertifikate en lisensies ook inhandig. Hy is dus nou onbevoeg om ‘n wapen te besit.

Riaan Slabbert ·

Leonora, ja. Hy IS onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit. Maar my gat se deksel is….Wat soek die persoon ophierdie man se dak? So as ek iemand skiet wat ongenooid op my dak rondkruip, dan is EK die krimineel? Wat n fattap landjie

SNEL ·

Ek stem Riaan, hoe moet n mens jou beskerm?? Hoe was daar een keer gesê; miskien is hy honger en soek hy n stukkie brood, se g@t, ek voel ons as eienaars moet die reg hê om ons te beskerm, sonder om tronkstraf in die oë te staar.

ALMA ·

Wil net weet as die doodstraf nie reg is nie. Waarom kan ons ons nie selfverdedig indien enige persoon onbekend jou erf, huis, plaas betree en dit op dakke ook of sonder jou goedkeuring jou privaatheid betree om te steel, moord of aanranding of verkragting. Polisie kon ook nie ons aanvallers vastrek nie, wat ons in ons eie erf en huis met vuurwapens aangehou het nie. Indien ons bure nie na ons gille opgetree het nie was ons ook nou statistieke.
Daar is vir moordenaars en diewe verskonings en ook net om op parool na hul miskien gevang word weer op straat te wees.
Die wette in die land moet ons die reg gee om ons self te verdedig. Dan sal hul uit ons privaatheid bly. Solank as hul weet dat die wette hul eindelik beskerm en goeie versorging kry in ons tronke wat eindelik ‘n vyfster hotel is en gratis geleerdheid, gesondheid ens sal misdadigers aanhou. Ons regering moet ophou om na misdadigers kyk of ons hul iets skuld.

Ghost ·

Stem saam julle. Wat soek die ou op die dak. Dis al klaar erg as hy net jou erf betree want wat soek hy daar, maar dan nog op jou dak klim ook. Duidelik wou hy iets doen wat hy nie mag nie.

leon kaltwasser ·

As die man vryloop is die vraag – waarom sit Oscar dan in die trunk. Hoekom appelleer Gerrie Nel dan teen die Pistorius se beslissing en vonnis?

Nina ·

Wonder ek ook? OP het immers gedink iemand is reeds BINNE sy huis. En die ou het OOK ‘n paar skote gevuur. Lekker dubbel standaarde, ook in die kommentare. Nou is dit reg om iemand te skiet wat jou eiendom betree, solank jy nie Oscar Pistorius is nie. Ja, swaer……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.