ʼn Voormalige verkrygingsbestuuramptenaar by die George- provinsiale hospitaal wat verskeie maatskappye in sy eie asook in familielede se name geregistreer het om tenderprosesse te manipuleer, is tien jaar tronkstraf in die George-streekhof opgelê.
Jacob Claassen (63) het skuldig gepleit op 83 aanklagte van bedrog en korrupsie, het Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, gesê.
Die Valke se ondersoek het onthul hoe Claassen met twee medebeskuldigdes saamgespan het om die tenderproses só te manipuleer dat dit hulle groep van maatskappye bevoordeel. Die bedrog, wat tussen Februarie en Desember 2011 gepleeg is, het eindelik R4,4 miljoen beloop.
Die hof het sy vonnis op die bedrogaanklagte op streng voorwaardes vir vyf jaar opgeskort. Sy vonnis van 10 jaar vir korrupsie is heeltemal opgeskort.
Claassen is wel korrektiewe toesig van 36 maande opgelê.
Die verhoor van sy twee medebeskuldigdes word later vandeesmaand voortgesit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Wat ‘n grap is ons regstelsel en regering nie?
Hoe nou?????
Ek voel vir naar raak. Is hier nie n fout met DIE beriggewing gemaak nie?? Ek verpes al die woord geskok, maar wraggies ek is NOU geskok.
Hoop Afriforum en Solidariteit gaan dit opneem.
Dit is belaglik.
Kyk ons regering, regstelsel en die land agv van eersgenoemde is n totale grap. Die wereld skeur hulle maagspiere soos hulle vir die onbevoegde klomp lag en hulle dink hulle is die room op die koekies.