Opgeskorte vonnis ná miljoene se tenderbedrog

(Foto: Arnaud Jaegers/Unsplash)

ʼn Voormalige verkrygingsbestuuramptenaar by die George- provinsiale hospitaal wat verskeie maatskappye in sy eie asook in familielede se name geregistreer het om tenderprosesse te manipuleer, is tien jaar tronkstraf in die George-streekhof opgelê.

Jacob Claassen (63) het skuldig gepleit op 83 aanklagte van bedrog en korrupsie, het Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Valke se ondersoek het onthul hoe Claassen met twee medebeskuldigdes saamgespan het om die tenderproses só te manipuleer dat dit hulle groep van maatskappye bevoordeel. Die bedrog, wat tussen Februarie en Desember 2011 gepleeg is, het eindelik R4,4 miljoen beloop.

Die hof het sy vonnis op die bedrogaanklagte op streng voorwaardes vir vyf jaar opgeskort. Sy vonnis van 10 jaar vir korrupsie is heeltemal opgeskort.

Claassen is wel korrektiewe toesig van 36 maande opgelê.

Die verhoor van sy twee medebeskuldigdes word later vandeesmaand voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ElizeK ·

Ek voel vir naar raak. Is hier nie n fout met DIE beriggewing gemaak nie?? Ek verpes al die woord geskok, maar wraggies ek is NOU geskok.

'n Simpelman ·

Hoop Afriforum en Solidariteit gaan dit opneem.
Dit is belaglik.

Nie Verbaas ·

Kyk ons regering, regstelsel en die land agv van eersgenoemde is n totale grap. Die wereld skeur hulle maagspiere soos hulle vir die onbevoegde klomp lag en hulle dink hulle is die room op die koekies.

Stefan ·

Opgeskorte vonnis.
Hierdie bewys van zero tollerance sal hom beslis daarvan weerhou om dit ooit weer te doen, dit skrik somer sy soortgenote ook af nè

Mossel ·

Die regering moet asb die slagspreuk crime does not pay.. verander na Crime does pay.. its your human right ! Wat n klomp idiote.

Sarel ·

Die Hof speel saam. Waar is die geld ? Hulle gaan dit seker geniet. Die vonnis moet ondersoek word want dit is belaglik

Nozi ·

Say no more. Miskien moet ek besoek by oogarts gaan afle. Kan nie glo wat ek lees nie, het ons nog ‘n regstelsel wat werk?

Blikkies ·

Lees ek Korrek, Slegs 10 Jaar vir R4.4 Miljoen Rand, TOTAAL opgeskort vir 10 Jaar. Geen Tronkstraf? net huis arres vir die 36 maande, net braai en partytjie hou…

Blikkies ·

Dit is eintelik nou ‘n lekker uitgewysde saak van die vonnis wat jy kry vir bedrog en korrupsie . Die Government Crooks hoef nie meer bekommerd te wees nie. Almal gaan by die huis sit na hulle vonnis met salarisse, bonusse en ook net braai en partytjie hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.