Opgeskorte vonnis ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior inspekteur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wat ʼn 13-jarige meisie verkrag het, is Woensdag in die Boschfontein-streekshof gevonnis.

Dalton Zulu Nyambi (50), wat by die Mpumalanga-grenspos gewerk het, is deur landdros Edgar Moletsane tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is, het ʼn SAPA-korrespondent berig. “Indien jy enige soortgelyke misdryf pleeg, sal jy dadelik tronkstraf moet uitdien,” het Moletsane aan die beskuldigde gesê.

Nyambi het skuldig gepleit op aanklag van verkragting. Hy het die tiener op 10 September 2013 verkrag terwyl hy onder die invloed van alkohol was. Hy is op 3 Desember 2013 in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dan ·

Ongelooflik!!! ‘n Opgeskorte vonnis vir die verkragting van ‘n minderjarige! Die boodskap wat hierdie sogenaamde Landdros na buite uitstuur is dit: verkragting is eintlik niks, of dit nou ‘n minderjarige was wat verkrag was of nie – en dit in ‘n land wat die hoogste verkragtingsyfer op hierdie planeet het. Binnekort kan ons dus ook opgeskorte vonnisse vir moord verwag. Alles tuimel by die dag al hoe meer die afgrond in, die rampokkers en kriminele het ‘n fantastiese tyd in hierdie land en AS hulle tronk toe gaan, daar ook! Waar is de Klerk se kamstige oplossings en sy denkbeeldige wigte en teenwigte?

Chris Pretorius ·

Die boodskap wat hier uitgedra word, is om van te kots. Liewe land, ‘n kind se lewe is verwoes.

Elsa ·

Kap af wat hom pla. Hoekom moet ek R500 per dag per gevangenis betaal? Landdroste en regters, skrik net ‘n bietjie wakker. Jy betaal ook daardie bedrag. Laat hul werk vir hul hotel verblyf. Hoop nie hierdie persoon is nog in SAID se diens nie………………

Ek stem! ·

En dit in ‘n land wat kastig veg teen misdaad teen vroue en kinders!
Wat ‘n grap!

Anoniem ·

Het die landros nie dalk sy kwalifikasies gekoop nie? Alles is moontlik en hoeveel geld het hy ontvang vir die bribe. Dit maak my naar dat die slagoffer daaronder moes ly en die krimineel
kom skotvry. Fire die landros.

Peter Says ·

Geskok…Nee, moet nie wees nie…moord word ook nie beskou as n misdaad nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.