Opgeskorte vonnis vir Eskom-werker wat olie steel

Eskom se Tutuka-kragstasie. (Foto: Marco Longari/AFP)

ʼn Werknemer van Eskom is ʼn opgeskorte vonnis opgelê nadat hy verlede jaar vyf dromme hidrouliese olie by die kragvoorsiener gesteel het.

Katlego Twala was by die Tutuka-kragsentrale in Mpumalanga werksaam toe hy in Oktober 2022 die olie gesteel het.

Die streekshof op Standerton het Twala een jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is, mits hy ʼn boete van R10 000 betaal. Hy mag ook nie in hierdie tyd ʼn vuurwapen besit nie.

Botse Sikhwitshi, waarnemende bestuurder van veiligheid by Eskom, het die vonnis verwelkom en sê die kragvoorsiener verdra geensins oneerlikheid of misdadigheid van sy werknemers nie.

“Ons sal aanhou poog om die kwaaddoeners wat ʼn skaduwee oor Eskom gooi, uit te werk,” sê Sikhwitshi.

Die kragvoorsiener het die polisie, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en sy eie interne ondersoekspan bedank vir hul bydrae in die saak.

Eskom het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting omtrent onwettige kragverbindings, bedrog, diefstal van steenkool, olie of diesel en alle ander kragverwante misdade by Eskom se misdaadlyn, 0800 1127 22, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

vuurvliegie ·

Die regstelsel laat Suid Afrika in die steek. Wat help dit as Eskom en die Polisie die skelms vang en dan kom die howe met sulke belaglike vonnisse.

J. J. ·

Gelukkig kan die regering van die dag, sê dat hulle nou ‘n “groot” misdadiger by escom vas getrek het. Wat doen hulle oor die sindikaat misdade? Kry Cele om escom te besoek, en ons sy mense te ontplooi saam met die weermag, sodat hulle die skelms kan vastrek. O…. , hoe kan enige iemand dit sê, hulle is dan so besig om verkeerspoliesie te speel, sodat die metros se mense kan probeer om misdaad te bekamp?

Nie Verbaas ·

“Ons sal aanhou poog om die kwaaddoeners wat ʼn skaduwee oor Eskom gooi, uit te werk,” sê Sikhwitshi. Ek gaan my lag eers in die nuwe jaar onder beheer kan kry. Hierdie mens is n nar.

George ·

Wat n grap ..,wat n sirkus !!!.….opgeskorte vonnis as hy n boete van R10000;betaal nadat hy hoeveel duisende en honderde rande gemaak het uit sy diefstal !!…ons regstelsel is een groot klug

Suzette ·

Dit is hoekom hierdie diewe en terroriste net sal aangaan – geen probleem….

Seef ·

Al hierdie tipe misdade moet as ekonomiese sabotasie teen die land gesien word en as verraad beroordeel en gestraf word. Ongelukkig is die regstelsel ‘n klug.

Jakes ·

Wat n siek grap. Kyk maar, binnekort sal Twala n senior posisie by Eskom beklee en deur die president n medalje aangebied word.

Casper ·

Treë die werknemers in selfverryking op of in opdrag van hoër bestuurslui en politici.

Niklaas ·

Hy staan nou ‘n groot kans op bevordering. Die kaders gaan nie enige probleem hê met sy misdaad nie , maar wel met die feit dat hy betrap was.

Marcello ·

Wat ‘n grap, hulle kom net niks oor nie. Dit is g’n wonder Andre de Ruiter het gesê: Die owerhede werk net nie saam nie.

Piet parys ·

Lagwekkend …. seker connections in eskom wat hom beskerm het wat so n ligte ” vonnis ” ge organize het vir hom om nie te PRAAT nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.