Opgeskorte vonnis vir strafbare manslag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Soldaat van die Suid-Afrikaanse Weermag wat ʼn 10-jarige in 2011 doodgery het, het ʼn opgeskorte vonnis ontvang.

Kago Moses Moiroagale (46) van Potchefstroom het Donderdag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Senior landdros Sam Nkuna het hom skuldig bevind aan strafbare manslag.

Moiroagale is tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy ʼn boete van R4 000 moet betaal.

Sy regspan het vroeër aangevoer hy het nie die spoedgrens oorskry nie en hy het ook nie onder die invloed van alkohol bestuur toe die ongeluk plaasgevind het nie. Moiroagale het ook getuig dat die taxibestuurder, wat ook by die ongeluk betrokke was, nie met sy flikkerlig aangedui het hy wou draai nie.

Die skoolmeisie, Amanda Charmaine Thobela, is op 21 September 2011 in Sibayeni naby die Swaziland/Mosambiekse grens oorlede.

Moiroagale het onskuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.