Opgradering van Moloto-pad ‘’n prioriteit’

Minister Blade Nzimande. Foto: @TrafficRTMC/Twitter

Blade Nzimande, minister van vervoer, het Dinsdag gesê opgraderings aan die gevaarlike en berugte Moloto-pad wat Gauteng aan Limpopo en Mpumalanga verbind, is tans een van sy departement se hoofprioriteite.

Die departement van finansies het R3,3 miljard toegeken vir die opgradering van dié pad, ook bekend as die R573, wat op ʼn daaglikse basis sowat 50 000 voertuie dra. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sal na verwagting dieselfde bedrag uit die agentskap se eie sak vir opgraderings gee.

Die projek wat opgraderings aan die Limpopo- en Mpumalanga-gedeeltes van die pad behels, sal oor die volgende vyf jaar sowat 12 500 werksgeleenthede skep.

Nzimande sê ander projekte wat tans prioriteit geniet, is die opgradering van die EB Cloete-wisselaar tussen die N2 en die N3 in eThekwini, wat ook as die “spaghetti-wisselaar” bekend staan. Bykomende bane in die paaie tussen Camperdown en Cato Ridge en tussen Camperdown en Lynnfield Parks sal ook gebou word.

Dié twee projekte sal onderskeidelik R1,5 miljard en R1,2 miljard kos.

Nzimande se versekering oor die opgraderings volg nadat ses mense vandeesweek op die Moloto-pad dood is.

Volgens Nzimande sal die departement onmiddellik optree om die veiligheid van motoriste op dié roete op te skerp, onder meer deur spoedkameras te installeer en sperstrepe duidelik aan te bring om te verhoed dat bestuurders aan die teenoorgestelde kant van die pad ry.

Nzimande het verder gesê ’n nuwe pad sal gebou moet word as gevolg van hoër verkeersvolumes. Sanral is tans in gesprek met die Nuwe Ontwikkelingsbank om die geraamde koste van dié pad wat R4,2 miljard sal beloop, te finansier.

Die minister het die moontlikheid bespreek om in gesprek te tree met ander rolspelers vir finansiering, ’n opsie wat vroeër van die tafel af was.

Sanral het gesê die stimuluspakket van R3,5 miljard wat deur die regering verskaf word, sal aangevul word deur ʼn verdere R9 miljard wat hy self beskikbaar sal stel – dit kom dus neer op ’n belegging van R13,1 miljard vir kritieke en strategiese padinfrastruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Natasha ·

Ek wil dit eers sien – dan gebeur wat met Paul Krugerstraat gebeur het die pad nou nog nie klaargemaak nie – en dis al 4 jaar later

Ellisras ·

Natuurlik moet ons dit e Tol paaie maak. Die gebruiker betaal. Die mense wat beter paaie kry betaal en die wat nie kry nie word uitgelos.

Kriekie ·

Ekskuus? Ry jy dalk daardie pad? Ek ry wel daar en daar is nie n alternatiewe pad nie. Elke keer as daar n ongeluk is, sit ons ure en wag dat die pad weer oopmaak. Mense gee nie aandag nie en om tol te betaal sal niks help nie.

Frannie ·

Mmmmm, ek het nogal gewonder hoeveel mense eers moet dood gaan op hierdie pad voor daar ingegryp gaan word.

Mariaan Linde ·

Ons gebruik daagliks die R573 sperstrepe is baie duidelik en die pad behoort nie so gevaarlik te wees nie die probleem is die padgebruiker wat ALLE verkeersreëls verontagsaam, die wet moet TOEGEPAS word. Ek verbaas my dat daar nie meer ongelukke plaasvind nie. Kameras moet eintlik aangebring word om die oortreders vas te trek, nie net vir spoed nie. Daar is geen respek vir n sperstreep, n draai of n bult nie. En as hulle wil verbysteek in die noodbaan is breed genoeg dan word dit gedoen.

Kenny ·

Net so. Dis nie die pad nie, dis die wat hom gebruik. Hulle jaag soos mal goed op en af.

leser ·

al word die sperstreep ook 100meter wyd geverf , sal dit nogsteeds verontagsaam word, ekt al gesien waar daar 3 busse langs mekaar in moloto – mpumalanga rigting, net na die polisie honde eenheid, ry, die een wil die ander verby, maar aldrie ry teen dieselfde spoed, te hel met die voertuie terug stad se rigting

Francois Muller ·

Duidelike sperstrepe en spoedkameras gaan nie help nie, want die meerderheid padgebruikers steur hulle nie aan padreëls nie.

IK ·

Onder ANC-regering moet dinge eers erg skeef loop voor daar reaksie is.

wielie ·

Praat praat praat praat al vir jare. Ek ken mense wat hul seun en sy gesin op daardie pad aan die dood afgestaan het in n bus ongeluk. Instede dat hulle ophou vergader en geld mors met die gepratery en actually begin werk maak daarvan.

Ai. ·

Julle kan die pad reg maak soveel jul wil maar as die mense roekeloos ry gaan daai pad se dood statistieke nooit verander nie!

D B ·

Stem saam, om die pad “reg te maak” gaan niks verander nie. Haal julle boeties wat nie kan bestuur soos ordentlike mense van die pad of soos julle moet, en julle sal al daai geld spaar en niemand sal doodgaan nie. Die probleem is nie die pad nie, maar die gebruiker.

Ja swaer ·

Etol of enige ander tolleransie sal mos nie werk op die Moloto pad nie. Dis 99% taxis en busse en hulle sal vrygestel wees daarvan. Boonop word hulle gesubsidieer deur die regering. En hoeveel taxi eienaars ontduik nie belasting nie. Melk maar die wit koei, sy is altyd gewillig om nog meer te gee vir alles en nog wat. As sy droog gemelk is, slag haar en hou n groot paartjie

Johnnie ·

Ja nee Natasha ek stem saam gaan net weer nog n geld mors projek . Die enigste om die spul uit die aankomende verkeersbaan te hou is sit n konkrete muur tussen die twee bane, maar om te sê hulle wil die solide lyne duideliker verf is n grap. As hulle wil verbygaan dat gaan hulle oor n solide lyn verby. Dis hoekom daar so baie noodlottige ongelukke is, hulle “dont care” arroganie agter die stuurwiel.

jennefer ·

Jip, selle ding hier by ons op N1, die strepe stop sommige net nie.

Liekie ·

Die berugte Moloto pad van die dood is al baie jare in die nuus !! Elke nou en dan is daar ‘n opflikkering.
Telkens word daar BAIE geld begroot vir ‘n beter pad.

Wat word van die herhaalde begroting en vooruitsigte van ‘n nuwe beter pad bou ?

OF VERBEEL EK MY ??

Elize ·

AG ASSEBLIEF! Julle dreig al vir die laaste 23 jaar om die pad op te gradeer, en daar het nog net dadels daarvan gekom. Almal ingesluit ons liewe blanke broers, jaag soos maniake op die pad, as jy ‘n bakkie of ander fancy SUV ry, dan het jy mos ry voorrang wat alles aanbetref en moet almal met padgee vir jou. 95% van die padgebruikers op hierdie pad is padvarke en dit sluit die vrouens in. Daar word verby gegaan op sperstrepe, blinde draaie en hoogtes, ek het al ‘n paar noue ontkoming op die pad gehad. Ek dink elkeen moet na sy eie bestuursvernuf en kennis van die reels en regulasies sowel as padtekens ken en dit toepas, dan sal dit baie beter gaan.

Die waarheid ·

Eskom sal aln wins toon danos die Moloto pad nog steeds die padvan die dood. Elke verkiesings jaar word daar vir hom begroot en dan gebeur daar niks soos met vele ander kritiese projekte in SA.

Thinus ·

Opgradeer sommer die R513 Cullinan pad ook. Want die regering laat toe dat duisende onwettige huise langs die pad gebou word sonder om na die infrastruktuur te kyk. Weereens geen idee van hoe om te beplan nie, so nou is daar duisende karre ekstra op ‘n enkel pad en die taxis veroorsaak chaos deur alle wette te verontagsaam en die metro is netens te sien nie. Hierdie gaan die tweede pad van die dood word. Watch this space en die DA administrasie help ook nie veel nie.

Andre ·

Ag wat ‘n grap ! Ek het tussen 2001 en 2003 dikwels die pad gebruik en dit was toe al lank die pad van die dood genoen en daar sou destyds al iets gedoen wor

koos1 ·

Vergeet van die pad, maak die treinspore reg en laat gereelde treine ry om die duisende mense te vervoer. Dit is veiliger en goedkoper as busse.

ne ·

Hoekom word die probleem nie ny die naam genoem nie? Taxi’s, Busse. Wie is die bestuurders?

Kriekie ·

Ek wens so julle kan sien wat op my Dashcam is vandag. Ek het 38 km op die Molotopad gery en daar het letterlik dosyne voertuie verby my gejaag oor die soliede sperstreep terwyl ek by die spoedgrens hou. En so gaan dit elke dag. Net terloops, daar is merkwaardig min taxis op daardie pad maar dit is opvallend hoe baie oortreders vetg@t voertuie of Polos ry.

Pieter ·

Daar is n goedkoper manier deur net PUTCO drywers asook die busse vas te vat

Johan ·

Wat van die beplande spoorlyn? Die Kwa Mahlanga (Moloto) pad is nie ‘n hoofweg nie en kan dus nie aan e-tol onderwerp word nie. Die pad het net deur die jare ontoereikend vir al die verkeer geword. Daar moet robotte by die Wewerweg en die Buffelsdritf aansluiting geplaas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.