Opgraderings aan premier se huis kos dermiljoene

Willies Mchunu

Die DA in KwaZulu-Natal sê hy soek antwoorde nadat Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, opgraderings van meer as R32 miljoen aan sy huis in Pietermaritzburg laat doen.

Dit volg ná Mchunu se kantoor op ʼn navraag van die DA, wat deur die premier onderteken is, met inligting oor die totale uitgawes gereageer het.

Volgens die DA kos dié opgraderings aan Mchunu se huis in Parkside altesaam R32 650 330.

Die koste is onder meer aangegaan vir opgraderings aan die swembad en die omliggende terrein, insluitend die plaveisel en braaiplek, wat sowat R1 010 000 gekos het, die opgradering van drie badkamers vir sowat R540 000 en herstelwerk aan elektriese ligte en toebehore vir R180 000.

Die verklaring sê ook dat die maandelikse lopende koste vir die eiendom ʼn tuindiensfooi van R15 960 insluit, ʼn water- en kragrekening van sowat R10 000 en DStv vir R1 755.

Die opgraderings sal gedoen word deur die departement van openbare werke wat beoog om alles teen 2023 klaar te hê. Van die werk, soos onder meer die opgraderings aan die badkamer, is egter reeds voltooi.

Sizwe Mchunu, leier van die DA in KwaZulu-Natal, sê dié tipe uitgawes aan opgraderings is ʼn “klap in die gesig” vir elke mens in die provinsie wat sukkel om kop bo water te hou.

Hy sê dit is ook ʼn terugslag vir diegene wat haweloos is of al jare lank vir laekostebehuising in die provinsie wag.

Volgens hom volg die nuus oor dié opgraderings kort nadat eThekwini-munisipaliteit in Durban bekend gemaak het dat hy meer as R300 miljoen kort om die skade in dié provinsie te herstel nadat die verwoestende storm vroeër vandeesmaand die provinsie getref het. Skade aan ʼn hele rits hospitale word ook geraam op R100 miljoen.

“Met die provinsie se huidige massiewe behuisingsagterstand tel elke sent. Dié R32 miljoen wat toegewys is om die premier se huis op te gradeer, kon meer as 300 laekostebehuising-wonings opgerig het. Die geld kon minstens 300 gesinne ʼn mate van waardigheid en hoop gegee het,” het hy gesê.

Hy sê die verklaring meld slegs R2 miljoen van die opgraderings. Hy sê die DA gaan daarop aandring dat die premier openbaar maak presies waarvoor die res van die geld aangewend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tjaart Strydom ·

Wat is fout met die eens trotse Zulu-nasie. Staatsgeld word aan luukshede spandeer of dit hulle geld is om te spandeer soos hulle goeddink. Politieke opponente word byna daagliks uitgewis .Is dit nou die voorbeeld van no 1 wat so slaafs nagevolg word

Eish ·

Shaka en Dingaan verdra nie opposisie nie, vandaar die moorde.
R32m opgradering ? Nkantle is kleiner as Nkantla.
Natuurlik is hul trots! Alhoewel Zulus net 22% van die totale bevolking maak hul 45% van die parlement uit.

Pietsepan ·

Natuurlik! As die baas dit doen kan Klaas om mos! Dis darem salig om jou deel uit die Help Jouself Fonds te neem. Jy verdien dit mos om te skep soos jy wil. Daar is dan soveel jaar teen jou gediskrimineer!

Leeftyd ·

My leeftyd wat oor is in ka-bout-er-land gaan veels té kort wees om alles te ervaar van wat nog gaan gebeur. Die uitdrukking ‘niks nuuts onder die son’ geld nie vir afrika.

Leahim ·

Die Burgermeester van Pretoria verkoop sy huis om huise vir armes te bou die ou verbeter sy huis met genoeg geld om n hele buurt te bou vir arm mense dit is die verskil tussen die ANC EN DA

Vermeende ·

10 mil hier en n 100 mil daar, Siener het gese, ons geld sal nog so min werd word dat jy jou huis daarmee kan uit plak.

Leahim, was daar enige blankes wat gebaat het by die DA burgermeester se goeie werk????
Ek glo nie!!
Laat jou dink ne.

Ena van Rooyen ·

Vermeende- en die verbeterde dienslewering, die feit dat jou kultuur en kultuur historiese plekke beskerm en skoongehou (gerespekteer word) tel nie! Kom wees eerlik- wie het nie getel in die ou NP bedeling? Wie het glad nie getel in die ANC bedeling? (Almal)!!! DA Bedeling bring weer balans- kry preoriteite reg! Hierdie is n land vir ALMAL wat geboortereg hier het. Hoe gaan ons anders kan saamleef sonder om mekaar te haat en ooit vrede te hê?

Marinda ·

Genade, wil hulle nie sommer opgraderings aan my huis ook kom doen nie? Die dak het instandhouding nodig, die buite mure kort ñ verf end die plaveisels lyk so bietjie vaal om nie te praat vd mure om die erf nie. O ja, dalk kan hulle vir my elektroniese veiligheids hek opsit en “electric fencing” opsit. Glo nie dit sal R32m kos nie, ek sal self die verfwerk doen om koste te bespaar. Bwhahahaha hahahaha. O ja, vergeet ek huur maar net die plek. Oops. Hahahaha.

Apache ·

Waneer gaan die tyd aanbreek dat korrupsie en selfverryking in die kiem word gesmoor, my gevolgtrekking is dat hierdie premier nie n duit omgee vir sy mede burgers nie en dat hy sy amb as premier nie waardig is nie.
Ek dink sy motto is, steel van ander om self n luukse lewe te he.

zoom zoom ·

Iemand plus nog maak geld uit die tender. Klink so iets uit nr1 se huis bou storie. Opgradeer van fire pool plus plus plus.

Veronica ·

Blerrie skande!! Maar skep maar Gierige Parasiet! Die tyd raak kort! Hoop die spoke v mense , wat regtig weet wat swaarkry is, teister jou dat jy geen rus in jou weelderige woning kry nie.

Manna ·

Is Afrika nie ‘n intresante plek, nes jy dink jy het alles gesien en gehoor dan gebeur daar iets nuut. Die arme belasting betalers sal maar weer soos gewoonlik opdok.

Deon Meyer ·

Hoe op aarde word staatsgeld gebruik om privaatwonings op te gradeer?Waar in jou lewe het jy gesien dat jou werkgewer vir die opgradering van jou woonhuis betaal?As jy so iets wil laat doen moet dit seer sekerlik uit jou eie sak betaal word.

Alida 2 ·

Ek stem saam . Hoekom word privaatwonings opgeknap!!
Betaal self vir jou eie opknappings, ons moet dit almal doen.
Met daardie geld kan ‘n nuwe spogwoning gebou word.
He een woning en elke nuwe premier kan hom ook bewoon
Werk sal eers in 2023 voltooi wees. Wie sê Mchunu is dan nog die premier?

Adrian ·

Maar die burgemeester in die kaap word verniel deur die cancer beweging hier gebeur nix want dis cancer is in zululand in beheer

Katy ·

Belasting en staats geld word gesteel vir huis luukse en op gradeerings, terwyl oumense hul lewe lank gewerk het en vergaan van honger . Gebruik die gelde eerder vir blindes, dowes, kanker lyers , gratis tehuise vir oumense en help ons arm mense vir kos op die tafel. Ek sal ook wil asem haal en gaan slaap sonder om môre te wonder of ek gaan oorleef.

Pop ·

En toe het almal hulle monde vol gehaf oor de lille 2 miljoen van haar eie geld gebruik het om haar huis te beveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.