Opknapping by 1 Militêr ʼn ‘vermorsing van geld’

1 Militêre Hospitaal

Die 1 Militêre-hospitaal in Pretoria. (Foto: Facebook / 1 Military Hospital)

Die gesamentlike staande komitee oor verdediging is uiters bekommerd oor die uitgerekte, peperduur opknappingswerk aan die eerste verdieping van die 1 Militêre-hospitaal in Pretoria.

Die herstel-en-onderhoudprogram (Ramp) is in die finansiële jaar 2005-’06 van stapel gestuur en het reeds meer as R1 miljard gekos.

Boonop het die departement van verdediging al meer as R627 miljoen aan mediese uitkontraktering weens die gesloer van die projek bestee.

Die komitee het Vrydag in ʼn verklaring gesê dié projek put die departement se reeds beperkte begroting nóg meer uit.

“Gevolglik het die komitee versoek dat ʼn forensiese verslag wat deur die voormalige hoof van die weermag aangevra is, asook vordering rakende die toepassing van aanbevelings in dié verslag aan die komitee verskaf word.

“Ons vind dit uiters problematies dat die Ramp steeds nie afgehandel is nie. Die projek tap geld sonder ophou, wat ʼn negatiewe uitwerking op die fiskus het,” sê Elleck Nchabeleng, medevoorsitter van die komitee.

Die komitee sê hoewel hy die verdedigingswerke-formasie (Defence Works Formation) se voorneme om die projek te finaliseer verwelkom, is die onsekerheid rakende finansiering en die beplande 29 maande om die projek af te handel tog onrusbarend.

Luidens die verklaring het die hospitaal sy akkreditasie as ʼn vlak 4-hospitaal by die Afrika-unie en Verenigde Nasies verloor om eksterne en interne vredesbewaringsoperasies te ondersteun. Dít word grootliks toegeskryf aan die nie-voltooiing van die Ramp.

“Wat kommerwekkend is, is dat ons nie die waarde van die uitgawes bevredigend kan uitwys nie,” sê Cyril Xaba, medevoorsitter van die komitee.

Die komitee het onderneem om die hospitaal weer te besoek om agter die kap van die byl te kom en verantwoordbaarheid te verseker.

Dít sluit ʼn duidelike uiteensetting van alle uitgawes wat tot dusver aangegaan is, asook die nodige optrede teen alle betrokke amptenare en diensverskaffers wat by enige moontlike wanpraktyke betrokke was in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

casper ·

AAG — Net nog ‘n ANC kader wat geld maak deur sy tenderpreneneurs kennis.
Niks belangrik nie !!

Anel ·

Die hispitaal is nie eers so oud nie. Hy kan eintlik maar toe maak. Ek hoor maar hoe kla die lede. Meeste operasies word by privaar hospitale gedoen en dan moet die mense in 1Mil aansterk. Verder wag hulle dae vir hul kronisie medikasie en ander medikasie word by privaat apteke gekry, want die hospitaal se apteek het nooit niks nie. So, om so baie geld te spandeer op een vloer, kon hulle maar die plek gesloop het en ‘n heel nuwe hospitaal gebou het. Ek glo dit sou goedkoper gewees het.

SomeOne ·

afgetrede sanw lid kan die stelling heeltemal ondersteun, baie kere daarin die laaste jaar, mense dra goed op na die eerste vloer dak, 15 minute later kom ‘n ander een met dieselfde goed weer af na die grondvloer (eintlik die 2de vloer)

Mariana ·

En vroeër jare was dit baie goed toegeruste en bestuurde hospitale. Kan sien wie nou in beheer is. Soos als val dit ook uitmekaar.

Perdeby ·

Nie oud nie??? Sjoe meer as 60 jaar oud! Hulle het hom maar net van 1994 af nie meer ondehou nie. Dit was een van DIE beste hospitale in die land gewees.

Johan ·

Nog n komitee en beloftes ek was ook n pasient daar maar 4 keer weg gewys oor teaters wat nie werk nie operasie uit gevoer by private hospitaal 5 jaar later

Kokerboom ·

Weer ‘n kwessie van GEEN aanvaarding van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid. Geen benul van waarde en skaarsheid van geld!Volslae onvermoee en onbevoegdheid van die huidige kader regering!

Eiervrug ·

Wha haaa!!!. Wonder wie besluit het op RAMP. Ek dink daardie persoon is ‘n siener….

Blomme ·

Weer ń onbevoegde groep wat die tenders ontvang het. Ontvang die fondse maar geen dienslewering. Algemeenste ding in die BEE samelewing van ons. Die regte kleur wat die regte mense op die regte plek ken.

Mariana ·

Nee wat HKGKN, is mos nie hulle skuld nie. Word net so onder mat ingevee……is mos wat dit is.

Nie Verbaas ·

En hier gaan die onbeholpe, korrupte en goed vir niks ANC alweer.

Wakkerslaper ·

Ja nê…. die eens wêreldklas 1M onder “bose” blanke bewind…. nou ‘n hool van pes en ellende onder “demokratiese” bewind….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.