Opknapping van 1 Militêr ‘’n ramp’

1 Militêre Hospitaal

Die 1 Militêre-hospitaal in Pretoria. (Foto: Facebook/1 Military Hospital)

Die parlementêre komitee vir verdediging het Vrydag hul misnoeë met die opknapping van die 1 Militêre-hospitaal in Pretoria uitgespreek, aangesien die mees basiese stappe skynbaar nie gevolg is om te verseker dat die opknapping doeltreffend en suksesvol gedoen word nie.

Dit wil boonop voorkom of korrupsie nou ook by dié projek kop uitgesteek het en staatsfondse verduister is.

Só is daar byvoorbeeld miljoene rand se mediese toerusting aangekoop wat nou mee weggedoen sal moet word, aangesien dit nie deur die hospitaal se deure pas nie.  Nuwe hospitaalgange op die eerste verdieping is ook te smal om hospitaalbeddens deur te laat.

Dié besonderhede is vervat in die forensiese verslag oor die herstel- en instandhoudingsprogram (RAMP) by 1 Militêre-hospitaal, wat die gesamentlike staande komitee oor verdediging onder oë gehad het. Volgens die komitee is die opknapping tot dusver rampspoedig en moet die minister en sekretaris van verdediging, asook die militêre bevelsraad, hiervoor verantwoording doen.

Volgens Malatswa Molepo, parlementêre woordvoerder, dui die verslag op verskeie tekortkomings in die projek, onder meer slordige projekbestuur, gebrek aan toesig, onredelike kosteverhoging, arbitrêre veranderinge in die omvang van projekte, gebrek aan koördinering en bestuur van konsultante en kontrakteurs, afwyking van normale verkrygingsprosesse, oorbetaling van kontrakteurs, koste van die uitkontraktering van mediese dienste en moontlike korrupte verhoudings tussen amptenare van die departement van verdediging en sy kontrakteurs.

Die komitee is onder meer ontevrede met die mediese toerusting wat ter waarde van R20 miljoen aangekoop is, maar nou nie deur die deure van die hospitaal pas nie. Die herontwerp van die hospitaal se eerste verdieping het ook daartoe gelei dat ’n gang wat na die teaterkompleks lei, te smal is om hospitaalbeddens deur te stoot.

Cyril Xaba, medevoorsitter van die komitee, sê hoewel die komitee die uiteindelike vrystelling van die verslag verwelkom, dit op ʼn uiters beroerde stand van sake by die hospitaal dui.

Volgens Mamagase Nchabeleng, die medevoorsitter van die komitee, moet ’n siviele eis teen diegene wat verantwoordelik is, ingedien word om die winste te verhaal wat direk voortspruit uit onwettige dade wat in die naam van die RAMP-projek gepleeg is. “Die kantoor van die ouditeur-generaal moet ook optrede ingevolge die Wysigingswet op Openbare Oudit inisieer, om op te tree teen korrupsie en verlore fondse terug te kry,” het Nchabeleng gesê.

Die komitee het egter daarteen gewaarsku om die projek te laat vaar, veral in die lig van die strategiese aard van die hospitaal in die verskaffing van gesondheidsorg aan soldate en militêre veterane. Die komitee het ook ’n beroep gedoen op doeltreffende en beter toesig om doeltreffendheid en beter besteding van belastingbetalers se geld te verseker.

Die komitee het die departement opdrag gegee om vordering en planne met betrekking tot die opknapping op ʼn kwartaallikse grondslag te verskaf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Phillip ·

Lekker wil mos net ander mense gebriuk . Wys weer die verskil tussen mense hehehehe

Jakes ·

Weereens n bewys dat alles wat die huidige regime aanpak, in tjorts verander. Ek meen jy sal elke dag vir n jaar lank n tronk moet bou om hulle te huisves indien hulle ooit aangekla en gevonnis sou word. Tragies om te dink dat ons deur sulke narre regeer word.

Anoniem ·

Dis nog niks, gaan kyk hoe lyk Wingfield se siekeboeg en tandheelkundige afdeling. Dis vieslik vuil, my siekte toestand klaar sommer binne sekondes op en my tande val sommer vanself uit weens vrees vir wat mag voorlê. Wat ‘n absolute skande.

Elize ·

Nog ‘n suksesvolle projek opgeneuk deur onbevoegde tendertrepeneurs en kaders. Amandla! Viva die ANC!

Danny ·

Skree weer korrupsie en swak dienslewering. Om nie eens te praat van die onbekwaamheid nie!

Pietertjie ·

Wat is deesdae níé ‘n ramp nie? Veral waar die letters AenC ‘n rol speel?

Marius ·

Oral waar die regering hul vuil vingers in het is daar ‘n ramp.

Vettiemaragartos ·

????????????????!!!!! Are you free or are you dom?

nikkel ·

Was ‘n puik hospitaal. Het n slag ‘n voetoperasie ondergaan. Was deur ‘n opgeroepte burgermag dokter geopereer.
Eerste klas behandeling gekry. Operasie 100% suksesvol gewees.
Dit was egter amper 40 jaar gelede. Genadiglik is my militêre diens ook al dekades gelede verby.
Nou is dit ‘n gevaarlike hool.

jlantie ·

Geen wonder hulle het die ramptoestand verleng nie, want alles wat hulle doen word ñ ramp

Willem Wikkelspies ·

Pragtig! Klassiek .. Trevor Noah sou dit nie beter kon doen nie.

.. 0 Militêr vir ons verbrokkelde nasionale miltêre vermoë ..

0 militêr vir 0(zero) militêr aka 0 = 0

of soos my naamgenoot gesê het ‘Nothing will come of nothing’

annie ·

Net dié hospitaal is ‘n ramp? En hulle wil ‘n nuwe gesondheidstelsel invoer? Die DA kan gerus mense afvaardig vir ‘n bestekopname van staatshospitale. Die meeste in die noorde lyk of die weermag handgranate daar laat val het. Leeus wat wil ontsnap uit dieretuine weet die lang gras by hospitale bied goeie skuiling.

JohanR ·

Hierdie hospitaal was in die NP se tyd ‘n spog hospitaal, wereld bekend. Selfs ou David Mabuza sou 1 Militer of self HF Vervoerd toe gegaan het, en nie Rusland toe. Kan jy sien dat ou Cyril Ramaphosa homself hier sal inboek vir ‘n operasie? Gee ‘n ding vir ‘n ANC kader en woerts is hy gebreek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.