Opknapping van Solomon Mahlangu-plein kos reeds miljoene meer

'n Kunstenaarsvoorstelling van die opgeknapte Solomon Mahlangu-plein.

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die opgeknapte Solomon Mahlangu-plein.

Die koste om die Solomon Mahlangu-plein in Mamelodi op te knap, het reeds R49 miljoen beloop.

Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, het aanvanklik gesê die opknapping sal sowat R36 miljoen beloop. Hy het egter Maandag aan verslaggewers in Mamelodi gesê die stuk grond is baie belangrik aangesien dit dikwels as ʼn bymekaarkomplek tydens betogings dien.

Op ʼn vraag aan Ramokgopa oor wat bygevoeg is tot die plein, het hy gesê die grootste gedeelte van die geld is vir grondwerk gebruik. Ramokgopa het gesê tydens die tweede fase van die opknapping sal daar ʼn museum en ʼn teater gebou word.

Molebatsi Bopape, Gautengse LUR vir sport, kuns en kultuur, het gesê die geld wat bestee word aan die opknappings verteenwoordig die kritieke rol wat Mahlangu in die stryd teen apartheid gespeel het.

Samantha Makwethu, ’n inwoner, het gesê hoewel die opknapping edele bedoelings het, is daar ander dringende kwessies wat aangespreek moet word. “Ek voel ons is onder beleg van misdadigers hier in Mamelodi. Ek dink baie mense sal bang wees om te kom en ontspan op hierdie grasperke omdat ons voortdurend deur dwelmverslaafdes beroof word. Ek dink die burgemeester moet ons veiligheid eerste aanspreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Louis van Niekerk ·

Die ANC is vas gevandg in die verlede wanneer daar verwys word na die kritieke rol wat Malangu teen apartheid gespeel het. Hulle is so vas gevang in die verlede dat hulle die NOODSAAKLIKE behoeftes ignoreer.

Die geld wat gespandeer word laat my wonder of daar maar ook nie vir die verryking van sekere kontrakteurs is en gesorg word vir maatjies. Ek maak die stelling na aanleiding wat ek gesien het van Nkandla.

Ander saak waaroor ek dink is dat hulle nie instaat is om daardie plein te onderhou nie. My voorspelling is dat ‘n jaar nadat die projek voltooi is moet ons maar weer gaan kyk hoe daardie 49 miljoen rand opgepas was

Niel ·

Hulle gooi lekker geld rond terwyl daar belanriker kwessies is wat aandag verg, kort gelede was daar nog die biljoene vir die water of kragmeters wat nooit geinstalleer was! Waar gaan dit eindig?

fransie rowles ·

Hoeveel mense kan nie gevoed word met daai geld nie?
Ons regering kort dringend mense met breins!!

Winston ·

Nog net meer geboue om brand te steek en te verwoes. Baie belangriker dinge wat aangespreek moet word. Die regering dink nou nog “apartheid” en beweeg nie aan nie terwyl hulle rassisme aanvuur.

BoereBikerBaby ·

ag shiiiit daar gaat ons belasting gelde weer! waar isi dae wat die rondawels van klei / mis en gras gemaak was… terwyl daar mense is wat groter issues het soos die sanitasie in squatter camps…

Eliza-beth ·

Nog ‘n Nkandla! Net weer ‘n plek vir sekeres om daar te gaan sit-lê en hul Kentucky en McDonalds papiere rond te laat lê om die plein verder te “versier”. As iemand op News24 gekyk het na foto’s van Nkandla…SKOKKEND is die woord. Kyk veral na die sg “chicken-run” – dit lyk soos ‘n vervalle murasie!Praat nie van die res nie. So word ons geld gemors.

Landie ·

Betaal die regering/stadsraad/inwoners van Mamelodi of ons belasting-geld daarvoor??? Ek sal dit graag wil weet????

Pieter V ·

Kan jy glo, ons bou plekke op om betogins te hou,hoop hulle maak voorsiening vir genoeg klippe dan kan hulle die geboue op die betogings terrein gooi en aan die brand steek ,dan kan hulle sommer daar skreeu en dans ook. En wie is Solomon Mahlangu?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.