Opkomende veeboer weiveld kwyt weens besetters

‘n Stuk grond in die Noord-Kaap is onwettig beset. (Foto:Verskaf)

ʼn Opkomende veeboer van die Noord-Kaap is sy weiveld kwyt nadat grondbesetters verlede week daarop toegesak het.

Die Noord-Kaapse departement van openbare werke het ʼn klag by die polisie ingedien en begin met stappe om ʼn interdik te verkry teen die besetting van die grond nadat lede van die gemeenskap toegesak het op ʼn oop stuk grond in die Danielskuil-omgewing.

Die grond, wat tussen 30 en 60 hektaar groot, word deur ʼn opkomende veeboer gehuur wat dit reeds jare lank as weiding vir sy vee gebruik. Hy moes verlede week inderhaas sy vee verwyder nadat besetters vermoedelik van die vee begin steel het.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en dié party se provinsiale leier in die Noord-Kaap, sê die besetters het reeds voortgegaan met die uitmerk van erwe en die ontbossing van die omgewing. “Verlede naweek het hulle ook begin om strukture op te rig, maar hulle woon nie op die grond nie. “Daar is selfs ʼn kennisgewing aangebring wat die terrein as “Ré Losper Estate” aandui, op die oog af ʼn verwysing na die burgemeester van Kgatelopele, René Losper.”

Boshoff sê die besetters is welvarende lede van die gemeenskap en besit spoggerige voertuie.

Boshoff sê ʼn inwoner van Danielskuil beskik ook oor videomateriaal waarin ʼn vrou besetters aanmoedig om die wet te oortree om die plaaslike owerheid te dwing om die grond beskikbaar te stel.

Nog ʼn lid van die gemeenskap, wat ook ʼn praktiserende hidroloog is, het ingestem om ʼn geskikte terrein te help identifiseer waar die besetters hulle kan vestig.

“Hoewel die terrein goed geleë is, beland dit periodiek onder vloedwater en is dit om dié rede nooit ontwikkel nie. Dit is belangrik dat die geologie van die omgewing professioneel benader word aangesien dolomiet algemeen is en tot sinkgate kan lei as dit met water in aanraking kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann cb ·

Verwag hierdie grondbesetters dat hulle enigsins tot die ekonomie gaan bydra?

Kolle ·

Na aanleiding van laaste paragraaf: los hulle dan net daar.

JV ·

Stem saam, los hulle tussen die dolomiet en gee vir die opkomende n ander stuk grond ver weg van die besetters en sommer n titelakte.

Johan ·

Now suddenly the department of public works ran to the police???What about all the other farms that are occupied?

Alida X ·

Die storie van welvarende besetters met luukse voertuie het ek in ons omgewing ook gesien.
Dubbelkajuit bakkies en SUV’s staan langs teerpad terwyl kleims afgesteek word.
Ek dink hulle eis die grond op en verhuur weer die erwe.
Ongelukkig verstaan alle mense nie as daar gesê word grond is nie geskik vir ontwikkeling nie.
Laat een nou net in ‘n sinkgat val dan is daar weer eise teen munisipaliteit.
Die feit dat dit ‘n opkomende boer se grond is maak dit nie erger as ander grond nie.

KOOS ·

los hulle maar net daar, as hulle domastrant en gulsig wil wees…

Cornelia ·

Kom Boere, boer met leeus, train hulle en as daar geplak word, jaag die leeus deur. Kan jy jou voorstel? LOL

Tanell ·

….. Of lus hulle net daar…. Tussen die dolomiet, sinkgate en vloedwaters….

Feite ·

Die parasiete in hierdie land gaan nog die doodsteek van alles en almal wees. Vreet en verteer alles wat voorkom, Geen gedagte aan more en die toekoms nie.
Net ‘Me, Myself and I. “

Amanda ·

Dit is mos tyd om die weiding te laat brand sodat nuwe grassies kan groei?

Dorothy ·

Onthou net, as daar reen of sinkgate val, sal almal weer gevra word om steun te verleen aan die arme mense

kanarie ·

Cornelia ek is mal oor jou idee. Laat die leeus los!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.