Opleiding is die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram

Argieffoto. (Foto verskaf deur Sol-Tech.)

’n Omvattende opleidingsaanbod wat strek van skool, vaardigheidsopleiding, beroepsopleiding, universiteitsopleiding tot by voortgesette leer gaan die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram wees.

“Ons moet uit die Covid-19-krisis werk en leer. Volhoubare werk sonder kennis is egter nie moontlik nie. Indien ons in die kennisrewolusie op die voorpunt van werk wil wees, moet ons op die voorpunt van kennis bly. ’n Groot deel van die Solidariteit Werkherstelprogram gaan dus op kennis berus,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) gaan verantwoordelikheid neem om Afrikaanse onderwys van wêreldformaat nou én in die toekoms te help verseker. Wolkskool het voor die staat van inperking 5 000 kinders geregistreer en meer as 120 000 kinders daarna. Daar is ook aangekondig dat die SOS ’n modelskool gaan bou sodat gemeenskappe in staat gestel kan word om onafhanklike skole te bou waar daar nie meer ’n openbare aanbod is nie.

Solidariteit Helpende Hand gaan verskeie vaardigheidsopleidingsprogramme saam met vennote aanbied. Bo-Karoo Opleiding gaan sy opleidingsprogram op Orania uitbrei.

Die groot nuus is dat Sol-Tech sy nuwe kampus al in Januarie 2021 betrek. Dit gaan sy vermoë meer as verdubbel. Die proses om ’n koshuis te bou het ook begin.

Akademia gaan sy eerste voltydse studente in 2021 ontvang. Meer planne is ook bekend gemaak vir die bou van Akademia se nuwe kampus wat die aankoop van sowat 220 ha grond buite Pretoria insluit. Die graadaanbod van Akademia gaan radikaal uitgebrei word.

S-leer neem verantwoordelikheid vir voortgesette leer.

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum verwag om meer as R40 miljoen aan studiehulp in 2021 uit te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jakes ·

Dit is wonderlike nuus en n goeie visie. Dit het SA nodig gehad sedert 1994 want dan was hierdie n land met n blink toekoms.

Jaco ·

Waar gaan al dié studente werk kry na hulle “opgelei” is? Weet hulle én Solidariteit van regstellende aksie en BEE? Moet ook nie dink Co oorsee gaan” lei tot werk nie. Dis ‘n lang en baie duur proses.
Ek het so gesukkel om werk te kry dat ek later my 2 universiteitsgrade van my CV afgehaal het. 4 jaar studie het ek verander na 3 jaar studie waarin ek niks bereik het nie en 1 jaar militêre diensplig het ek verander na 2.
Niemand het my ooit oor dié leuens op my CV uitgevra nie. Deur sommer te lyk het ek later sowaar ordentlike werk gekry. Weens my “verkeerde” velkleur is daar egter geen kans op bevordering nie.
Maar nou ja, my 2 universiteitsgrade was geld- en tydmors. Opleiding tel nie veel in SA nie. Net die “regte” velkleur is die deurslaggewende ding.

Aai ·

Mooi so Solidariteit julle bou en die ANC en sy mense wil breek.Die een wat slim is gaan hard werk en nie omgee oor taal maar opleiding dat hy vir homself en sy gesin kan sorg en sodoende die ekonomie help bou.Welgedaan Solidariteit trotse lid.

Mossel ·

Vir my kind net te laat… ek het oral probeer en was af geskiet oor velkleur.. toe moes hy maar n werkie kry as produksie admin en al oor die 21 jr oud… het net die dai geld gehad vir privaat opleiding nie. Sad.. … well done dat daar nou n ligpunt is vir ons jong mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.