Oplossing vir SA se probleme is in selfdoen

Toekomsberaad-Kallie-Kriel

Kallie Kriel uitvoerende hoof van die burregte-organisasie AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Gemeenskappe wat in die toekoms wil oorleef, sal toenemend dinge vir hulself moet doen omdat die staat nie die verpligting gaan nakom nie.

Dit was die kernboodskap wat gister op die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria weerklink het.

Gemeenskapselfstandigheid sal staatsafhanklikheid moet vervang, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum gesê.

AfriForum het pas ’n baie suksesvolle 10 Dae van Selfstandigheid-veldtog afgesluit wat gemeenskappe regoor die land gemobiliseer het om self verantwoordelikheid vir die verbetering van hul dorpe en stede en veiligheid te neem. ’n Nasionale massapatrollie is gehou waarby meer as 3 000 mense betrokke was.

Beraadgangers het gehoor misdaad is ’n krisis en daar is sedert 1994 sowat 395 000 mense vermoor.

Kriel het gesê die beste manier waarop mense hulself beter kan beveilig is deur goed georganiseerde en verantwoordelike gemeenskapsbuurtwagte. AfriForum het reeds 67 sulke strukture en daar word beplan om dit binnekort te verdubbel. Die veiligheidsplan sluit in patrollies, reaksieplanne, radionetwerke en beheerkamers.

In die afgelope twee jaar het AfriForum sowat 400 gemeenskapsleiers opgelei en 2 500 mense het selfverdediging en ander opleiding gekry.

Kriel het gesê regering op plaaslike vlak gaan drasties agteruit.

In die eerste ses maande van vanjaar het AfriForum reeds 21 vullisterreine skoongemaak, 15 rioolaanlegte herstel en water-infrastruktuur onderhou, 500 straatligte herstel, 1 500 slaggate opgevul en meer as ’n halfmiljoen mense van goeie gehalte drinkwater voorsien.

Kriel het gesê dit word toenemend duidelik dat gemeenskappe keelvol vir swak regering is en besef dat hulle self sal moet moue oprol as hulle dienste wil hê.

AfriForum werk waar moontlik nou met plaaslike munisipaliteite saam. In gevalle waar dit nie gebeur nie, herstel AfriForum infrastruktuur waarna saakwaarneming toegepas word en uitgawes van stadsrade verhaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

‘n Mooi plan veral ten opsigte van sake wat Afrikaners direk raak. Hulle moet egter oppas om nie gratis arbeiders van instansies te word nie. Ek wil nie koue water oor die goeie bedoelings gooi nie, maar as mense in die proses beseer word, sal hulle dalk nie eise kan instel nie. En indien ander groepe op ‘n plek waar goedbedoelde herstelwerk gedoen is, skade ly, gaan die instansies wie se verantwoordelikheid dit eintlik is, dadelik die ‘helpers’ die skuld gee.

André ·

Jy praat waar John. Die ding is net: Bad things keep on happening when good people do nothing.

Johann Marx ·

En weer sit die regering agteroor en lag in hulle mou vir die blankes wat……as jy hulle net lang genoeg ignoreer, sal opstaan en SELF begin regmaak, skoonmaak, herbou, uitbrei en ontwikkel. Ons het die regering meer as 50% van ons inkomste gegee om slaggate te herstel, vullisterreine te beheer, rioolstelsels te onderhou, water te suiwer, elektrisiteit op te wek. En hulle het dit eenvoudig net nie gedoen nie. Ek sal met graagte hierdie inisiatiewe ondersteun……sodra dit ‘n element bevat waarin die belasting wat ek betaal het, en NIKS voor gekry het nie, begin terug ge-eis word.

André ·

Mr. Marks. Gaan lees én / óf vind meer uit oor die orginisasie. Hulle lewer diens self, én eis soms terug deur die hof, indien moontlik.

christine ·

Doenself in julle huise en tuine. Ek belowe julle geen inbrake nooit. Ons werk hom so vanaf 1966 tot vandag geen inbraak ooit gehad nie. Toestelle in die huis hou en hou so ook skottelgoed, yster het 3 gehad, huidige een gekoop 1996.

Peet Schabort ·

Stem volkome saam met vorige kommentare MAAR die wettige terughou van erfbelasting asook gelde waar daar nie dienslewering is behoort gedoen te word. Dan kan hierdie geld gebruik word vir instandhouding ens.
Munisipaliteite het nou ‘n middelman geword wat betaal word en dan MISKIEN iemand anders kry om die werk te doen. Eintlik moet daar van hierdie lot ontslae geraak word.

Suzie ·

Dis hoe ek my mense ken! Ag ek is baie trots en opgewonde. Net jammer daar sal altyd die spul dwarstrekkers wees wat enige verskoning sal uitdink om nie te werk nie! Hulle is bang vir bietjie werk en dan word “selfdoen” sommer “gratis arbeid”! Hoe belaglik! Die van ons wat moue gaan oprol sal hulle wel uitwerk! Hulle kan maar in die plakkerskampe gaan sit sonder dienste en infrastruktuur, maar die res van ons is uit beter hout gesny!

Rina van Vuuren ·

Stem saam. Armoede kom deur luiheid. En as ons almal kon saamstaan sou jy dinge suksesvol sien gebeur. Baie dankie dat daar nog ñ handjievol trotse flukse Afrikaners is wat nie onder gekry kan word nie. Bid vir julle.

Jan maak n Plan ·

Ek dink net daar moet net ook n manier gevind word om belastings na hierdie mense toe te kan kannaliseer sodat die staats instansies nie hulle pote daarop kan kry nie. Al hierdie regmaak en regruk projekte sal dan baie vinng momentum kry en suksesvol wees.

jansen ·

Hoe gaan jy voel as die riolwater vir maande voor jou huis verby loop

Peet J ·

Hierdie selfdoenprojekte gaan vir die Afrikaner niks in die sak bring nie jy gaan nou vir die staat gratis dienste verrig en sodoende hulle verder in hulle kwaad sterk. Die mense wat in die plakkerskampe bly het nie ‘n ander keuse nie baie het hulle werk verloor ander is met regstellende aksie afgedank en sodoende alles wat hulle bymekaar gemaak het verloor maar hulle sit nie en krepeer van elende soos wat baie ander sit en wag vir hulle maandelikse toelae nie gaan kyk maar gerus en neem sommer van jou oortollige besittings wat nutteloos rondlê saam en skenk dit aan hulle . Dit is hierdie mense wat ondersteun moet word. Neem byvoorbeeld die 60,000 Pensioenarisse wat vir Transnet gewerk het geleerde intelligente goed opgeleide dienare, sedert 2006 smeek hulle Transnet en die staat vir ‘n leefbare maandelikse pensioen, die oorgrote meerderheid se maandelikse pensioen beloop maar ongeveer R2500 minus aftrekkings vir medies en ‘n jaarlikse aanpassing van 2% is hulle beskore wat ‘n skande.
Ek dink Solidariteit het die kat aan die stert beet met sy selfdoenprojekte .

Sue ·

Dankie Solidariteit, ek glo ook aan selfdoen. Elke maand raak ek al hoe meer onafhanklik van die regering, tot wat die grondpad waarop ek elke dag moet ry word deur ons onderhou. Ons was 9 jaar laas op vakansie, self vir ñ naweek weg. Elke sent wat te spaar was, is op sonkrag en battery krag gebruik. Ek het die “kragbeskikbaarheid” punt laat verwyder deur Eskom sodoende betaal ek nie die maandlikse fooi nie. Ons het vir 5 maande gespaar om ñ boorgat te laat sink, daar vol nog 2. Sekuriteit by my plek is van so aard dat ek nie nodig het om ñ sekuriteit maatskappy te betaal bie. Hier op die kleinhoewes kyk bure nog na mekaar. Ons ondersteun mekaar wat groente, vleis, melk, vee voer ens aanbetref. Ons hoef geen supermark te ondersteun nie, ons koop bymekaar. Ons lewe vry en gelukkig.

Johannes Meintjes ·

My beskeie voorstel is dat Afrikaners self hulle sake bestuur en dat die talle hoog-geleerdes onder ons die wetlike aspekte en volhoubaarheid uitpluis. Saamwerk, op alle vlakke en terreine, is besmoontlik nie meer te versmaai nie.

Dup du Plessis ·

Almal gaan altyd te kere oor hoe regverdig ‘n demokratiese bestel is, maar vir ‘n minderheid in ‘n land waar die meeste anders dink is dit ‘n nul op ‘n kontrak. Tog droom ‘n mens van ‘n regte demokrasie waar ‘n belastingbetaler net die nodigste aan die staat vir onderhoud en instandhouding betaal en die keuse het om die res van sy/haar belasting aan die party te betaal wat sy/haar waardes die beste verteenwoordig. Hoe regverdig sou dit nie kon wees nie…….dit bly egter maar ‘n droom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.