Opmerking oor ‘vuil voete’ lei glo tot messtekery

Die sakmes waarmee die klant twee winkelklerke bygedam het. (Foto: Rusa/Facebook)

’n Klant het die naweek twee winkelklerke met ’n sakmes bygedam toe dié glo geweier het dat hy skoene in die winkel aanpas omdat sy voete volgens hulle vuil was.

Die voorval het Saterdag in Verulam in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy beamptes is kort voor 09:00 na die winkel ontbied waar hulle twee bebloede winkelassistente aangetref het.

’n Argument het glo ontstaan toe die klerke glo geweier het dat twee klante in die winkel sandale aanpas omdat hulle voete vuil was. Hulle het glo boonop met ʼn pakkie in die winkel rondgestap.

Een van die klante het gedurende die argument ’n Okapi-mes te voorskyn gebring en die twee winkelassistente daarmee bygedam. Albei klante het daarna te voet gevlug.

Een van die winkelklerke (26) is gedurende die voorval op sy neus gesny terwyl die ander (23) steekwonde aan sy hand opgedoen het.

Die mans is ná die voorval na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem terwyl Rusa se beamptes vergeefs na die verdagtes in die omgewing gesoek het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het intussen aan Maroela Media gesê geen saak is ná die voorval by die polisie aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jan Seerot ·

A, die immer gewilde Okapi. In my jeug was dit die mes van straatboewe en daardie boelies van die skool wat na-uurs die strate gekam het. Die polisie van daardie tyd het daardie sakmesse summier afgeneem.

Nie Verbaas ·

Ons hoef seker nie te raai “wie” die klante was nie.

Jack ·

Wat het van die basiese etiese waardes geword ? As jy vuil is kan jy nie wil klere aanpas nie en is dit seker die winkel klerk se volle reg om jou te verhoed om dit te doen . Dan ruk die klient ‘n mes uit omdat hy nie tevrede is nie ? Wat het gebeur in die land ? Alles is in chaos.

Misky ·

Niks minder as reg van die winkelassistente nie. Kon net dink hoe daai pote moes lyk as sy duidelik kon sien dis vuil en nee sê nie. Siesa man

Philip ·

Net soos Jan se die okapi was nog altyd wapen van keuse van die ver verlede tot vandag nog.Menige moorde gepleeg en amper net so gevaarlik soos n vuurwapen.

VaalDonkie ·

Ek sou baie kwaad wees as iemand my me t’n Okapi moes steek.

Casper ·

Van julle ouer garde sal seker nog die BEST messe onthou.Baas ek sny treurig tog sny ek blik.Mans se messe was hulle status en ongesiens messe geruil.So het my pa ‘n Best mes verruil vir ‘n splinter nuwe Joseph Rogers mes.Dit was in 1969 en ek het daai mes nou nog.Die hef is van rooshout gemaak.Ja baie mense is al met die alombekende okapi doodgesteek.Ek kry nie eers reg om my Jack Russels te slaan nie wat nog iemand met ‘n mes steek.Barbaristies en wend altyd tot geweld.Vrot samelewing waarin ons woon.

Piet ·

Jaaa. Die Best. Wens ek kan nog een in die hande kry. Gelyk soos party Joseph Rogers.

ES ·

Ek moet bieg, ek het bietjie gegiggel toe ek die lees – nie ten spyte van die klante wat seer gekry het nie (ek hoop hulle herstel ten volle) – maar bloot vir hoe verregaande dit is.

Steek ander met ‘n mes omdat hulle beweer jou voete is vuil. Dit gaan lekker hier in donker Suid Afrika.

Wielspore ·

Die Okapi is jare terug as ‘n onwettige sakmes verklaar oor die lang lengte van sy lem. In elk geval, as jy iemand met ‘n mes steek omdat jou voete te vuil is om plakkies aan te trek skort daar met jou opvoeding.

Cecilia ·

Hulle planne was meer as skoene aanpas. Dis mos n ou truuk vd SKELMS. Pas kamtig skoene aan en loop dasrmee by d deur uit.
Dis d winkel assistent se volste reg om jou te weier om aan te pas as j vuil is. D vlgnde klant wil nie pikswart merke in nuwe sķoene sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.