Opmerkings oor Ngcobo-tragedie veroordeel

Die kerk waar ses van die verdagtes doodgeskiet is. Foto: Verskaf.

Die parlement het Sondag opmerkings deur Thoko Mkhwanazi, voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL), oor die voorval by die Ngcobo-polisiestasie as “betreurenswaardig” bestempel.

Moloto Mothapo, woordvoerder vir die parlement, het gesê die parlement doen ʼn beroep vir nugtere denke in die nadraai van die “tragedie in Engcobo wat 13 mense, onder wie vyf polisiebeamptes en ʼn voormalige soldaat, dood gelaat het”. Dié dade is glo deur ʼn kerksekte gepleeg.

Mkhwanazi het gesê die regering moet verantwoordelik gehou word omdat hulle nie daarin geslaag het om die tragedie te voorkom nie.

“Dié opmerkings toon ʼn swak begrip van die konstitusionele mandaat van die parlement en sy verhouding met hoofstuk 9-instellings wat net aanbevelings vir die parlement maak en nie aan hulle voorskryf nie,” het Mothapo gesê.

Die portefeuljekomitee van samewerkende regering en tradisionele sake het ʼn vergadering met alle godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe gehou. Hulle was dit eens met die komitee oor die konstitusionele bepalings van vryheid van geloof en dat die staat nie moet voorskryf wanneer dit by mense se geloofsoortuigings kom nie.

Dié sessie het ook eensydig die mishandeling van mense se kwesbaarhede deur geloofsleiers veroordeel. Mothapo het ook gesê hulle het erken dat daar genoeg voorsiening gemaak word vir die afrekening van strafregtelike aktiwiteite in Suid-Afrika, hetsy dit nou in kerke, huise of werkplekke plaasvind.

“Wat by Ngcobo-polisiestasie plaasgevind het, is ʼn suiwer strafregtelike oortreding wat deur wetstoepassingsagentskappe hanteer word. Die voorsitter se opmerkings is ontstellend en die parlement sal op ʼn gepaste tyd met haar in verbinding tree,” het Mothapo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

In Suid Afrika het almal vryheid van alles………solank dit die regering pas. Vryheid van spraak….tot jy ‘n kwetsende opmerking teenoor die regeringsleiers maak. Vryheid van godsdiens…..tot jou aksie begin vingers wys na die regering se onvermoë om voorkomend op te tree. Vryheid van assossiasie…..totdat jy ‘n regerings-amptenaar in jou gastehuis weier. Vryheid van sport-beoefening (selfs op Olimpiese standard)….totdat jy nie aan die kwota-stelsel voldoen nie, dan gaan jy nie. Nogal half teleurstellend is dit nie?

Well said ·

Baie goed gestel, dalk moet die stukkie van jou GEPUBLISEER word, dit is baie waar, jy slaan die spyker op die kop.

GM ·

Ek stem nogal saam dat die regering moet begin om verantwoording te doen vir misdaad. Ja, als kan nie voorkom word nie, daar sal altyd misdaad wees, maar ons land se statistieke is belaglik hoog. Dis aan die orde van die dag om mense aan te hits om boere te vermoor, of om geweld te gebruik om jou sin te kry as jy gratis onderwys wil hê, of as die verkeerde burgermeester gekies is. As sie regering die regte leiers in plek gehad het, dan sou ‘n sekte nie polisiebeamptes afgemaai het nie. Hul sou twee keer gedink het.

christa ·

die polisie het geweet van die sekte en niks daaraan gedoen nie. Hoekom is dit nie lankal gesluit en skoon gemaak nie. Moet daar altyd eers iets gebeur voor daar op getree word?
Meeste van die tyd is dit onskuldige mense wat sterf

fm ·

Sommige mense raak fanaties en hulle kan dus nie meer normaal funksioneer nie. Hulle word beheer en in sommige gevalle verteer deur die vrees-oordeel-wrede Straf en aan die anderkant goed of soet en dan -Groot Belonging denke.

PJC ·

Ek dink nie ñ kerk wat homself met aanvalsgewere bewapen kan as ń kerk beskou word nie, so almal wat by sogenaamde kerk betrokke is moet nou maar verlief neem met wat na hulle kant toe kom. Boonop het hulle nog mense teen hulle sin aangehou as seksslawe ook. Defnitief klink hierdie nie na ń kerk nie maar gewis ń rowersnes wat uitgewis moet word.

Sarel swartbrand ·

Die polisie het swak geword in 85/86 het n groep teroriste die die Booysens polisie stasie in JHB aangeval as ek reg onthou was die polisie aan diens net gewapen met 9mm batettas maar die aanvallers met hulle ak 47 het n goeie pak slae gekry en die wat nie dood geskiet is nie was binne n paar ure gearesteer.

NIKS VERKEERD ·

NEEWAT hy het niks verkeerds gese nie, die REGERING Is inderdaad verantwoordelik om AL SY BURGERS veilig te hou .. asook die polisiestasies. Dit is juis hierdie DON’T CARE houding wat gelei het tot die dood van hierdie polisiemanne en daagliks lei tot die dood van onskuldige boere en onskuldige mense in hulle huise, van townships tot stede asook kinders wat in bendegeweld sterf. DIE REGERING neem nie misdaad ernstig op nie omdat hulle ‘n hoop bodyguards het wat om hulle draai wat uit MY BELASTINGGELD betaal word. GAAN LEES WEER DIE GRONDWET< ons het ALMAL Die REG OM VEILIG TE WEES .. so skrik liewer wakker as wat julle die waarheid probeer beveg!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.