Opname: Minder dink hulle kan Covid-19 kry

Twee vrouens dra maskers in Delft in Kaapstad. (Foto: ANA)

Volgens die nasionale studie oor inkomstedinamika (Nids) se mees onlangse opname dink minder mense nou hulle sal Covid-19 opdoen. Meer mense dra wel nou maskers, hoewel huishoudings in informele nedersettings minder geneig is om dit te doen.

Dié opname is in November en Desember 2020 deur ʼn aantal navorsers aan verskeie universiteite in Suid-Afrika onderneem. Die bevindings is Woensdag bekendgemaak.

Hiervolgens het 38% van respondente in Desember gesê hulle dink dit is “waarskynlik” dat hulle Covid-19 kan opdoen. Dít teenoor die 43% van respondente wat in Julie en Augustus hiervan oortuig was. Die persentasie deelnemers wat glo dat hulle dit heeltemal kan vermy om Covid-19 op te doen, het ook in dieselfde tydperk van 82% tot 84% toegeneem.

Luidens die verslag het die persentasie mense wat maskers dra “aansienlik toegeneem”, terwyl dié wat sê hulle was gereeld hande egter afgeneem het. In Desember het 78% van deelnemers gesê hulle dra maskers, teenoor 54% in Mei en Junie. Die persentasie deelnemers wat sê hulle was gereeld hande het afgeneem van 60% in Augustus tot 53% in Desember.

In Oktober is respondente gevra hoeveel mense in hul omgewing maskers dra wanneer hulle in die openbaar verskyn. Net tussen 39% en 44% van dié wat in informele nedersettings woon, het gesê dat almal of die meeste mense maskers in die openbaar dra. Hierteenoor het 63% van mense wat in formele woonbuurte woon, gesê dat hul bure meestal of altyd maskers dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Die minste mense wat maskers dra kom van die informele nedersettings maar die meeste Covid gevalle kom ook van die informele nedersettings. Is dit omdat hulle nie maskers dra nie, of is daar ander redes? Ek vra maar net!!

AntiMarxistZA ·

@Jan, ek weet nie waar het jy hierdie propaganda gehoor nie, mar volgens Nick Hudson van PANDA, is minder mense geaffekteer uit die informele nedersettings as uit die voorstede. Ek glo dis proporsioneel- onthou daar bly meer mense in informele nedersettings as in die voorstede.

Die bevraagtekende akkuraatheid van die PCR toets, maak die hoeveelheid bevestigde gevalle basies ongeldig en met die beweerde hoë vlak van nie-simptomiese infeksies, is enige syfer wat hoeveelheid infeksies aanbetref, niks meer as ‘n raaiskoot in die donker nie.

Was jou hande gereëld met seep en water. Dis iets wat wel die verspreiding van dodelike viruse en bakterieë help voorkom en as jy nie lekker voel nie, moet nie jou kieme oral rondstoot nie. Bly by die huis tot jy beter voel.

AntiMarxistZA ·

So, mense dra meer maskers waaraan hulle vat met met hande wat hulle minder was – haal die heel dag asem deur ‘n sweterige stuk lap waaraan gevat word met vuil sweterige hande – g’n wonder mense kry longontsteking in die middel van die somer nie…

Was hande gereeld met seep en water. Dit maak baie ander meer gevaarlike goggos ook dood en as jy nie lekker voel nie, moet nie jou kieme gaan rond strooi nie, bly by die huis.

Van maskers dra, weet nie so mooi nie… as jy ‘n masker op het iemand poep, ruik jy dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.