Opname: SA nie voorbereid vir kubermisdaad

data-digitaal-rekenaar-brille

Foto: Kevin Ku/Pexels.com

KnowBe4, ʼn onderneming wat opleiding in kuberveiligheid aanbied, het Woensdag die resultate van ʼn peiling vir navorsingsdoeleindes bekendgemaak waarin agt lande geïdentifiseer word wat teen kubermisdaad en swendelary moet waak. Suid-Afrika is een van dié lande.

Suid-Afrika, Kenia, Nigerië, Ghana, Egipte, Marokko, Mauritius en Botswana is volgens dié peiling nie voorbereid op kubermisdaad nie. In die peiling is bevind dat 65% van die aanlyn gebruikers in dié agt lande besorg is oor kubermisdaad.

Meer as ʼn kwart (28%) van die gebruikers val in dié strik en maak e-posse oop wat ʼn mens se persoonlike inligting soos wagwoorde per e-pos probeer steel (genoem “phishing”). Meeste van die tyd gee die swendelaars voor om dié e-posse van ʼn betroubare bron, soos Google, na gebruikers te stuur.

Sowat 50% van die gebruikers sê hulle sukkel met virusse en amper ʼn derde (31,5%) van Suid-Afrikaners dink hulle word deur ʼn Trojaanse virus bedreig.

Omtrent 64% weet nie wat “randsomware” is nie – ʼn spesifieke soort kode wat jou rekenaar sluit en as’t ware inligting en data as gyselaar aanhou in ruil vir bitcoin. KnowBe4 meen aanlyn gebruikers beskerm hulself nie genoegsaam teen kubermisdaad nie. Gebruikers misgis hulself en dink hulle is ingelig oor swendelary en 55% van die gebruikers in die peiling glo hulle sal swendelary kan identifiseer.

Hoewel gebruikers van Kenia en Suid-Afrika die meeste besorgdheid oor die risiko van kubermisdaad getoon het, was hulle tog gemaklik daarmee om hul persoonlike inligting weg te gee solank hulle verstaan waarvoor dit gebruik word.

KnowBe4 meen dié meningspeiling kan organisasies meer bewus maak van die bedreiging en voorsorgmaatreëlings rondom kubermisdaad. Werknemers moet opgelei word om hulself teen kubermisdaad te beskerm deur bewus te raak van die praktyke van aanlyn veiligheid, asook die verskillende metodes wat kuberkrakers en swendelaars gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dis nie nuus nie. Vertel ons iets wat ons nie verwag nie.

Leon ·

Wat van SMS’e wat voorgee hulle is Vodacom of MTN of Cell-C en dan jou inligting gebruik om kaarte te kloon. Net van middag ‘n SMS van “Vodacom” gekry om hulle App af te laai en dan my ID nommer te verifieër. Hoe weet ek dit is Vodacom? met ‘n e-pos is dit maklik, jy kyk vir https, maar hoe gaan jy ‘n SMS kan toets? Baie slim die skelms.

Stefan ·

SA is nie reg vie enigiets wat ons kant toe kom nie.
Ek is jammer oor my pessimisme, ek was nie altyd so nie, dit het die laatste 10-20 jaar ontwikkel.

netekalleen ·

Al ding waarvoor SA reg is is Riots, stakings en tantrums.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.