Opname: SA verloor hoop ná staatsrede

Pres. Jacob Zuma het bly glimlag tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma het bly glimlag tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Altesaam 37% van Suid-Afrikaners wat onlangs aan ʼn meningspeiling deelgeneem het, het gesê hulle het hoop vir die land se toekoms verloor ná verlede week se staatsrede.

Dit is in vergelyking met 24% wat aangedui het dat hulle hoopvol is, het die opname agentskap Pondering Panda Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die staatsrede het verskeie Suid-Afrikaners moedeloos oor die toekoms van ons land gelaat,” het Shirley Eadie, woordvoerder, gesê. “Terwyl baie Suid-Afrikaners voor die staatsrede ontnugter was oor ons politieke stelsel, het verlede Donderdag se gebeure daardie persepsie versterk. Politici sal hard moet werk om geloof in die stelsel te herstel.”

Pondering Panda het 1 466 mense tussen die ouderdom van 18 en 49 jaar ondervra.

Volgens die uitslae was die ouer deelnemers meer geneig om negatief te wees oor die land se toekoms.

Altesaam 49% van die deelnemers tussen 35 en 44 jaar, het minder hoop ná president Zuma te toespraak, in vergelyking met die 25% van die 18- tot 24-jariges.

Meer as drie uit vyf deelnemers (62%) voel dat Zuma nie oor kwessies wat vir hul belangrik was gepraat het nie, terwyl 38% glo die toespraak was op mense soos hulle gemik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.