Opname: “Stemmery is nutteloos”

stemOngeveer 43% van die volwasse bevolking in Suid-Afrika is van mening dat die verkiesing betekenisloos is, het die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) Donderdag gesê.

Die RGN het in 2013 bevind dat 43% (twee vyfdes) van mense met die stelling saamstem: “Stemmery is betekenisloos omdat geen politikus vertrou kan word nie”.

Altesaam 41% van die volwasse bevolking stem ook met die volgende stelling saam: “Nadat hulle verkies is, is alle partye dieselfde, so stemmery dien geen doel nie”.

Die RGN het die voorverkiesingopname tussen 2003 en 2013 gehou.

Ongeveer 79% van die deelnemers het egter ingestem dat dit elke burger se plig is om te stem. “Die sin van verkiesingsverantwoordelikheid het die afgelope dekade tussen 77% en 86% gefluktueer,” het die RGN bygevoeg. “Dit is bemoedigend en onderskei ons van ander meer volwasse demokrasieë in Europa en Noord-Amerika waar die pligsbesef besig is om af te neem.”

Sowat 74% van deelnemers tussen 18 en 19 jaar oud glo dat stemgeregtigde kiesers aan die verkiesing moet deelneem en 78% van diegene ouer as 50. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Shannon ·

So, 43% van die reënboog land se stem geregtigdes besef dat demokrasie toe al die tyd basies die selfde doel dien as `n fopspeen… `n soort van generiese hoofpyn pil vir beide die massas en die miserabele minderhede.

En dit neem hoog leraars, soos Dr Muller van die plus front, met 0.3 % steun, om die foefie verkope aan die gang te hou.

Dus sal die polliekuste aan ons vertel dat die 43% basies mal is, dat hulle geen waardering het vir hul “reg om `n verskil te maak” nie. En dat `n ou soos Doktor se teenwoordigheid in die Zoeloe se groot rondawel uiters, uiters ! krities is.

Daantjie Maartens ·

Is die persepsie dat “alle partye NA die verkiesing is dieselfde” – dan verkeerd ? Nogal nie.

Pietafew ·

Bravo, Maroela! Wat ‘n pragtige naam. Dit opsigself wek herrinneringe van die reuk en smaak van die vrug. En moenie praat van die skop van die mampoer nie. Ek hoop DIE skop dra julle dwarsoor die pale tot by die een miljoen teiken! En baie dankie vir die uitnodiging om deel te neem. Ek wil graag ook ‘n klippie of twee in die bos gooi ….

RGN se bevindinge is myns insiens heeltemal korrek. ‘n Baie groot % (alle rasgroepe), voel dat die verkiesing GEEN verandering teweeg gaan bring tov werkverskaffing, behuising en werkloosheid nie. Wat RGN egter NIE hier uitlig nie is die groot kulturele verskille en die verskillende orientasies.
By die koukasiers (Blankes/Indiers), en in hoofsaak praat ek egter hier van die Blankes, heers die gevoel van magteloosheid. Hulle voel dat hul stem SO in die minderheid is dat dit in elke geval geen doel dien nie.
By die negroide (Swart), is die persepsie anders, grotendeels agv gebrekkige kennis. Hulle voel in die steek gelaat deur hul leier, Zuma. Hulle voel ook dat die ANC heeltemal van die pad af is en dat die politici net hulleself verryk en skoon van die armes wat hulle ingestem het om ‘n verandering in hul lewensomstandighede teweeg te bring, vergeet het. Hulle sien ook GEEN leier in enige van die ander partye nie en daarom onttrek hulle hul van die stembus. Hulle sien dus nog in, dat die stem juis daar is om ‘n moontlike verandering teweeg te bring nie.

Vir beide groepe (asook die godsdienstiges wat hulle onttrek), het ek egter die vlge boodskap nl.: Lees asb ROMEINE 13:1-7 asook die Boek van Daniel (Daniel is deur die koning geroep en hy het gegaan en die droom uiteengele) sorgvuldig en met begrip!
JHVH is wel in beheer van alles!

Kyk goed na die BELEID van die party – maw is dit ‘n sosialistiese/kommunistiese beleid (ANC), of ‘n demokratiese federale beleid (DA), of ‘n beleid wat gemeenskappe/minderheidsgroepe erken of ‘n beleid wat meer op die van ‘n kanton-federale stelsel gesnoei is (Front Nasionaal
Die mense moet hulself dus vergewis van die KANTONstelsel van o.a.Switserland/Duitsland wat goed beproef is die afgelope +-1000 jr. – ‘n stelsel wat agv ‘n jaarlikse ‘RECALL system’, of terugroepstelsel, NIE die meerderheid oor die minderhede laat oorheers nie!

Tot dusver is Front Nasionaal, tot die beste van my wete, die enigste party wat die jaarlikse terugroepstelsel het en wat sy bestuurslede op ‘n drie-jaarlikse basis herverkies en wat hom DIREK beywer tov GRONDEISE vir spesifiek die Boere-Afrikanervolk en so ‘n grondeis, die grootste tot dusver nog, op die 24e April 2014 ingedien het (DitsemBlits en Die Vryburger)

Diirect Democracy van Jim Powell, het ‘n amper soortgelyke beleid as die van Front Nasionaal, met ‘n leuse van: ‘Bring the power to the People! Get Rid of the Politicians!’
Google ook gerus dr. Christo Landman se artilel insake SELFBESKIKKING van 5 September 2011, wat in praag.co.za verskyn het,

Kennis is mag!
Dra dus u kennis aan ander oor (bemarking) en laat ons ALMAL stem vir ‘n Kanton-federale beleid waar die meerderheid NIE die minderheid kan oorheers nie – ‘n beproefde resep vir VREDE in multikulturele samelewings
Neem ook kennis dat ‘n reenboog sewe VASTE kleure het wat in der ewegheid NIE verander het nie en ‘n simbool van ‘n kontrak met die Allerhoogste vir ons as Christinne is, ‘n simbool van vrede – die storm/reent is verby ….

Groete vanuit KemptonPark – vanuit my perpektief

Kosie ·

Nog net jou GPS koördinate dan is die kind se naam Wit Willem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.