Opod doen ondersoek na skietvoorval in Mpumalanga

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn polisiebeampte glo vroeër die maand iemand in Mhluzi in Mpumalanga doodgeskiet het.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê ʼn stryery het op 4 November glo by ʼn taverne daar ontstaan en die polisie is ontbied. Volgens Opod is die stryery stopgesit voordat die polisie opgedaag het.

Cola het gesê die taverne-eienaar het die betrokke polisiebeampte ontbied en die beampte is na die oorledene se huis waar ʼn stryery tussen die beampte en die persoon ontstaan het.

“Die polisie het na bewering skote op twee mense geskiet. Een van hulle is op die toneel dood, terwyl die ander persoon beseer is en na ʼn hospitaal vir behandeling gehaas is.”

Opod het die misdaadtoneel hanteer, beslag gelê op bewysstukke en sleutelgetuies geïdentifiseer.

Die meeste getuies se verklarings is reeds afgelê en die nadoodse ondersoek is afgehandel. Die nodige bewyse is na ʼn forensiese laboratorium vir ontleding gestuur.

“In hierdie stadium van die ondersoek is geen inhegtenisnemings nog gedoen nie,” het Cola gesê.

Klagtes van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Klink vir my of die polisie pro tavern eieinaar was… ek ruik n rot

Casper ·

Paragraaf 1 maak melding van ‘n polisiebeampte en paragraaf 4 sê die polisie het op 2 mans geskiet.Ek wonder of die 2 mans gewapen was en of hulle ook op die polisie geskiet het Indian nie was dit nie noodweer soos omskryf in art 49 van die strafproseswet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.