Opod-hoof in hof ná aanranding-bewerings

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (September 2016) Foto: ANA

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Woensdagmiddag in die hof verskyn op ʼn aanklag in verband met die oortreding van die Kinderwet.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het in ʼn verklaring bevestig dat McBride in die Pretoria-landdroshof verskyn het. “[McBride] is op R10 000 borgtog met voorwaardes vrygelaat. Hy moet op 2 Oktober weer in die hof verskyn,” het Dlamini gesê.

Die aanklag teen McBride volg nadat sy tienerdogter beweer het haar pa het haar aangerand en probeer wurg. EWN berig die dogter het aan die nuusagentskap gesê die beweerde aanranding was nie ʼn geïsoleerde voorval nie. “Dit gebeur heeltyd. Vandat ek by hom begin bly het, amper elke aand of elke tweede aand. Wanneer hy ook al ʼn kans kry om met my te baklei, sal hy my slaan,” het die dogter aan EWN gesê.

McBride het die bewerings ontken. Volgens Dlamini wil die Opod-hoof hê die verhoor moet so gou moontlik begin “sodat hy sy onskuld kan bewys”.

“Aangesien hierdie saak nou reeds voor die hof is, is McBride aangeraai om nie verder kommentaar te lewer nie,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karma ·

McBride, jy is soos daai kat wat net weer en weer en weer kom ….. Nes ons nou dink ‘dís nou die laaste sien van die blikkantien’, dan staan jy weer in die voordeur.

Maar snaaks genoeg, as jy jou meisiekind gefoeter het omdat sy ongehoorsaam was, steun ek jou nogal dié keer. “Tieners” dink mos hulle het alle wysheid in pag en mag doen nou net wat hulle wil, want hulle is verby die stadium waar hulle gewiks kan word (ek veralgemeen nou nè).

As jou poppie dalk iemand gesien het wie jy verbied het sy mag sien, of verby haar ‘curfew’-tyd in die huis gekom het, of verkeerde dinge op sosiale media gedoen het, *(&^%* haar. Ek meen nou nie jy moet die kind doodslaan nie, hoor! My opinie is: ‘dis mý huis, mý lewe, mý kos/klere/geld/gerief en dit is MÝ reëls …. of anders …….

En in dié geval kan Mej McBride maar alte dankbaar wees dat ék nie haar ma is nie, want die hemel weet, haar g*tvelle sou lánkal al afgetrek en agter die badkamerdeur oor ‘n hakie gehang het as ek haar ma was. Sy sou nie eens gedínk het daaraan om polisie toe te hardloop om ‘n klag te maak nie (sy sou nie kon nie, haar boude sou te seer gewees het).

Leahim ·

Hierdie polisie moet ondbind word totale mors van belasting geld
Die Minister jok so niks wat hy sê kan geglo word nie
Die hoof van misdaadintelligensie het n vervalste matriek sertifikaat
Die hoof van Opod is n bomplanter wat al skuldig was aan dronkbestuur en nou beskuldig word van aanranding op sy dogter..
You be the judge???‍♂️

SARIE VAN HEERDEN ·

Dit het ons nou van kinders die mag en kennis gee om hul ouers aan te kla oor hul opvoeding. McBride is nou nie my mees geliefde openbare sterfling nie, maar VADERLAND, sy opvoeding word totaal ingeperk as hy haar nie eens kan voor stok kry vir dit wat hy vermoed verkeerd is nie! Een kompliment aan hom: die kind is verwyder van haar moeder en in sy sorg geplaas. Hoekom? Waarom?

Pietie ·

Robert McBride was verantwoordelik vir terreur. Ons vergeet nie dat hy die Magoo’s Bar in Durban op 14 June 1986, opgeblaas het en direk verantwoordelik was vir die dood van drie wit vrouens en besering van nog 69 mense. Lyk my sy kondonering van geweld haal hom in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.