Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat, is geskors, het eNCA Dinsdag berig.
McBride se aansoek om ʼn dringende interdik te bekom om sy skorsing te verhoed, is verlede week Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof van die rol geskrap. “Die feite ondersteun nie die versoek of die betrokke regsoorwegings nie,” het regter Hans Fabricius in sy geskrewe uitspraak gesê. “Die saak word van die rol geskrap.”
Nathi Nhleko, minister van poliise, het McBride se aansoek teengestaan. McBride het ʼn brief van Nhleko ontvang waarin hy versoek is om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie.
Lees vorige berigte oor Robert McBride op Maroela Media.
Sal mens altyd laat terugdink aan die Magoo’s bar bom. . .
Karma werk stadig seker sy gal.
Aangestel. Geskors. Afgedank. Hofsake. Dit maak jou die beste kandidaat vir ‘n pos. Heraangestel. Sorry – Skors jou gou weer. En so loop die soustrein…………………………
Wat sal hierdie regering nie doen nie om hul komrades te huisves nie. Alle moontlike dinge sal gedoen word om elke komrade by te staan. Hoe slegter die krimineel hoe hoër die posisie en meer die geld.
Bomplanter, krimineel … ja die blindesambok né …
Ek hoop ons sien hom nie weer nie.
Verseker sal jy hom weer sien die ANC kyk na sy krimineelle.
Is sy ANC vrinne nou keelvol van hom? Wys jou McBride, jy kan JOU vriende nie eers vertrou nie.