Opod-hoof Robert McBride geskors

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat, is geskors, het eNCA Dinsdag berig.

McBride se aansoek om ʼn dringende interdik te bekom om sy skorsing te verhoed, is verlede week Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof van die rol geskrap. “Die feite ondersteun nie die versoek of die betrokke regsoorwegings nie,” het regter Hans Fabricius in sy geskrewe uitspraak gesê. “Die saak word van die rol geskrap.”

Nathi Nhleko, minister van poliise, het McBride se aansoek teengestaan. McBride het ʼn brief van Nhleko ontvang waarin hy versoek is om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie.

Lees vorige berigte oor Robert McBride op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Sal mens altyd laat terugdink aan die Magoo’s bar bom. . .

Theresa ·

Aangestel. Geskors. Afgedank. Hofsake. Dit maak jou die beste kandidaat vir ‘n pos. Heraangestel. Sorry – Skors jou gou weer. En so loop die soustrein…………………………

Swanna ·

Wat sal hierdie regering nie doen nie om hul komrades te huisves nie. Alle moontlike dinge sal gedoen word om elke komrade by te staan. Hoe slegter die krimineel hoe hoër die posisie en meer die geld.

CHRISTA ·

Is sy ANC vrinne nou keelvol van hom? Wys jou McBride, jy kan JOU vriende nie eers vertrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.