Opod ondersoek Bergville-boer se dood

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn 80-jarige boer Maandag op sy plaas deur polisielede doodgeskiet is.

Maroela Media het Maandag berig die voorval het omstreeks 11:00 in die Bergville-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Die bejaarde het glo ʼn man (44) in die gesig geskiet wat die plaas betree het om sy vee, wat glo onwettig gekonfiskeer is, bymekaar te maak,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

Naicker het gesê dit is in dié stadium nog onduidelik of die vee gesteel is of miskien self na die plaas geloop het. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man die vee bymekaargemaak het en op pad uit was toe daar by die hek ’n argument tussen die twee mans ontstaan het. Dit is toe dat hy in die gesig geskiet is.”

Volgens Naicker het die polisiebeamptes asook gyselaarsonderhandelaars die 80-jarige man genader om hom in hegtenis te neem vir poging tot moord toe die man op hulle geskiet het en hy doodgeskiet is.

Moses Dlamini, Opod se nasionale woordvoerder, het gesê die 44-jarige man het glo toestemming van die boer gevra voor hy sy vee probeer verwyder het.

Dit is nog nie duidelik wat tot die argument by die hek gelei het nie.

“Die 80-jarige man het sy vuurwapen op die polisie gerig en een skoot gevuur. Die polisie het teruggeskiet en hom noodlottig gewond,” het Dlamini gesê.

Opod stel verdere ondersoek in. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Die slagoffer word in die hospitaal behandel. Die boer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Kaster ·

Die boer was erg geittimideerd. Laat die wereld uitvind wat hier gebeur het. Dit is staatsintimidasie in n erge graad en die VN en ander moet uitvind.

Piet Snot ·

Wit in teenwoordigheid van ‘n polisieman.
Dodelike misdaad.

Danie ·

Ek ruik ń slang in die gras watse mens gaan nou op jou skiet as jy toesteming het om jou vee op die plaas te verwyder….Van die mense dink hulle kan die wet oortree soos dit hulle pas….Hoeveel vee loop langs die paaie en wei in die gras ekt my self voorgeneem as daai vee nou ń lewe neem van die padgebruiker dan is die eienaar net skoonveld ek sal aspris wees en onder hulle katemaai en elke bees,bok van kant maak….Sterkte vir sy familie

Rats ·

Hier kom n toesmeer van epic perportions hoor. die boer is dood en kan nie sy kant vertel nie.

julius ·

Onthou net wat in zim gebeur het. Die polisie en weermag het die kriminele gehelp teen die boere. Daar was ook polisie en weermag lede betrokke met die aanrandings en moord op die boere. Ons is uitgelewer en moet onsself verdedig ook teen polisie en weermag.

Realis ·

Juju, neem die voortou en verwyder die Polisie se noodnommer van jou foon af. Sorteer jou probleme self uit.
Daar is te min inligting in hierdie berigte om so ‘n afleiding te maak. Die Polisie was uitgeroep nà die eerste skietery.

Callie ·

Die een wat die plaas betree het is nou die slagoffer. Hierdie is die skeidingslyn. Of die witman wys hoe lafhartig hy is en lewer doellose kommentaar of hy staan op in elke dorp in die land. Almal kom voor hulle dorp se polisiestasies bymekaar en eis dat daardie polisiemanne in hegtenis geneem word. Ons eis ook dat die volleedige waarheid op alle media netwerke uitgebasuin word. Besef wittes die belangrikheid van die saak.. Asb mense

Pop ·

Die polisie kan nie rowers en moordenaars raak skiet nie. Maar n ou omie van 80 word doodgeskiet. Wil hulle he ons moet hulle op die skouer klop.

Sê maar net ·

Pop, die polisie kan ook nie die wat breek en afbrand arresteer nie, hulle kyk net…..maar ‘n oom word geskiet. ‘N oom wat sy belange beskerm, maar die wat breek en brand en plunder en sing en dans….dis reg, hulle mag. Want nêrens is daar polisie of weermag nie, hulle word nie gearresteer en sake word nie oopgemaak nie……hoe werk dit?

Anoniem ·

Iewers is iets nie pluis nie, gee die saak vir Gerrie Nel ! Sterkte ??

Moeg ·

Ons sal sien hoe vinnig verander die storie as die naam van die “boer” bekend gemaak word!! Aan die een kant sal dit saggies verdwyn, maar die ander kant gaan dit nog optogte, afbrand en ‘n rasse kwessie word.

Piet ·

MM die slagoffer word nie in die hospitaal behandel nie, die slagoffer is dood. Die betreder word in die hospitaal behandel. Waarom was die polisie op die toneel as hy sy beeste met die boer se toestemming verwyder het? Die beeste is “obviously” geskud (dis n normale prosedure wanneer diere onwettig op jou plaas is, maar moet korrek gevolg word). Die betreder bel toe sy pelle in die polisie, nie om die wet wat betrekking het op die skud van diere te kom toepas nie, maar om die boer n les te kom leer. Die boer was geregtig om geld van die eienaar te eis vir verlies aan weiding en onkostes. Nou sal mens ongelukking net die moordenaar se weergawe kan kry en nog n 80 jarige witmens sneuwel geweldadig.

PIKKEWYN ·

Piet – jou kommentaar maak vir my heeltemal sin – die gedeelte oor bel jou polisie maatjie om jou te kom help om jou vee te verwyder. Ek is amper seker daarvan daar was nie net een polisieman daar nie. Gaan jy regtig vir my se hulle kon die oom nie net ontwapen het nie???Ons sal nie weet presies wat gebeur het nie want die ander party kan nie meer sy kant van die saak stel ni. Baie hartseer!! Baie sterkte vir die familie

John ·

Betreding met baie stories…. so oud soos die berge… In SA word die speletjies volgens die reels ~ die bevrydingsbewegingreels ~ gespeel. So edel, om die wereld te oortuig, dat die witman altyd die sondebok is en die Afroman die bang lammetjie. Op iemand anders se eiendom maar jy redeneer met die eienaar oor jou reg. Hoekom nie by die voordeur gaan klop en die probleem bespreek nie en hoe kom die ‘skape’ deur sonder ‘n geknipte heining of het vee nou elkeen ‘n klimleertjie by geboorte begin evolusioeneer vir Afro-trieks?

christa ·

seker geen ordentlikheid gehad om eers die boer se toestemming te gaan vra nie, net sommer oor geneem. Ek kry die familie so jammer

GP ·

Waarom was hierdie polisieman saam met die rower daar.
Wat het die polisieman gedoen om die konflik tussen die 2 persone te vermei?
Media is vol van nuus oor Rusland en en wat nog als maar nie ‘n word hieroor nie.

JoeV ·

Is maar net ‘n kultuur verskil, niks met reg of wette te doen nie. As die polisie die intensie gehad het kon die boer byvoorbeeld net ‘n oproep maak om die probleem op te los, heel waarskynlik nie vervoer gehad om die saak te ondersoek voor dat skote afgevuur moes word nie, en die integriteid is ook onder verdenking, as daar meer as een polisie man was, kon hulle seker die man takel en ontwapen?
Ons wag maar vir die videos om te sien wat die werklike redes is.

Johnnie Bravo ·

Alweer ‘n onwettige man op ‘n boer se plaas wat moeilikheid optel. BOERE gaan soek nie moeilikheid op ander mense se plase nie, maar probeer hulle eie vee en eiendom beskerm, maar skiet jy hulle met’n verfgeweer word jy aangekla, dreig jy hulle word die boer aangekla, ry jy met’n trekker in die huis wat jy self gebou het vir hulle vas word jy vir poging tot moord aangekla .nou vra ek jou net .. wat se bedreiging kon ‘n 80 jarige ou oom wees? Die wereld gons altyd oor boere wat mense op hulle plase skiet HOEVEEL VAN DAAI MENSE IS ONWETTIG DAAR? ALMAL, die boere vra mooi om die plaas te verlaat, hulle dreig .. en later raak hulle moedeloos en neem die wapen op . en dan kan die polisie nie WAG om hulle dood te skiet nie … Dis hoekom polisiemanne uitgeroei word . hulle het geen oordeel nie .. neem altyd die verkeerde mense in hegtenis en laat die oortreders en kriminele vry rondloop .WAT moet jy doen as iemand jou eiendom onwettig betree en jou kom dreig en die polisie tree nie teen hulle op nie?? Jy probeer hulle self daar afkry . maar onmiddellik is jy dan die verdagte en moordenaar . lekker regstelsel hierdie van ons.

Snowball ·

Is dit die norm om gyselaarsondelhandelaars te neem na so ‘n situasie? Wie was gyselaar gehou? Die bokke? Ek dog die ‘slagoffer’ was klaar geskiet? Wat is daar dan oor om oor te onderhandel? Arrestasie was mos die regte ding om te doen as hy iemand geskiet het, hoekom onderhandel? Klink soos baie afdraaipaadjies wat toegestop moet word…

Belaglik ·

Sommige van hierdie kommentare is uiters belaglik. En sommige mense lees nie die berig behoorlik deur nie. Daar was polisie manne, sowel as ‘n gyselaarsonderhandelaar. Hulle is eers na die skietvoorval na die toneel toe. Die boer het op die polisie geskiet en is daarna doodgeskiet. Verder het die man toestemming by die boer gaan vra voordat hy sy vee begin bymekaarmaak het.

Natuurlik is daar meer agter die berig, dit is vanselfsprekend. Ek kan my net vergaap aan al die gevolgtrekkings en opswepery wat in die kommentare voorkom. Dit van mense wie nie eers die berig behoorlik deurgelees het nie.

Jinne!

PJC ·

Ja GP ek wonder ook wie het die polisie ontbied. As dit die boer was sou daar nie ń konfrontasie tussen hom en die polisie gewees het nie. Boere moet liefs maar hulle plaaswagte se hulp inroep sodra daar probleme is dan is daar ooggetuies. Hierdie voorval kom baie verdag voor.

Gerhard ·

Ek is oortuig daarvan dat die oom dieselfde polisie lede wat hom doodgeskiet het meer as een keer gebel oor die “slagoffer” se diere wat sy eiendom vertrap en sy weiding vernietig. So, as die wetstoepassers die wet aanvanklik toegepas het, het die oom waarskynlik vandag nog geleef.

ZIM ·

Die VN het nie die Boere in Zim gehelp to hul vermoor was nie, wat laat julle dink hulle gaan SA help?

Kat ·

Duidelik wou die polisieman n boer skiet… 80jaar of nie…. solank dit n boer is… en ons moet jul vertrou?
Hoeveel vee kry jy van die ‘slagoffer’ wat lewe na hy in die gesig geskiet is… watse geweer is dit ? Speelgoed geweertjie…? En jy skiet n man dood met n polisie wapen ?

Tokkolos ·

O nee genoeg tyd om toneel te stage O nee die gemors gaan die geval onder mat invee Wat het SAPD verhoed om gou n skoot af te vuur met wapen en sodoende geweer in oom se hande te sit SAPD het gou afgerond net om nie verder saak te ondersoek nie RIV oom hul dag sal kom

Kiel ·

Die man het iemand geskiet wat sy vee kom haal het (nie die booer sin nie) van die boer se eiendom af, die polisie is gebel, die polisie het opgedaag en hulle het met hom geonderhandel om homself oor te gee want hy het homself in die huis toegemaak .Hulle het suksesvol geonderhandel,hy het eers uitgekom en toe pluk hy sy pistool uit en vuur op die polisie. Dit was nie n plaasmoord nie.

famie ·

Julle wat so tekere gaan as julle julle gifpille teen die polisie laat staan sal julle onthou dat die boer eintlik swart is en voorval al n tydtjie gelede gebeur het maar nee polisie kry skuld vir alles as iemend op jou skiet wat gaan jy maak weg hardloop en slegte polisie bel julle kritiek is absurd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.