Opod ondersoek dood van polisiebeampte

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn polisiebeampte wat Donderdag na bewering deur een van sy kollegas per ongeluk doodgeskiet is. Die voorval het omstreeks 02:15 plaasgevind.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê vyf polisiebeamptes was na bewering die oggend in die Daveyton-gebied besig met ʼn sigbare polisiëringspatrollie. Hulle was glo by die Daveyton-kliëntedienssentrum toe hulle ʼn oproep van hul kollegas ontvang het om hulle te help om verdagtes vas te trek.

Cola sê die vyf beamptes is na Siastraat in Daveyton om hul kollegas te gaan uithelp. By hul aankoms is hulle deur hul kollegas ingelig dat die verdagtes reeds weggekom het.

Volgens Cola is die vyf beamptes weer terug na die area wat hulle vroeër patrolleer het. Hulle het tóé die vier verdagtes gewaar en agternagesit. Die vier verdagtes het twee-twee in verskillende rigtings gehardloop.

Die polisiebeamptes het in die polisievoertuig twee van die verdagtes begin agternasit. Die polisiebeampte wat op die sitplek agter die passasiersitplek gesit het, het ’n vuurwapen uitgeruk. Hy het die deur oopgemaak en gereedgemaak om uit die voertuig te spring sodra die voertuig tot stilstand kom.

“Die beampte wat die voertuig bestuur het, het skielik die voertuig in die rigting waarin die verdagtes hardloop, gedraai. Die vuurwapen wat die beampte agter vasgehou het, het per ongeluk afgegaan,” sê Cola. Die 27-jarige beampte wat in die passasiersitplek gesit het, is in die proses raakgeskiet.

Die beampte is na die Glenwood-hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

How do you sit with a fully loaded weapon in your hand, ready to jump out of a vehicle?
Momentum always have fatal consequences.

Michael 1

Hoeveel polisie lede met wapens is nie bevoeg om wapens te hanteer nie.

Genis

Dit is nie die regte vuurwapen hanterings prossess nie… Nietemin mens was ook daar nie, so mens kannie die hele prent sien nie…

Hendrik

“PER ONGELUK” bestaan nie by die hantering van vuurwapens deur “opgeleide” lede nie !

Danie

Vinger op die sneller.
Die groot No No.