Opod ondersoek nóg ʼn dood aan hande van polisie

(Argieffoto: SA Polisie)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn 29-jarige man wat glo deur polisiebeamptes aangerand is en later aan sy beserings beswyk het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die man is op 12 Junie deur polisiebeamptes van die Jeppe-polisiestasie in Johannesburg in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

“Hy het hom egter teen die inhegtenisneming probeer verset, waarna die beamptes hom glo voor sy broer en vriendin aangerand het,” sê Cola.

“Die man se broer het ʼn video-opname van die voorval gemaak en ook foto’s geneem. Hy het die registrasienommer van die beamptes se voertuig afgeneem, wat bevestig het dat dit beamptes van die Jeppe-polisie se opsporingseenheid is.”

Die man se saak is egter nie op die hofrol geplaas nie en hy is vrygelaat.

Sy vriendin het hom hospitaal toe geneem en hy is later na ʼn staatshospitaal in Ermelo, Mpumalanga, oorgeplaas waar hy aan sy beserings beswyk het.

“Die vriendin het ʼn saak teen die beamptes aanhangig gemaak, maar die dossier is glo deur een van die beamptes, wat daarvan verdink word dat hy haar vriend aangerand het, vernietig.”

Opod het Donderdag ingesit tydens die oorledene se nadoodse ondersoek by die hospitaal in Ermelo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Ek hoop uit my hart daar is iemand wat haar sal bystaan en help om die SAP lede aan die kaak te stel.
Wie gee hul die reg om die dossier te vernietig. Stekte ek hoop en vertrou jy kom reg.

Sarel

Jeppe Polisstasie Jhb..
…Ermelo Hospitaal…????

Persheks Adri

Hulle hande is lekker los ne? Mos bo die wet verhewe…

Nico

Hier is weereens ‘n bewys van hoe die dockets verdwyn om die polisie beampte te beskerm, van die polisie lede kruip agter hul uniforms weg wat ‘n bewys is as’n lafaard.