Opod ondersoek skietery by hoërskool

Die bestuurder van die polisievoertuig probeer wegjaag van die man wat bakstene na die vangwa toe slinger. (Skermskoot uit video)

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin gesien kan word hoe ʼn polisiebeampte ʼn man by ʼn skool in Mpumalanga skiet.

Die video is Donderdag by die Mmametlhake Secondary School geneem nadat die man glo op ʼn verwoestingstog gegaan het en geboue beskadig en die polisiebeamptes aangeval het.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê die direktoraat is laat gistermiddag deur die SAPD van die voorval in kennis gestel. “Die beeldmateriaal sal Opod in sy ondersoek help om vas te stel wat tot die skietery gelei het,” sê Dlamini.

“Daar is nog niemand in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die uitkoms van die ondersoek sal bepaal of die polisiebeamptes se optrede ooreengestem het met wetgewing en enige skuldiges sal verantwoordbaar gehou word.”

Die voorval het gistermiddag by die skool gebeur toe die man, wat glo ʼn voormalige leerder van die skool is, opgedaag het en geëis het om die skoolhoof te sien. Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê toe die man ingelig is hy kan nie die skoolhoof sien nie, het hy gewelddadig geraak en bakstene na die skool se vensters geslinger.

Die man lê op die grond nadat hy in die been geskiet is. (Skermskoot uit die video)

“Die polisie is ontbied om te help en toe die beamptes daar aankom, het die man die polisie met klippe bestook. Dit het daartoe gelei dat die man in die been geskiet is,” sê Zwane.

Op die video kan gesien word hoe die man bakstene na ʼn polisievoertuig slinger. Die bestuurder van die voertuig probeer agteruit ry om weg van die man te kom, maar hy hardloop agterna en hou aan om die voertuig te bestook. Toe die beampte uitklim, begin die man hom met bakstene gooi. Die polisiebeampte skiet uiteindelik die man in sy been en hy val op die grond neer waarna hy in hegtenis geneem word.

Die man is daarna na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Zwane sê die departement het vandag ʼn span na die skool gestuur om die omstandighede van die voorval te ondersoek en te probeer vasstel wat tot die man se uitbarsting gelei het. Berading sal ook aan die leerders en onderwysers verskaf word wat deur die voorval geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

John ·

@Stan, ek stem 100% saam, daai man het met woede eers die baksteen deur die venster gegooi, en toe terug gegaan om die beampte op die grond verder te beseer. SAPS was 100% korrek gewees hier. Lekker om na sulke videos te kyk waar die kriminele hul dag kry.

Anoniem ·

Wat Was briljant Stan? Die “donut” wat die polisie man met sy kar gemaak het en oor een van sy eie polisie beamtes gery het of die feit dat n polisie beamte die verdagte in sy gesig skop na hy geskiet is? dit is net patetiese optrede regtig en hulle het duidelik blindelings in gejaag en glad nie die situasie voor die tyd nie ontleed nie. Ek dink persoonlik dit is pateties gewees van die polisie!

ZAR ·

Ek dink die slegste van die video is hoe die kinders lag en vir die krimineel aanpor. Asof hy ‘n held is. Dit wys vir my die probleem.

Tarien ·

My gevoel ook, ek dink dis iets om oor bekommerd te wees. Ons sien dit in die nuus, kinders wat angswekkende dade pleeg. Wat is die situasie tuis..

SAR ·

@Zar, presies, vir hulle is dit die held, die een wat afbreuk en afbrand, maandag staak die lot weer omdat die krimineel geskiet is. Well done SAPS! Julle is 100% korrek, hy sou jou kolega doodgegooi het met die baksteen as hy die kans gekry het.

Rikku ·

Ja ek het dit ook gesien. Hoekom moet hulle atyd alles afbreek en vernietig. Nou kan ons almal sien waarmee die S.A.P elke dag te doen kry.

Skroef ·

Daar is op die stadium n aantal video’s op sosiale !media waar onnies took aangerand word en Dan “skoliere” wat bykom om verder aan te rand. Die mense se hande is ook gebind om teen sulke kinders op te tree. Een is van n wit seun wat n onderwyser met n besem aanrand. Die man neem bedees sy tas en loop en die klein pes hardloop en gooi die besem oor en oor agter die onnie aan. Dis bog. Die man moes sy hakskene geplant en die klein pes met die aarse gelyk gebli…m het. As hy my kind was het hy vir n kwartaal nie gesit nie.
Oor die polisie kry ek lekker. Nogal opgedaag en naby die ry klaskamers waar die video opgeneem word kom stop om te MONITOR. Toe word hy gemonitor. Doe zoo voort! VIVA!!!! AMANDLA!!!!!

Joe ·

Jy was op dieselfde Facebook groep as ek, dit ook gekyk. Dis tiepiese Mob Mentality, soos die kinders wat hierdie krimineel juig en cheer. Well Done SAPS>

Krokodilbotha ·

Daai is nou nie goeie skut werk nie. Later het n polisieman so biekie die boef geskop. Lol

ANA ·

DIS dié groooooooot probleem, jaaaaa ZAR…totale wetteloosheid en minagting van die gereg…hulle sien dit by hul ouers en bydi betogers wat breek en verwoes

bren ·

Ekt dit ook gekyk; welgedaan vd sapd; hy het hul met bakstene deur ruit gegooi; totale anargie; skoolruite gebreek etc….dis tyd dat die chaos moet vasgevat word!!

Laksman ·

Dit maak nie saak wat die krimineel doen nie, hy bly die held as hy die polisie aanval. Die polisie is altyd verkeerd, luister maar hoe die media die skuldiges beskerm en die polisie blameer as dinge verkeerd loop vir besetenes.

Wonner ·

Ag regtig kan hulle nie sien wat tot die skietery gely het nie???Hulle moes hom na die eerst baksteen gegooi is,geskiet het!!!!

Ai ·

En waar pas OPOD in die prentjie in? Wie het hulle hulp gevra? Die anargiste? En, wie het die persverklaring uitgereik dat hulle sal betrokke raak? Ook anargiste? En, wie het vir die spulletjie as nuus geval? Ek dink dis tyd dat perspektief in joernalistiek verbeter word dat die pers en die publiek nie anargie blykbaar sal ondersteun nie. Anargie verdien bietjie pyn, in my oë. Hulle sal sukkel as dit moet opweeg teen wat hulle vir ons gewone mense veroorsaak.

Woeligan ·

Lufusi waar is lufusi
Lufusi jy moet kom help

O koek lufusi sit seker onder daai klip

aj ·

Woeligan

Soek jy vir Lufusi?

Is dit nie Lesufi nie? … ha
..ha …

Kan netsowel Lucifer wees?

@Woeligan ·

Net Gauteng val onder Lesufi. Lees weer, hierdie het by ‘n skool in Mpumalanga gebeur.

Karolis ·

Volgens wat ek sien op die video is die passasier in die voertuig half bewusteloos gegooi met ‘n baksteen (twee keer) en val toe uit die voertuig tydens die stofdraai.
Hierna skiet die bestuurder 3 skote na die aanvaller. Geen probleem nie.
Nog ‘n lid kom aangestap na die aanvaller en skop die aanvaller wat op die grond le. Hierdie ou gaan dalk probleme kry.

Karolis ·

Dit lyk ook of die voertuig oor die passasier se been gery het nadat die uitgeval het.

willem Botha ·

Die polisie het regtig goeie werk gedoen eers weggehardloop,toe amper een kollega doodgery en toe die aanvaller onnodig geskiet wat n grap.

Steve Smit ·

En hier is ou willempie weer. Mens, jy sal moet ontspan, jou ❤gaan dit nie maak nie

Redes vir aggressie? ·

Nyope, Whonga, skonk . . . . het die video gesien; knaap was op ‘n ander planeet. Polisman behoort ‘n ekstra rantsom ammo te kry elke dag. Meer van sy soort nodig.

Stel ·

Indien jy nie op gereelde basis met mense werk wat so optree nie, bly eerder stil. Jy weet nie waarvan jy praat nie.

CJ ·

Goeie werk SAPD. Sal jou ondersteun as jy (sug!) as die swartskaap gebrandmerk word.

Charles ·

80 % van skole is dit hoe dit gaan. Daarom sal hul altyd swaar kry van elende jy hoef nie geleerd te wees om staatstoelae te kry. Dis die leiers van more…

Fanie ·

My komplimente aan daardie SAPS beampte. Meer van hierdie betogers en persone wat net wil afbreek en verwoes, moet uit die staanspoor geskiet word. Dan sal hierdie sinnelose stories stop.

Siener ·

Al wat ondersoek moet word is die swak skietwerk van die Polisie

Schalk ·

NSekere deel van ons sameling word geleer onbewustelik en bewustelik om geen gesag of dissipline te aanvaar nie.Blootstelling aan wettelose taxibestuurders is maar net een voorbeeld.Sa is te ver want polisie en verkeers beamptes word gedreig deur diesulkes.Huise word afgebrand as wets toepassing plaasvind.Ysterhand is nodig om dinge om te draai.Hoekom kan polisie stasie toe maak in die nag in sekere lande.Hoekom moet daar misdaad wees.Ons is voos en aanvaar dit .As kriminele soos kriminele behandel word sal dinge verander.Mense gaan die wet let wel gereftigheid in eie hande begin neem.Die regering van die dag moet wakker word.

Alf ·

Jy kan enige ding gebruik om mee dood te maak.daai baksteen maak dood.die poliesman se lewe was in gevaar.hy moes hom self verdedig.kon nie n beter besluit neem nie.mooi so

willem Botha ·

Vir al die vriende wat my so persoonlik aanvat .
Die polisie het so versleg dat n skool seun hulle met bakstene aanval en hulle laat weghardloop.
In enige eerste wêreld land sou die polisie net maksimum geweld gebruik sou die aanvaller gewapen wees.
AGV die swak opleiding en dissipline is hierdie voorval verkeerd gehanteer .

Speedguard ·

Willem,Willem ,Willem weet jy nou nog nie dat ons nooit met ‘n eerste wereld vergelyk kan word nie , hierdie is die RSA, jy weet beslis nie waarvan jy praat nie, was jy al in so lewen gevaarlike situasie , het jy al met noodlottige geweld jou eie lewe probeer beskerm, indien nie bly eerder stil want jy weet hoegenaamd nie watse vereikinde gevolge dit het nie, so swyg eerder asb jy slaan jou naam met ‘n plank !!

Obserweer ·

@ Willem nou wat sou die brawe Willem in hierdie situasie gedoen het. Verduidelik bietjie vir ons ? Sou jy miskien die ou omhels het of dalk vir ete genooi het?

Lena ·

Ek dink persoonlik die polisiebeamptes het nie die korrekte inligting ontvang voor hulle by die toneel opgedaag het nie. Hulle sou die situasie baie anders benader het glo ek. Die man het hul lewe bedreig. Hy is met minimum geweld in hegtenis geneem. Ek kry daai polisiemanne jammer. Nou is dit nie net die booswig wat hulle met klippe gooi nie maar die gemeenskap ook. Ons leef in ‘n siek samelewing.

Ore ·

Wenk aan SAPD,mens mik altyd na die grootste deel van die teiken!

Obserweer ·

Sulke kriminele kan geensins geduld word nie. Pragtig SAPD. Sou hom ook geskiet het in daardie situasie.

Ampie ·

T-Man, jou kommentaar is iet wat …..
Die video sou goed gepas het destyds met Queen se liedjie ” Another one bite the dust”

Objektief ·

Beste stuurman staan altyd aan wal. “Klippe gooi” oor en weer doen niks aan wat gebeur het nie. Was ek in dieselfde situasie sou ek hardhandig opgetree het, deur die man te stop om bakstene te gooi. Hoe? Deur hom buite aksie te stel. Hoe? Met ‘n koël in die been. Viva wie! Ons vir jou Suid-Afrika! Wees nou maar almal rustig en ons kyk wat die uitslag is van die geveg met OPOD.

Marius ·

Het julle al gedink wat maak n baksteen as hy jou kop tref hy kan bly wees hy was nie dood geskiet na die eerste baksteen deur die ruit gegooi was.Polisie was nie voorberuid.Meeste polisie gaan dood wanneer hulle dit nie verwag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.