Opod ondersoek skietery by Wits

Shaeera Kalla, ondersteun deur haar pa, word na 'n ambulans geneem nadat sy 13 keer met rubberkoeëls geskiet is tydens #FeesMustFall-betogings op Wits (20 Oktober 2016) Foto: Ihsaan Haffejee, Groundup

Shaeera Kalla, ondersteun deur haar pa, word na ‘n ambulans geneem nadat sy 13 keer met rubberkoeëls geskiet is tydens #FeesMustFall-betogings op Wits (20 Oktober 2016) Foto: Ihsaan Haffejee, Groundup

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal ondersoek instel nadat ʼn studenteleier, en die voormalige VSR-president van die universiteit, Shaeera Kalla, verskeie kere geskiet is.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê lt.genl. Deliwe de Lange het Kalla in die hospitaal besoek en die beserings bevestig.

Kalla is 13 keer met rubberkoeëls geskiet.

Leiers van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), het gesê Kalla het haar hande in die lug gehou en die polisie gevra om nie te skiet nie, toe die voorval gebeur het.

“Die saak word na Opod verwys vir ondersoek. Enige polisiebeampte wat die wet oortree het, sal dienooreenkomstig hanteer word. Lede van die SAPD word weereens versoek om maksimum selfbeheersing uit te oefen en binne die riglyne van die wet op te tree,” het De Beer gesê. “Ons benadering en bestuur van die situasie op kampusse moet gekenmerk word deur dissipline en proporsionele gebruik van mag. Ons wens die beseerde studente ʼn spoedige herstel toe.”

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het gesê vier studente, insluitend Kalla, is Donderdag met rubberkoeëls geskiet. Ses studente is op die kampus behandel vir geringe beserings. Kalla ontvang behandeling in die hospitaal.

Shaeera Kalla (in swart langbroek en T-hemp), voormalige VSR-president van Wits, tydens 'n #FeesMustFall-betoging by die Uniegebou in Oktober 2015. Langs haar is die huidige VSR-president, Nompendulo Mkatshwa. Foto: Samantha Camara (https://samcamara.wordpress.com/)

Shaeera Kalla (in swart langbroek en T-hemp), voormalige VSR-president van Wits, tydens ‘n #FeesMustFall-betoging by die Uniegebou in Oktober 2015. Langs haar is die huidige VSR-president, Nompendulo Mkatshwa. Foto: Samantha Camara (https://samcamara.wordpress.com/)

Kalla het gesê sy wou met die polisie onderhandel om nie op die studente te skiet nie, toe sy getref is. Sy het gesê studente het vreedsaam gesing voor die voorval gebeur het. “Ons het in daardie stadium almal met ons hande in die lug gestaan, en sommige van ons het met die polisie onderhandel om nie te skiet nie. Ek is van baie naby 13 keer in die rug geskiet. Die dokters sê ek sal in die hospitaal moet bly.”

Volgens Kalla is nog ʼn studenteleier, Busisiwe Seabe, ook geskiet en word ook in die hospitaal behandel. “Drie polisebeamptes het geëis dat ek ʼn verklaring moet aflê, terwyl ek in baie erge pyn was. Selfs al sit ons hier in die hospitaal, en is daar ander in die tronk, word ek versterk deur studente wat die stryd voortsit,” het sy gesê.

Betogende studente het ná die voorval in die strate van Braamfontein in Johannesburg ingevaar en hulle het vreedsaam teen polisiegeweld betoog. Hulle het later na die kampus teruggekeer en buite die Groot Saal vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Pik ·

As hulle in die klas was waar hulle hoort sou dit nie gebeur het nie

Sê maar net ·

Sy kort nie net rubber koëls nie, sy kort ‘n pakslae. As sy my kind was het ek haar eers ‘n goeie loesing gegee en dan hospital toe gevat. Kinders ken nie hulle plek nie en hulle ouers kan hulle heel duidelik nie beheer nie. In plaas van om hulle te paai moet hulle die hele spul toesluit en die sleutel weggooi. Sommer Robbin eiland vir hulle oopmaak.

Johan ·

Ek het geen simpatie met haar nie…..sy jy wil deel wees van betogings……en jy kan nie jouself of die saam met jou……..beheer nie en jy breek af , brand, gooi klippe ens dan moet jy voel….13keer ek twyfel…soek net aandag in media…..as dit so erg was het fotos op sosiale media verskyn…..

Anel ·

Dalk moet ons polisie die Franse se voorbeeld volg en net uiterste dringende klagtes bywoon. Hulle het ook gestask na hulle deur betogers en bendelede aan geval is toe hulle wet en orde wou toepas!

EvW ·

Hulle is gewaarsku en hulle wou nie hoor nie So as jy nie ore het nie sal daar vir jou gegee word….

volker ·

ek het geen medelye met julle gespuis nie, julle is sogenaamd vreedsaam maar die universiteite brand, ek hoop hierdie bly julle nog lank by. Dit sal wonderlik wees as elke liewe een van julle wat identifiseer word nooit ooit werk kry by enige maatskapy wat integriteit het, ek weet ek sal seker maak dat niemand by my ooit sal werk kry nie wat deel was van die ” terrorisme “….maar net my opinie, V

Asjas ·

Nie net jou opinie nie. Deesdae wanneer jy aansoek doen vir qerk word jy ge-google en dan kom al jou sondes uit. Dis hoekom ek nie kan verstaan hoekom mense hul vuil wasgoed op Facebook post nie.

Will i am ·

Hier sê sy 13 keer. Gisteraand op die nuus was dit 10 keer. Vanoggend is dit 9. Is haar wiskunde punte oraait of kan sy nie tel nie

Pendoring ·

Was dalk net 9 keer gister, voel vanoggend soos 13 keer. Môreoggend sal dit voel soos 31 keer. Hopelik sal die pyn die verstand laat bykom.

Elizabeth ·

Dit is.mos n prestasie om so massa te lei en voor ini koor te wees..jys dan die skild so vat wat jou kant toe kom soos n man!

O ja..en jy ken van voor opdie wa wees..pasop vir agteros wat vir jou gaan mik

Chris ·

As die Jakaranda blommietjies val en ons het nog nie “geleer” dan gaan jy dop.

A ·

En haar Pa ondersteun haar? Ek sou haar ‘n pak slae van haar lewe gegee het!!

RK ·

Wow. Wat van die studente wat graag wil klasse bywoon. Wat van hulle regte? Julle is te lui om te studeer! Wat gaan gebeur as julle moet begin werk en julle is “unhappy”? Geen simpatie vir julle nie. En die SAPS kry al die blaam. Regtig!!!

petro ·

As jy soek vir moeilikheid moet jy die gevolge dra, geen simpatie van my.

Jean ·

Nonsens mag, hoekom moet die POLISIE heeltyd binne die reg optree maar die studente maak wat hulle wil, hulle breek elke wet en regulasie wat daar is maar huil as hulle met rubberkoeels geskiet word. Daar is duidelik fotos van polisiemanne wat met bakstene aangerand en geskop word, maar die oproerige studente met bakstene in hulle hande mag nie gekeer word nie? TWAK, skerp polisieoptrede op en hou op om die POLISIE te vervolg, vervolg die oproerige vandale. Wat nog erger is is dat die MINISTER besoek by die student gaan afle, sy le nie eers besoek af by mense wie vermoor is se families nie maar het simpatie met ‘n VANDAAL wat alles afbreek en afbrand omdat hulle in die bek geruk is. BELAGLIK, die hele ou spul van julle!

dik vir studente poef ·

hoekom is daar nie `n antwoord op jou vraag nie? ek wil ook weet hoekom polisie aangerand mag word, maar die studente nie gestop word nie?

Fielies ·

Terwyl die media die publiek besig hou met hierdie #FeesMustFall rookskerm is daar moontlik iets veel ernstiger besig om in die skadus af te speel.

Pendoring ·

Ek kry ook heeltyd die gevoel. My buurman wat ‘n kolonel in die Polisie is het Woensdag teruggekom na 2 maande in Zim. Wil nie sê wat hy so lank daar gedoen het nie. Kan maar net dink dit het iets met ons onrus te doen.

Ore, wie nie wil studeer nie moet voel ·

Jy is nou een volle jaar agter met alles.
Aftreeneseier, eerste jaar se bonus by jou werk……….ens.!
Gaan sit agter jou boeke
Jy het een jaar se studie verloor asook jou pa se geld gemors.

Ben Prinsloo ·

Mej Kalla het jy nog nie geleer die hoogste bome kry die meeste wind nie? Aangaande die skietery, hoe weet jy dat dit was 13 skote, het jy die balletjies getel? Onthou 1 skoot het meer as 1 balletjie.

Stem saam ·

Genoeg is genoeg. Genoeg omtwrigting. Jul punt is gemaak- is onrealisties en baie verwoesting en tersiêre agteruitgang het daarmee gepaard gegaan. Sonder selfbeheer en selfdissipline sal jy geen respek verdien of ernstig opgeneem word nie. Van buite af sien ons groot vermorsing van belastinggeld en van duur bronne, geweld en alles behalwe volwasse gedrag- eerser krimineel en infantiel. Word groot en werk vir wat jy kry soos miljoene gegradueerdes voor jou moes doen. Moenie op die treinspoor speel en dan kla nie. Ek wil nie met my belastinggeld vir julle vernielsugtigheid en vir die regering se vergrype betaal nie. Altwee ewe erg!

Denise ·

Ai dit is nou aandag soek! Dit is die leiers wat die voorlopers is van al die verwoesting so vat jou pak soos n man julle wil nie leer nie maar afbrand en verwoes is julle TOP of the class!!! Without prejudice

Aubrey ·

Ek se dis reg. As sy nie wil leer nie en almal opstook om af te brand skiet die rook uit haar. Dis al taal wat hulle verstaan. My swaar verdiende belasting geld help haar en andere om hulle studies te betaal. Dit kon eerder op arm honger en siek mense gespandeer word.

Connie ·

As die Polisie gehandsop het, sou hulle ophou klippe gooi? Kry vir julle.

Johan ·

Kry vir jou sussie- moenie simpatie soek nie want jy het daarvoor gevra. Ek wonder net of die Lt.Generaal Deliwe De Lange, wat so vinnig gespring het om haar in die hospitaal te besoek ,al ooit die moeite gedoen het om sy simpatie te betuig met polisielede wat met klippe, bottels en bakstene gegooi is- en ek wonder of die Lt Generaal al ooit die moeite gedoen het om polisielede wat opgeneem is in die hospitaal, asg van die barbaarse optrede van betogende studente, besoek het

Johanna Botha ·

Ja sy soek aandag en die pa is seker trots op die dogter van hom

Hein ·

Dis julle verdiende loon , hou op huil en vat jou pak sussie , wat se jy as die Poliesie met klippe bestook word ?? Is dit maar ok ? En Vreedsaam ? Ek kan nie verstaan hoe ouers hulle kinders kan toelaat om sulke snert aantejaag nie . Waar gaan jy nou my kind ? Nee Pa /Ma ek gaan gou n paar klasse brand en die polisie met klippe gooi .
Ok my kind enjoy sien vanaand .
Dis regtig siek !!

Anoniem ·

Geen simpatiek met hulle of haar nie…As jy kan uitdeel, moet jy kan vat ook. Ek hoop haar pa gee haar n loesing wat sy nooit sal vergeet.In my dae mnoes ons studeer en werk om n sukses van ons lewe te maak en is ons dood daarvan …NEE….inteendeel ons is trots op dit wat ons bereik het en ons behandel mense en hul dinge met respek. Die jongmense van vandag ken nie so iets en lyyk my sommige ouers leer hul nie die waardes van die lewe nie…Moet dan nie huil as die lewe jou hard tref nie !!!!!!Onthou jy val hard af grond toe!!!!!!!!

Marietjie ·

Hande in die lug vir vreedsame optog …… Asseblief tog klippe in die hande voorspel nie vrede nie!! Hoeveel sekuriteitsmense en polisiemanne is beseer.

AIAI ·

Sy gekry waarvoor sy gesoek het. Tot my voete maak vuisies v lekker kry!!!!!

Lizanda ·

As dit my kind was sou hy/of sy nie die vermoe gehad het om in elk geval gou indien ooit weer op kampus te wees nie, hulle agterent sou so slae gekry het, ondeursteun?? sterk in hulle kwaad??? my hard verdiende geld vermors??? nie lekker harde hande arbeid vir ‘n baie lang tyd, hulle sou sommer baie tyd gehad het om te dink oor hulle skandes, ouers soos daai sterk hulle in hulle kwaad, dus is die ouer net so skuldig.

Blommiw ·

Kyk nou is mens gatvol vir die betogende studente ! Duidelik is die meeste al te oud om nog te studeer & duidelik is daar fout met hulle IK ! Hulle mors ander jongmense se kosbare tyd en hulle ouers se geld. Hulle vernietig voor die voet, terwyl baie van hulle reeds gesubsidieer word deur die regering. Iets moet drasties gedoen word om hierdie gemors finaal te laat ophou !!

erika ·

Ek wonder hoekom het al die polisie wat daar was dan net op haar gemik???…Was daar 8 of 13?
Shame, ek dink daardie merke is nog geplant of haar ook.. Sy word uitgeken as een van die voorbokke..
Eish! kry vir jou as jy daarvoor vra!!!

Nannie ·

Pleks haar pa haar n pakslae gegee het en terug gejaag het klas toe. Nou gee hy simpatie. Arme polisie mag niks doen nie en die klomp student mag alles aan hulle doen.

Speedguard ·

Aas jy die wedstrd wil speel moet jy bereid wees om die beserings te kan vat! Jan Smuts het die myners voor die voet laat skiet, Ek dink Pw sou die ding kon uitsorteer, waar is Roelf en PIk wat ons almal belowe het ons gaan beskerm wees en dat die demokrasie ons almal gaan beskerm, kom Mnr. Wessels waar is julle slim manne nou, bly lekker op die wilds plase en al die klein kinders swot oor see !

Piet skiet ·

As jy met jou hande in die lug gestaan het besig om te onderhandel met hulle, hoe is jy dan in die rug geskiet? Sit jou mond in die agterkant van jou kop of het jy dalk weg gehardloop na jy weer moeilikheid gemaak het??

Se iets ·

As dit een van my kinders was sou ek net ophou om vir haar “sak” geld te gee, haar woonstel betaal ek sou net niks meer vir haar betaal het nie dat hulle leer om vir hulle eie geld te werk, en dan sou ek ook haar maak die geld terug betaal om die beskadige goed te vervang.
Wel jy sien die mense daar “bo” gedra hulle so nou hoekom mag hulle nie, ai van dag se kinders is maar swakkelinge. Boet maar vir wat jy gedoen het sussie, jy kan bly wees dit is net rubber bullets en nie iets anders gewees nie

Se iets ·

Hoe kan die ouers dit toe laat het hulle ook so aangegaan in hulle jonger dae, REGTIG wa is die ouers om beheer oor hulle kinders te neem. As dit my kind was sou ek haar gatvelle af geslaan het, maar dit oor jy as groot mens mag niks se of doen nie want die kind is die baas deesdae.

Kom reg julle verdien nie eens om eksamen nog minder weer terug te gaan nie, Jy is mos nou n groot mens gaan werk vir jou geld en betaal belasting dan sal jy sien hoe moeilik is dit werklik en sien hoekom jy nie moet afbreuk nie. Jou ginerasie gaan erg ma erg wees.

Alida ·

Julle verstaan niks nie. Jacob Zuma het op TV gesê dit is demokrasie!!!!!! Jammer hulle gebruik rubberkoeëls. Gaan klas toe en jy sal nie geskiet word nie. Hoe maklik is dit?

Carlia ·

Jammer, as sy my kind was, sou ek haar gatvelle vir haar afgetrek het ipv ondersteun. Sy sou haar straf dubbeld gekry het. Nee wat, gee jou uit vir ‘n piesang en weet om ge-eet te word. Geen simpatie.

Elsabe Bekker ·

Lekker. Kry vir jou. Wanneer julle van student na betogers gaan kan jy wragtag nie verwag om steeds soos ‘n student behandel te word nIE!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.