Opod swyg oor McBride se kontrak

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Dit is onduidelik of die besluit om Robert McBride se kontrak as uitvoerende hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) te beëindig steeds van krag is.

Dit volg nadat McBride ʼn brief van Bheki Cele, minister van polisie, ontvang het waarin hy ingelig word dat die minister besluit het om nié sy indiensnemingskontrak as uitvoerende hoof van Opod te hernu of te verleng nie. McBride is in die brief, gedateer 16 Januarie, opdrag gegee om sy kantoor teen 28 Februarie vanjaar te ontruim.

McBride het hierop gereageer deur ʼn brief aan Cele te stuur waarin hy hom daarvan beskuldig dat sy eensydige besluit oor die beëindiging van sy kontrak “onwettig en in oortreding van die grondwetlik beskermde onafhanklikheid van Opod is”.

McBride het die minister kans tot die einde van die werksdag gister gegee om die besluit terug te trek, die saak na die parlement se portefeuljekomitee van polisie te verwys en redes te verskaf hoekom McBride se kontrak nie verleng word nie.

Opod se woordvoerder wou egter nie gisteraand kommentaar oor die voorval lewer voordat McBride terugvoer van Cele se kantoor ontvang het nie. “Voordat ek terugvoer van die departement ontvang, gaan ons nie kommentaar lewer nie,” het Moses Dlamini, Opod se woordvoerder, gesê.

Nadat Dlamini daarop gewys is dat kantoorure reeds verby is en die departement dus nie gehoor gegee het aan McBride se spertyd nie, het Dlamini geantwoord: “Wanneer is die dag verby?”

McBride is ook genader vir kommentaar, maar het alle navrae na Dlamini verwys voordat hy die foon vinnig doodgedruk het.

Pogings om kommentaar by Cele en sy ministerie te kry was onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Ek droom van die dag wanneer hierdie ou se geraamtes ui die kas val.

Johan H. ·

Jou wiel draaie darm maar mooie ne,,,jou speke sou lankal uitgeval het as daaie vermoordes my familie was,,Wa gaan jy nou werk,,,miskien n boek skryf,,,en hoop almal val oor die voetjies om dit te koop!!

leser ·

my vraag is: waarom het hy nie al van 14 Junie 1986 in die tronk gebly nie, die huil en lieg kommisie het n blinde oog vir sy dade gedraai, sy dade was kamstig polities gewees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.