Opod vergader met Mashaba oor Jhb-korrupsie

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Die bestuur van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het die stad Johannesburg versoek om besonderhede te verskaf van ernstige korrupsiesake ná ʼn vergadering met burgemeester Herman Mashaba.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê Mashaba het die vergadering belê. “Die vergadering het gehandel oor bewerings dat die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) versuim om ernstige korrupsiesake te ondersoek,” het Dlamini in ʼn verklaring gesê.

Dlamini het gesê Opod het die stad versoek om spesifieke besonderhede te verskaf sodat hy kan bepaal watter van die klagtes binne sy mandaat val om dit te ondersoek. “Sodra die betrokke inligting ontvang en bestudeer is, sal Opod ʼn besluit neem wat betref die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AL ·

N Man van staal en integriteit. Die ANC lede het hul beursies volgestop deur belastinggeld!

Yster ·

Ja .Die geldfonteintjie het darem skielik opgedroog na die anc uit is. Siestog wonder waar gaps hulle nou. Nie snaaks dat valke niks doen nie. Baie goed is onder die mat ingevee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.