Oppasser getuig oor dag van ‘Dros-verkragting’

Nicholas Ninow tydens ‘n vorige verskyning in die hof. (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency)

ʼn Kinderoppasser wat die dag aan diens was by die Dros-restaurant toe Nicholas Ninow (21) na bewering ʼn sewejarige kind in die restaurant se badkamer verkrag het, het in die hooggeregshof in Pretoria begin huil toe sy vir die hof vertel het hoe die voorval haar geraak het.

“Ek voel soos ʼn mislukking oor wat die ma vir my gesê het, omdat sy gesê het sy het my met haar kind vertrou en ek het haar in die steek gelaat. Ek kon dit nie meer hanteer nie. Wanneer ek toilet toe gegaan het, was ek bang. En wanneer ek kinders registreer het, het ek in myself getwyfel en was bang dieselfde ding gebeur weer,” het sy in trane gesê.

Die vrou, wat versoek het om anoniem te bly, het sowat twee maande na die voorval bedank.

Maroela Media het vroeër berig Ninow het gister skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, dwelmbesit en regsverydeling en sy weergawe van gebeure van daardie dag gegee. Die staat het egter nie Ninow se pleit op die aanklagte van verkragting aanvaar nie en daar is besluit dat die verhoor voortgaan.

Die kinderoppasser het op 22 September verlede jaar na die kinders in die restaurant gekyk. Sy het gesê sy was alleen aan diens en dat dit ʼn besige dag was.

“Toe ek op middagete gaan, het die dogtertjie vir my gesê sy wil toilet toe gaan. Ek het saam met haar gestap en haar by die badkamer se deur gelos,” het sy gesê.

Nicholas Ninow tydens ‘n vorige verskyning in die hof. (Foto: Oupa Mokoena/ African News Agency)

Die vrou sê toe sy sowat 15 minute later terugkom, het sy gesien die dogtertjie is nog nie terug van die toilet af nie. Die dogtertjie se ma het haar gevra waar haar kind is en sy het gesê sy is toilet toe.

Volgens die vrou het die dogtertjie se ma haar kind gaan soek, maar minute later teruggekom om te sê haar kind is nie daar nie.

“Sy was kwaad en het my gevra waar is haar kind,” het die vrou getuig.

Die kinderoppasser is toe alleen na die damesbadkamer om te gaan kyk of sy nie die dogtertjie kry nie. Die een toilethokkie was buite werking, die middelste een se deur was toe en die derde een se deur was op ʼn skreef oop.

Die vrou het ʼn kelnerin in die badkamer gekry en haar gevra of sy die kind gesien het. Toe sy nee sê, het sy aan die toilethokkie se deur geklop, maar geen antwoord gekry nie.

“Ek het gedink die kind sit dalk in die toilethokkie vas.”

Intussen het die ma en nog twee ander kelnerinne ook by die badkamer ingekom.

“Ek het weer geklop, maar daar was geen reaksie nie. Ons het die deur probeer oopstoot, maar dit is van binne af toegehou.” Die vyf vroue het harder aan die deur begin stoot totdat dit oopgegaan het.

Nicholas Ninow tydens ‘n vorige verskyning in die hof. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA

“Ek het eerste die dogtertjie gesien. Sy het nog haar rompie aangehad, maar nie die pers spanbroek wat sy vroeër gedra het nie. Ek het toe die ander persoon in die toilethokkie gesien. Hy het nie ʼn hemp aangehad nie en sy broek se gulp was oop,” het die vrou getuig.

Volgens haar het die man, wat sy as Ninow in die hof uitgeken het, hulle met sy gordel probeer slaan. Die vrou het getuig die ma het haar dogter gegryp en na die restaurant se ontvangs gehardloop.

“Ek was bang en het ook weggehardloop. Ek het nie gesien of hy iemand getref het nie.”

Ninow, geklee in ʼn geel-en‑blou geruite-hemp, het die heeltyd na die getuies gekyk terwyl hulle getuig. Sy ouma ondersteun hom vandag weer by die hof.

Ninow se regsverteenwoordiger, Herman Alberts, het dit aan die vrou gestel dat Ninow sê hy het hulle nie probeer slaan nie. Hy ontken ook dat hy vir sowat 15 minute in die toilethokkie in die damesbadkamer was.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Nicholas Ninow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jan ·

En die buitelandse media is tjoepstil oor wat hier in Suid-Afrika aan die gang is. Laat mens wonder oor baie dinge…

Lana ·

Nee, kolla. Jan reken dat die buiteland nie die werklike gemors in SA ontbloot en aanspreek nie.

GM ·

In ‘n ideale wêreld moes die meisie veilig gewees het maak nie saak waar sy was nie, maar ons almal weet dat dit nêrens meer veilig is nie. Daar is oral borde op by die speelareas -jou kind speel daar op eie risiko. Die oppasser moes nie die kind badkamer toe gevat het en daar gelos het nie, maar eerder na die ma toe gestuur het. In elk geval, hoe dink die ouers moet een oppasser omsien na ‘n spesifieke kind – wat gebeur met die res as sy elke keer iemand badkamer toe moet vergesel?
Die oppassers is daar om te kyk dat die kinders nie seerkry nie, nie sodat mamma of pappa kan rinkink en vergeet van hul verantwoordelikhede nie.
En kon Dros nie maar vir daardie 15 min ‘n kelnerin of iemand gekry het om in te staan vir die oppasser terwyl sy haar ‘lunch break’ vat nie?

Al weet ons daar is oppassers by reastaurante, gaan loer ons kort-kort in en probeer so sit dat ons ons kinders kan sien, of die deur van die speelarea kan dophou. Toe hul nog kleiner was, het ons eerder wegneemetes gekry. Hul veiligheid is ons topprioriteit. Each to his own.

pietie ·

Jan wat moet die buiteland doen ons verwag die buiteland moet als doen….. roep jy jou buurman om jou gras te sny in jou erf of sny jy dit self……. ons moet opstaan en dinge self regmaak iemand anders gaan dit nie vir ons doen nie……………….

Jan ·

Pietie, wys vir ons en loop voor. Die buiteland het hierdie anargie help stig en bevonds, hulle moet saam pa staan vir hierdie anargie.

Anne ·

Blameer haar ma dan is ‘n pedofiel onskuldig? Watse twak raak jy kwyt?
Daar’s 3 goed hier wat my verbyster. Nicholas het nogal ‘n ouma wat hom ondersteun en ‘n prokureur… wat sy werk goed doen en sy kliënt help so goed hy kan en waarskynlik in die nag heel lekker slaap. Dan is daar die staat wat belaglik onvoorbereid is. Alles rondom dié ding is net aaklig.

Lana ·

Nee, kolla. Jan reken dat die buiteland nie die werklike gemors in SA ontbloot en aanspreek nie.

Willa ·

Nie net n kind se lewe is hier verwoes nie, maar ek dink ook die kelnerin wat die oppasser was sin. Hoe moes sy in haar wildste drome gedink het daar sal so iets gebeur. Al sou sy saam met n kind badkamer toe gaan kon daar intussen weer iets met n ander kind by die speelarea gebeur het in daai tyd. Al het die ma dalk nie regtig bedoel om haar te beskuldig nie, voel sy tog nou verantwoordelik soos ek kan aflei uit die berig. Sterkte vir elke persoon wat hierdeur geraak is.

Lana ·

yolandi, jou kommentaar sal nie lank staan nie, want Maroela verwyder alle kommentaar wat teen die ma is.

Anne ·

Blameer haar ma dan is ‘n pedofiel onskuldig? Watse twak raak jy kwyt?
Daar’s 3 goed hier wat my verbyster. Nicholas het nogal ‘n ouma wat hom ondersteun en ‘n prokureur… wat sy werk goed doen en sy kliënt help so goed hy kan en waarskynlik in die nag heel lekker slaap. Dan is daar die staat wat belaglik onvoorbereid is. Alles rondom dié ding is net aaklig.

Lana ·

Daar is ‘n hele paar mense wat saam met jou die ma van die dogtertjie verantwoordelik hou, maar ons kommentaar is ongelukkig verwyder.

J ·

Mamma en Pappa. Moet self na julle eie kindertjies omsien.
Julle eie skuld omdat julle self nalatig was waarom het jou kind nie by jou aan tafel gesit nie.
Kan jy jou self vergewe wat jou eie kind oorgekom het .

Bianca ·

Ek voel persoonlik…ń restaurant is vir die kos daarso en nié om na jou kind te kyk nie! Ons WEET mos noual,dat ons in ñ siek wêreld leef en WEET mos noual,dat jy nié, jou kleinding n sekond,uit die oog, durf verloor,veral in n openbate plek nie…

Bianca ·

Ek voel persoonlik…ń restaurant is vir die kos daarso en nié om na jou kind te kyk nie! Ons WEET mos noual,dat ons in ñ siek wêreld leef en WEET mos noual,dat jy nié, jou kleinding n sekond,uit die oog, durf verloor,veral in n openbare plek nie…

Thelma ·

As die opasser wel saamgegaan het en ‘n kind breek ‘n arm op die speelgrond is dit ook haar skuld, lyk my sy kan nie wen maak nie saak wat nie. Die onus berus steeds op die ouer in my eerlike opinie. Hoe dit ookal sy, dit is ‘n siek man wat soveel lewens verwoes het.

Marik ·

Wat Nicholas Ninow gedoen het was verkeerd, MAAR, ek hou die ma aanspreeklik wat ure in die restaurant was….. seker lekker “gekuier”, haar halfuur gevat om skielik agter te kom haar kind is soek…. en die arme kelnerin uitgeskel het …. nee, ouers moet bietjie verantwoordelikheid neem!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.