OppiKoppi vir 2019 gekanselleer

(Foto: Oppikoppi.co.za)

Die bekende Suid-Afrikaanse musiekfees OppiKoppi wat jaarliks in Northam in Limpopo plaasvind, is vanjaar gekanselleer weens die hoë vlak van misdaad wat die fees verlede jaar geteister het.

Theresho Selesho, uitvoerende hoof van Matchbox Live, die liggaam wat OppiKoppi aanbied, het dié nuus Woensdag in ʼn verklaring aangekondig.

“Dit is met gemengde gevoelens dat ons die 25ste OppiKoppi-musiekfees uitstel tot 2020. Dit was ʼn groot besluit vir ons om te neem. Die besluit is geneem nadat gesprekke met aandeelhouers, ons internasionale beleggers, vennote en borge gevoer is oor die lewensvatbaarheid van die projek vanjaar,” lui die verklaring.

OppiKoppi is vir die afgelope 24 jaar jaarliks aangebied. Maroela Media het ná afloop van verlede jaar se OppiKoppi-musiekfees berig dat dié fees erg onder misdaad gebuk gegaan het as gevolg van dwelmhandelaars, sakkerollers en ander kriminele aktiwiteite.

OppiKoppi

OppiKoppi (Foto: OppiKoppi.co.za)

“Ongelukkig het ons in 2018 erge misdaad ervaar wat tans alle musiekfeeste oor Suid-Afrika heen raak. Die produksiekoste sal drasties verhoog as ons vanjaar wil poog om die nodige sekuriteit by die fees te kry.

“Deur ʼn blaaskans te neem gee ons vir onsself ruimte om die fees te herontwerp sonder om die feesgangers te beïnvloed deur die koste van kaartjies te verhoog. Ons glo ons sal hierdeur vir almal ʼn vars, nuwe fees kan bied wat musiekliefhebbers vir die volgende 25 jaar sal bedien,” het Selesho gesê.

Hy het gesê hulle is trots op die groei wat OppiKoppi oor die jare getoon het, maar dat hulle nou ʼn tree terug wil neem en op ʼn skoon bladsy wil begin.

“Dit is ʼn geleentheid vir ons om te kyk na wat ons aanhangers wil hê, waar hulle dit wil hê en vir hoe lank,” het hy gesê.

Die fees sal na verwagting terugkom met ʼn venue nader aan ʼn groot stad, met dagkaartjies beskikbaar en minder reistyd na die feesterrein.

“Ons besef dat ʼn fees soos OppiKoppi ʼn groot rol speel in Suid-Afrika se musiekbedryf, en ook in sosiale samehorigheid. Ons is 100% daarvoor, maar ons wil dit rég doen.

“Dankie vir julle ondersteuning oor die afgelope 24 jaar, ons sien julle weer in 2020,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jacques ·

Ja en wie moet bedank word ? Al die “wetsgehoorsame” burgers in die land of hoe Me Sisulu ?
Ek kan nie anders as om te wonder hoeveel geld word verloor in die direkte omgewing nie .

Andre Stander ·

Ek dink regig nie sy verloor slaap hieeroor nie.. Solank daar niks is wat Afrikaans/Afrikaner/Kultuur bevorder nie, wen sy in haar doel.

“To destroy a culture, you just need to destroy their heritage, their history”.

honourable member ·

Hoeveel mense maak nie staat op hierdie inkomste nie. So gaan alles maar ten gronde as gevolg van misdaad.

Ruben ·

As daar nie soveel dwelmgebruikers was sal die handelaars nie daar wees nie…so dis die toeskouers se skuld dat die fees nie daar is die jaar nie.Mense kan hulle self mos nie geniet sonder dwelms of drank.

Linkin ·

@Ruben, jy kort ook nie tekkies om te draf nie, maar dit help!

Werner ·

Ai dis nou jammer, dit sou my eerste keer wees wat ek soontoe wou gaan….

NOT !

Maar nouja soos alles in die land vernietig word, so val die feeste ook maar in onder die kriminele wat vir my lyk asof dit die meerderheid van burgers is eerder as net ‘n paar

Judge Dredd ·

Ek moet bieg – ek is nogal gelukkig as liberales se ideologiee veroorsaak dat, hulself vir ‘n slag aan die kortste ent trek.

en so aan ·

En so gaan dit aan tot daar later niks meer oorbly……………………

En nou? ·

Iemand begin ‘n lekker fees of bou ‘n nuwe skool….
Daar moet mos altyd “mense” wees wat alles wil oorneem alhoewel hulle geen belangstelling het nie! Verbaas Oppikoppie is nog nie afgebrand nie.

Veronique ·

Ek het my man by Oppikoppi ontmoet 20 jaar terug. Al gaan ons nie meer nie is die jaarlikse fees ‘n instelling in ons huis. Dis jammer dat die organiseerders in so posisie ingeforseer word.

MANIE ·

Ek het verlede jaar fotos gesien van die fees en dit het my nogal opgeval dat die demografie van die land waaroor almal so bekommerd is nogal weerspieel word in die fotos. Ek se nou niks meer vir die redes van die kanselassie van die fees die jaar

Dieter ·

Ou Theresho reken alle musiekfeeste loop deur onder misdaad.
Nee wat, beslis nie enige musiekfeeste wat in Orania aangebied word nie.

Barend ·

Yipee dit was net n gemors .gesuip.dagga rook en kaal rondgeloop .dit was regte drek gewees

Alida ·

Jy is reg Barend. Sommige feesgangers is te dronk en bedwelmd om hulself te beskerm teen misdadigers. Gemors op sy beste.

Boet Fasie ·

Moet net nie vir my se ou Steve is alweer die hoof oorsaak nie. As dit so aangaan het ons geen Afrikaanse fees oor nie

Johann ·

Wasi Koppi..Rasi Koppi? Dasi Koppi…OPPI KOPPI. REIG so n verrasaing dat misdaad n fees kan kelder? En dia nie asof sie feeagangers meesal RASI KOPPI status is nie! Jom eers n paar dae NA die OPPI status agter iets of iemamd is weg. GOOD RIDDANCE!

fred ·

was altyd onder die indruk dat dit n suiwer Afrikaans saamtrek was…..?dit het seker verander…

Heksie ·

Was nooit daar nie, maar dit het vir my altyd so geklink na een of ander hippie fees … En dit val nou nie juis in my smaak nie!

Polis ·

Nou vra net die vraag wat het verander by oppikoppi die laaste paar jaar …….. dit het vir 20 jaar sonder probleme geloop ,

Dwelms lok misdadigers ·

As ek reg is, was die voorloper van Oppikoppie die Houtstokfees. Daardie tyd was dit al ‘n psigedeliese ervaring gewees, en almal of meeste, was in elk geval op een of ander Alice in Wonderland trip, dit was in die tyd van die Vrye Weekblad en die alternatiewes soos Johannes Kerkorrel.

Nietemin daardie tyd is lankal verby en in die verrre verlede, dit is vandag 2019 en die feit is dat die talle dwelmgebruikers wat hierdie tipe feeste ondersteun die dwelmsmouse en misdadigers en gevaarlike kriminele lok. Deesdae is dwelms vrylik beskikbaar en dit vernietig lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.