Opposisie in munisipale raadsaal bestook

Dr. Wynand Boshoff verteenwoordig die VF Plus in die Sol Plaatje- munisipale raad (Kimberley). Foto: Facebook

Die polisie moes ingryp om lede van die opposisie in die Sol Plaatje- munisipale raad in Kimberley te beskerm nadat ANC-ondersteuners hulle na bewering met allerlei voorwerpe bestook het.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die raad, sê die herrie het losgebars nadat twee ANC-raadslede as burgemeester voorgestel en die ANC in koukus gegaan het. “By hul terugkeer is die vergadering met sang en dans vanuit die openbare galery ontwrig. In plaas daarvan om die sekuriteitspersoneel te ontbied, is die vergadering verdaag.”

Lede van die opposisie is toe bestook met projektiele, soos oopgedraaide waterbottels, ʼn koeldrankblikkie en die afgesnyde, skerpgemaakte punt van ʼn plastiekbottel, het Boshoff Vrydagmiddag gesê. Eindelik is raadslede onder polisiebegeleiding uit die gebou verwyder.

“Dit is slegs die jongste in ’n reeks gebeure waarmee ANC-binnegevegte die eens rustige gemeenskap van Kimberley en Ritchie ontwrig,” het Boshoff gesê. “Dit het begin met gewelddadige betogings oor ’n nuwe kostestruktuur vir krag, wat tot die voorlopige skorsing van die munisipale bestuurder en die hoof- finansiële beampte gelei het.

“Daarna is die voormalige burgemeester geteiken. Dit het eers tot sy onreëlmatige verwydering deur afvallige ANC-lede en sekere opposisiepartye gelei, voordat hy deur die hof in sy [amp] herstel is. Daarna het hy onder druk vanuit die ANC geswig en is na die Noord-Kaapse wetgewer herontplooi.”

Op Vrydag se raadsvergadering is Patrick Mabilo en Ingrid Koopman van die ANC se as raadslede ingehuldig, waarna voorstelle vir ’n nuwe burgemeester gevra is, vertel Boshoff.

“Mabilo is voorgestel, waarna Phule Thabane in ’n verrassende stap ook vanuit die ANC benoem is. Hy het as burgemeester waargeneem voor Matika deur die hof in sy [amp] herstel is. Die ANC het ’n koukusvergadering gevra en die raadsaal verlaat.”

Boshoff vertel met die ANC se terugkeer na die raadsaal, het ’n chaos losgebars. “Terwyl raadslede liedere gesing en gedans het, het ANC-lede in die openbare galery meegedoen, maar ook dreigende gebare teen opposisielede gerig.

“’n Lied is gesing waarin opposisielede onder meer beveel word om te ‘voertsek’. Die speaker het nie die sekuriteitsdiens ingeroep om orde te herstel nie, maar eerder die vergadering verdaag. Daarna het lede van die publiek openlik intimidasie gepleeg en opposisielede met voorwerpe bestook.”

Opposisielede het eers geweier om die raadsaal te verlaat, maar nadat hulle verseker is geen opvolgvergadering sou in hul afwesigheid gehou word nie, het die polisie hulle na buite begelei.

Boshoff sê binnegevegte in die ANC, waarby sommige opposisiepartye hulle soms laat betrek, berokken die Noord-Kaapse hoofstad groot skade. “Nie alleen word daar waargeneem in die senior [ampte] van munisipale bestuurder en finansiële hoofbeampte nie; die pos van burgemeester is ook nou vakant.”

Hy meen as Sol Plaatje tot die lang lys van mislukte plaaslike owerhede gevoeg word, “sal die skuld daarvoor vierkant op die ANC se skouers rus”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
JG

Hierdie is maar net n voorsmaak van wat oral gaan gebeur soos wat die cANCer se houpas oral begin taan…”Africa-rule” in al sy glorie…

JG

“houvas”

Geweeg en te lig bevind

Voertsek? Is dit al wat hulle oor het, beledegende skree bekke en geweld. Desperaat, siestog

Alida

Barbaarse optrede! Niks nuut nie.

Eish

Die verval in die helhool is grotesk! Met 90% van die Vaalrivier se organismes vernietig deur eenvoudig, kapasiteitsgestremdheid deur diè kamerade, wonder n mens hoe lank nog voor daar n algehele ineenstorting gaan plaasvind. Die barbaarse optrede vind gestalte dwarsdeur in wat oor is van ons samelewing. Met n president wat lieg sonder om te blik of bloos, uitgeleefde haat teenoor ons as minderheidsgroep, kan n mens nie anders as om paralelle te trek met Israel in die Ou Testament nie. Hul is seën en vervloeking voorgehou toe hul Kanaän binne is. Die vervloeking van ongehoorsaamheid sou wees verlies aan… Lees meer »