Opposisie in munisipale raadsaal bestook

Dr. Wynand Boshoff verteenwoordig die VF Plus in die Sol Plaatje- munisipale raad (Kimberley). Foto: Facebook

Die polisie moes ingryp om lede van die opposisie in die Sol Plaatje- munisipale raad in Kimberley te beskerm nadat ANC-ondersteuners hulle na bewering met allerlei voorwerpe bestook het.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die raad, sê die herrie het losgebars nadat twee ANC-raadslede as burgemeester voorgestel en die ANC in koukus gegaan het. “By hul terugkeer is die vergadering met sang en dans vanuit die openbare galery ontwrig. In plaas daarvan om die sekuriteitspersoneel te ontbied, is die vergadering verdaag.”

Lede van die opposisie is toe bestook met projektiele, soos oopgedraaide waterbottels, ʼn koeldrankblikkie en die afgesnyde, skerpgemaakte punt van ʼn plastiekbottel, het Boshoff Vrydagmiddag gesê. Eindelik is raadslede onder polisiebegeleiding uit die gebou verwyder.

“Dit is slegs die jongste in ’n reeks gebeure waarmee ANC-binnegevegte die eens rustige gemeenskap van Kimberley en Ritchie ontwrig,” het Boshoff gesê. “Dit het begin met gewelddadige betogings oor ’n nuwe kostestruktuur vir krag, wat tot die voorlopige skorsing van die munisipale bestuurder en die hoof- finansiële beampte gelei het.

“Daarna is die voormalige burgemeester geteiken. Dit het eers tot sy onreëlmatige verwydering deur afvallige ANC-lede en sekere opposisiepartye gelei, voordat hy deur die hof in sy [amp] herstel is. Daarna het hy onder druk vanuit die ANC geswig en is na die Noord-Kaapse wetgewer herontplooi.”

Op Vrydag se raadsvergadering is Patrick Mabilo en Ingrid Koopman van die ANC se as raadslede ingehuldig, waarna voorstelle vir ’n nuwe burgemeester gevra is, vertel Boshoff.

“Mabilo is voorgestel, waarna Phule Thabane in ’n verrassende stap ook vanuit die ANC benoem is. Hy het as burgemeester waargeneem voor Matika deur die hof in sy [amp] herstel is. Die ANC het ’n koukusvergadering gevra en die raadsaal verlaat.”

Boshoff vertel met die ANC se terugkeer na die raadsaal, het ’n chaos losgebars. “Terwyl raadslede liedere gesing en gedans het, het ANC-lede in die openbare galery meegedoen, maar ook dreigende gebare teen opposisielede gerig.

“’n Lied is gesing waarin opposisielede onder meer beveel word om te ‘voertsek’. Die speaker het nie die sekuriteitsdiens ingeroep om orde te herstel nie, maar eerder die vergadering verdaag. Daarna het lede van die publiek openlik intimidasie gepleeg en opposisielede met voorwerpe bestook.”

Opposisielede het eers geweier om die raadsaal te verlaat, maar nadat hulle verseker is geen opvolgvergadering sou in hul afwesigheid gehou word nie, het die polisie hulle na buite begelei.

Boshoff sê binnegevegte in die ANC, waarby sommige opposisiepartye hulle soms laat betrek, berokken die Noord-Kaapse hoofstad groot skade. “Nie alleen word daar waargeneem in die senior [ampte] van munisipale bestuurder en finansiële hoofbeampte nie; die pos van burgemeester is ook nou vakant.”

Hy meen as Sol Plaatje tot die lang lys van mislukte plaaslike owerhede gevoeg word, “sal die skuld daarvoor vierkant op die ANC se skouers rus”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JG ·

Hierdie is maar net n voorsmaak van wat oral gaan gebeur soos wat die cANCer se houpas oral begin taan…”Africa-rule” in al sy glorie…

Geweeg en te lig bevind ·

Voertsek? Is dit al wat hulle oor het, beledegende skree bekke en geweld. Desperaat, siestog

Eish ·

Die verval in die helhool is grotesk!
Met 90% van die Vaalrivier se organismes vernietig deur eenvoudig, kapasiteitsgestremdheid deur diè kamerade, wonder n mens hoe lank nog voor daar n algehele ineenstorting gaan plaasvind.
Die barbaarse optrede vind gestalte dwarsdeur in wat oor is van ons samelewing.
Met n president wat lieg sonder om te blik of bloos, uitgeleefde haat teenoor ons as minderheidsgroep, kan n mens nie anders as om paralelle te trek met Israel in die Ou Testament nie. Hul is seën en vervloeking voorgehou toe hul Kanaän binne is. Die vervloeking van ongehoorsaamheid sou wees verlies aan hul land. Dit het dan ook gebeur toe die Assiriërs hul weggevoer het. Tans emigreer ons kinders en jongmense en natuurlik die vermoëndes teen die spoed van lig. Hoe groot moet ons sonde nie wees dat die land ons uitspuug soos Israel van ouds nie!

Wdp ·

ń demokrasie sal nooit werk in hiedie land nie. Lae IK anc barbare. Dis wat jy kry as jy vir klaas die baas maak

Jerry ·

Geweet die sterkmansbeeld wat deur VF en AfriForum voorgehou word is n klug! Julle wil nie versoenend optree nie, julle wil ook nie emigreer nie, want julle vlug nie, maar dan laat julle julself intimideer en vlug stert tussen die bene. Wie is nou verraaiers, ruggraatloos en lafhartig! Hierdie is die begin van die einde van julle grootmeneer bluf wat elke keer gaan eindig in Afrikaner oneer!

Cherokee ·

Jerry, wees jy maar ‘n verleentheid vir die Afrikaner. Soos Johan H dit duidelik maak aan jou, versoen jy maar. Ons standaarde is hoër as dit. Ons het trots.

HPV ·

Jerry, ek stem saam met Cherokee. Hy het in drie sinne alles gesê.
Die VF en AfriForum doen darem iets, Nou, Jerry wat Doen jy?

Adam ·

Jerry, ek hou my nie gewoonlik op met beuselagtighede nie en wil my ook nie aanmatig om jou te probeer aanvat nie. Ek is nie en sal ook nooit ‘n VF+ of Afriforum lid wees nie, maar ons kan nie blind wees vir die goeie werk wat hulle ook doen nie. Ek is ‘n oud-PFP man en waarskynlik myle meer liberaal as jy, maar my Afrikaner herkoms sal ek nooit versaak nie. Waarvoor staan jy eintlik of is jy een van die vele verloopte konserwatiewe blankes wat destyds “skuiling” by die DA loop soek het. Ek hoop van harte jy lig ons in oor waar jou sentimente eintlik tuis is sodat ons nie elke dag aan hierdie absolute “drivel” wat jy uitkwyl blootgestel te word nie.

Thinus ·

Jerry, jou arrogante en blatante onkunde oor die Afrikaner en sy geskiedenis is en was seker vir jou al n groot verleentheid voor mense ?

Trots Afrkaans ·

Dit is soos Ramaposa mos gesê het hulle dit doen, die Suid Afrikaanse manier…

Johan H. ·

Jerry versoen jy maar…Dankie dronkie!maar nee danki. Ek het opgevoede standaarde.

Hettie ·

Het nie die vermöe om in enige vorm van orde homself te gedra nie ! Wet van die bos !

Sarel ·

Jerry, vader sy dank blyk jy net n leunstoel kritikus te wees. Dink net wat sou gebeur indien jy ons uit die gemors moes lei(Ly)

Oom Kalahari ·

Die cANCer versprei vinnig deur die land soos paddapot koker lieg stories andeekant die waters versprei. Net om heuning te smeer dat die chaotiese veldtogte kan uitbrei. Ekhuruleni Munisipaliteit se Burgemeester in Oos Rand het al klaar afdwingbare grondgrype begin toepas om ‘n toetsveldtog te skep en ander gaan volg. Hoe neem jy hande, vra samewerking en versoening met sulke chaotiese optredes by elke denkbare vergadering. Dit gaan net oor “My Way or the fire way”, want alles moet brand, beskadig en vernietig word. Tot treine en buste ontgeld dit. Dit is die begin van ‘n helhool en liefde, vrede en vreugde in geloof het in 1994 by die deur uitgewaai.

Johann cb ·

By ons in Port Elizabeth is hierdie tipe ontwrigtende optrede absoluut “normale prosedure”! Daarna volg die hofsake teen mekaar! So, hou maar vas, die ergste lê ongelukkig voor!

Klaas tot baas ·

Hoor hoor Jerry nou is dit die vf plus projektiele en vlieënde blikkies. Daar is mense in die land wat hard probeer om dinge te laat werk en dan is daar die res. As jy n pot water op n oop vuur sit met die deksel toe hou bou daar druk op. Dus wat hier gebeur nie blankes was vir dekades onderdruk en dus die gevolg daarvan. Mense reageer met woede. N mens kan nooit geweld goed praat nie maar ek verstaan hoekom mense so optree. En ouens soos steve en al die hansworse van afriforum en vf maak dinge net erger. Ek sien hulle dieselfde as die eff wat net verdeling tussen rasse veroorsaak. As mense nie versoen nie gaan dinge net erger raak.

Jerry ·

Lees Eish se kommentaar en neem dit ter harte. Wanneer CR se termyn eendag eindig gaan almal se grootpratery iets van die verlede wees en dan, slegs dan sal ons sien wie staan en wie vlug!

Alida ·

Jammer sommige kommentators is n verleentheid vir hulself. Geen trots nie. Praat asb n ander taal net nie Afr nie.

Jerry ·

Wel, op die trant waarop julle tans is moet julle my maar verskoon. Dit is daardie tyd van n Saterdag wat ek myself moet versoen met n vleisie op die kole en rugby! Lekker man! Bokke bo!

Jozi ·

Dis reg, ons sal jou verskoon Jerry. Gaan kyk maar jou rugby.
As iemand eers kom met daai ‘ lekker man ‘ dan kry ek hierdie prentjie in my kop van ‘n middeljarige, boepens couch potato omie wat nou soos ‘n besetene gaan sit en skel op sy tv.
Amper soos by die raadsvergadering. ….

Nikita ·

Dis omdat “hierdie” mense elkeen altyd sy eie kop wil volg. Hierdie koppigheid veroorsaak n babelse verwarring! En gooi nou vreemde bestanddele saam, wat kry jy……….n boggerop. Hier moet mens tuff raak, die golf kom nog.

Geweeg en te lig bevind ·

Ons versoen al vir 24 jaar. Ons het egter gesien wat ons versoening te weeg bring. ‘n Land wat in vrotheid verval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.